Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dis alweer sulke tyd 12 April om die groot kalibers af te stof en bietjie mee te speel, of dalk reg te maak vir iets groot wat opkom die jag seisoen.
Die dat Safari Outdoor se DGS ook afegstel is is nog 'n rede vir die manne wie se vingers jeuk.
Jy mag met 'n sub kaliber deelneem net vir die oefening maar sal nie deelneem aan die dag se rankings nie.
Juniors welkom en met kleiner kalibers hulle val in junior klas en net vir R50 kan hulle deel wees van die pret.
Julle kan inskryf by die volgende skakel hieronder.
Jy het 20 rondtes nodig vir die dag bring maar so paar ekstra saam 6 of so daar is dalk nog ekstra buffel baan ook op vir die dag.
Koffie is daar vir die oggend kos sal verkoop word deur die oggend en dan kuier en braai ons verder as die skiet klaar is.
Goeie middag
Ek sal graag wil kom deelneem as 'n groentjie.
Ongelukkig kry ek nie skakel om oop te maak nie.
Dalk 'n webwerf iewers waar ek kan aansluit en inskryf?
Groete
Cobus Wessels
Die link werk aan my kant, maar jy kan direk deur website ook ja. https://bigboresa.org/
Kies dan, "pre-booking for shoots", dan kies jy "3rd shoot 12 April", dit vat jou na inskrywing blad soos boonste link. As jy steeds nie regkom nie, laat weet my sommer direk dan reel ek vir jou (083 282 6I66)

Stephen
Báie dankie,
Ek word sterk vermaan om betyds tuis te wees vir die Andreas Bocelli konsert. Sal môre probeer inskryf anders gaan ek van jou gawe aanbod gebruik maak. Scope zero op 50m?
Groete
Cobus Wessels
Hi Cobus, ja 50m is perfek. Jy sal dan enigiets van 15m-40m so 2/3 cm hoog mik. Ons skiet selde verder as 50m. Op 100m is is jy dan ook in die kol en jy kan jou roer net so los vir die jagseisoen
Ek en 'n kollega het vandag ingeskryf. Sal môre probeer aansluit. Groot opwinding maar vandag het die Geelstert nog goed gebyt op die 5 myl bank. Môre weer tyd vir admin.
Dankie aan almal betrokke, dit was 'n goeie dag, het die bane geniet, en myself verbaas met 'n vol score op daai krokodil baan. Ons moes ongelukkig net skiet en gaan agv ander verpligtinge, maar sal verseker terug wees, en 'n paar gesigte by die name sit !
Groete
Marco
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked wrote: Sat Apr 12, 2025 5:45 pm

Lekker Marco, nee geen probleem! Een van die min shoots in die land waar daar 86 deelnemers is en jy kan al 10h huis toe gaan of 17:00

Presies ! Ek was so vroeg by die huis my vrou dink ek lieg vir haar, nou is daar darem 'n results papier met my naam op
Ek kon dit self nie glo toe ons 10ur klaar maak nie.
Dis oor julle span die goed so blerrie goed kan organise !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Hierdie lyk baie interresant en ek sal graag ook wil deelneem, maar dit lyk nie of my geweer en toerusting lekker gaan werk nie. Ek het bv. 'n 6-24 vergroting teleskoop en net plek vir 3 rondtes in die magasyn. Kan iemand dalk meer info deel oop die spesifieke oefeninge. Hoeveel rondtes is nodig per oefening en hoeveel rondtes mag max in die magasyn wees? Kan mens 'n ekstra magasyn gebruik? Wat is 'n idiale teleskoop, dalk iets soos 'n 1-6 x 24?
Om aan die gang te kom en 'n gevoel te kry, sal jy baie goed regkom met wat jy het, afgedraai op 6. 'N pel van my het nou 2x keer saam geskiet, met 5-25x50 teleskoop op sy 375, want dis wat hy het. Ek skiet met 'n 1-4 Trijicon, en dit werk baie lekker ja. Maar ek dink die belangrikste is om op te daag vir een van die uitstappies !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19