Gerhardu wrote: Wed Jul 23, 2025 7:30 am
saswart wrote: Tue Jul 22, 2025 7:36 pm
Frederik wrote: Tue Jul 22, 2025 2:13 pm
Dit is waar - hy het wel erken hy het dalk verkeerde goed beet, kom ons hoop "sanity" prevail...
Net so ter inligting, nie vir Frederik nie - maar die wettige en voorgeskrewe vereiste vir buffel is 'n 300gr punt in meeste provinsies van SA. In Namibie en elders werk hul mos anders en dan sou hy sukkel.
Nee. Dit gaan oor kaliber minimum diameter en en energie. (gekombineerd)
Ja en nee...
Nerens in SA wetgewing of provisiale regualsie praat hul van energie nie - dit is Namibie se reels.
Op 11 Desember 2009 is daar in die Goverment Gazette (No 32798) in Notice 1614 van 2009 'n draft "norms en standards" gepubliseer wat oop was vir kommentaar. Dit lees in A21, dat minimum kaliber vir Kameelperd, Dangerous Game and Pachyderms 375H&H is. Dit lyk nie of dit ooit aanvaar is nie...
Toe in 2011, met Government Gazette No (GN 456 of 2011) in government gazette 34326 gepubliseer op 27 Mei 2011, is die NORMS AND STANDARDS FOR HUNTING METHODS IN SOUTH AFRICA gepubliseer - kyk gerus na CHAPTER2 - MINIMUM REQUIREMENTS FOR HUNTING METHODS Minimum bullet weights for rifle hunting... wat vir ons se die min gewig is maar 250gr vir buffel...
So tegnies is enige geweer wat 'n 250gr skiet wettig... Nou moet jy gaan kyk na provinisiale regulasies, Natal se "aikona" ons soek 'n 375H&H. So nou het jy met uitleg van wette te doen en wie het voorrang, die provinisiale regulasies of the norms en standards of die mees onlangse "draft wet" wat al die vorige's sal herroep en bepaal 'n 375H&H is die minimum. Wat toe maar gebeur het,w as dat provisinsie en organisies (PHASA ens) (ek neem maar aan), maar logiese verstand gebruik en inlyn kom met die "draft wet" en bepaal 375H&H is mininum...
So jy kan sien, almal is maar deurmekaar en reg en verkeerd
