69gr scenar op kleinwild

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3111
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Location: Port Elizabeth

69gr scenar op kleinwild

Post by LUAN »

Hi manne

Ek weet hier is al gepraat oor scenars se werking in die groter kalibers maar het enigeen hulle al hulle gebruik in 22cal op kleiner wild soos springbok en vlakvark en hoe het hulle gemaak?

Dankie
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1864
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: 69gr scenar op kleinwild

Post by Alwin »

Hallo Luan

Ek beskou nie vlakvark as kleinwild nie. As jy kyk na sy lyf se breedte, bene se dikte en spierweefsel, sou ek sê 'n vlakvark vergelyk goed met 'n koedoe. Ek sou hulle dus saam klas as ek kyk na koeëlkeuse.

Oor die algemeen is die 22-kaliber Scenars se kopermantels redelik dik en sterk, veral in vergelyking met ander teikenkoeëls.

Ek dink jy kan hulle gerus probeer op springbokke en kyk hoe hulle werk. Gewoonlik is dit ook makliker om springbokke op te spoor wat eers 'n entjie hardloop voor hy omval.

Met vlakvarke sou ek my skote baie versigtig kies en seker maak ek skiet hom presies op die regte plek om die hoofskakelaar af te sit. 'n Vark is 'n taai ding en kan soms moeilik wees om te leer bakkie ry. 'n Groter kaliber is altyd die beter keuse vir varke.

Groete
Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”