Hoe om n Kwesbok te vergeet

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by 6mmMusgrave »

Naand Almal

Ek hoop dit gaan goed. Daar gebeur dit vandag met my. Mooi kudu bul op so 90 na 100m onder n olienhout boom. Ons stop ek vat nog lekker dooirus oor die seat en die tralie. Bok staan quartering weg van my. Kruis sit mooi styf agter sy blad en die skoot loop mooi. Klap mooi bok spring boggel rug en daar gaan hy. Als het perfek gelyk deur die scope. 1 van die manne op die cruiser se ok nee meneer hy le net hier agter.

Kort en lank van die saak is na 2 en n half ure se spoor volg met die 1ste klein druppel bloed na seke 300 meter en hy wat oor die 1 kamp draad maklik oorgespring het moes ons tou ingooi. Spoor vir seker n km in totaal gevolg met n paar bloed spatsels wat nie eens jou hand palem gan toemaak nie.

Het die skoot al seke n paar 1000s keer in my kop oorgespeel. En als was reg. Die breek van die skoot sy reaksie als.

Al wat my bietjie laat beter slaap vanaand is dat dit n baie skrams skoot moes wees en hy sal hopenlik heeltemal herstel. Dalk het ek n tak getref wie weet.

Maar hy gan nog baie lank by my spook. Soos ek nou hier le en tik wil ek nie weer jag die jaar nie.

Hoe kom mens oor so iets.

Groete
Jacques
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Ratel »

Jy sal nie daai kwesbok vergeet nie juis omdat jy gefokus is op etiese jag. Wat ek kan se is dat dit gebeur met baie jagters. Daar is altyd iets om te leer met n jag wat skeef loop. Niemand is perfek nie. Volgende keer doen jy dit beter. Jy alleen weet jou intensie was nie om die bok te kwes nie.
Maak 'n verskil
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Thunderhead »

Hi Jacques dis nooit lekker. Daai gevoel gaan nooit weg nie. Daar is so baie goed wat kan verkeerd gaan wat jy nie beheer oor het nie.Wat se setup het jy die bok met geskiet? Maak seker hy is reg en gaan skiet nog n bok. Jy maal nou oor jou laaste ondervinding wat n mislukking was. Hoe vinniger jy n suksusvolle ervaring weer het hoe beter.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Cobus Wessels »

Solank 'n mens sleg voel is jou hart op die regte plek!!. Ek was baie ontsteld en onthou nou nog 'n blesbok wat ek nie gekry het nie.
Ek het maar 'n paar keer skietbaan toe gegaan en aan myself bewys dit is net 'n slegte sameloop van omstandighede.
Dan moet jy net weer opklim en die perd ry...
Glo my almal wat genoeg skiet het simpatie met jou.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Dash431 »

Daar is die wat het, en die wat nog gaan. Ons almal loop die hartseer raak een of ander tyd. Hou jou kop hoog en probeer so gou moontlik weer.
RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by RyC »

Ek het 2 jaar terug vir eerste keer gekwes. Ons het gelukkig bok gekry.

Dit spook nog steeds by my. Elke oomblik van die skoot vat tot die verligting van bok kry en hom uit sy lyding sit.

Elke jag daarna raak die gedagtes meer. Elke bok wat val met een skoot is met verligting.

Ek sal dit nooit vergeet nie. Dis beter so....

Sent from my SM-G996B using Tapatalk

Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Zuku »

Het eendag n bok op 80 m in die gat getref. Tussen my en bok was n takkie (nie gesien nie) wat die koeêl laat skram het. DIt gebeur, of dalk kry jy n "flyer" of n "flinch", dit is ook moontlik. Leer uit jou ervaring. Die groot ding is as jy nie die bok sien of hoor val nie, wag so 30 minute voordat jy gaan soek. Vra maar vir die boogjagters, dan hoef jy nie ver te loop soek nie.
User avatar
Jacques1988
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Jacques1988 »

Dit is so waar wat Zuku hier bo sê oor n bietjie patience te hê en te wag voor n follow up of om bloed te probeer volg. Baie kere weet die dier nie mooi wat gebeur het nie en het nog nie n adrenaline dump gehad nie. Volg jy te vinnig op en stamp die dier dan kry hy daai adrenaline dump en wys jou die plaas. Dit is Baie maklik gesê as gedaan - ons natuurlike instink is om nog n skoot te probeer in kry en vinnig te probeer opvolg as ons dink die skoot was marginal.

Soos vroeer gesê is, daar is die wat al n kwes bok in die veld gelos het en die wat dit nog gaan doen - as jy genoeg jag is dit ongelukkig net een van die slegter dinge wat gepaart gaan met jag. So lank jy moeite en alles probeer doen het om die dier op te spoor moet jy vrede vind en die saak los, dit kan n ou behoorlik van jag afsit. Sterkte
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Pvdw »

Jy vergeet hom nooit nie, hy word deel van 'n ryke tyd in die veld en al die ander lekker en minder lekker herineringe. As kwes jou pla is dit maar net 'n teken van jou liefde vir die veld en diere maar ook 'n teleurstelling in jou eie vermoeë of te kort daaraan vir 'n split sekonde, geen skande nie. Dit was en is en sal altyd deel wees van jag.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by win270 »

As jy reeds voorheen verskeie kere met dieselfde kaliber en identiese ammunisie 'n groot koedoe platgetrek het, moet jy aanvaar die een was nie vir jou bestem nie. Het julle dalk die volgende dag gekyk vir aasvoëls wat iewers sirkels vlieg? Goed-opgeleide hond in die veld help natuurlik ook baie. As die bok egter oor grensdraad gespring het, is mens magteloos behalwe as jy die buurman toestemming kan vra om die soektog op sy grond voort te sit.

Jag hou mens mos maar nederig en elke skoot is nie noodwendig perfek nie.
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Hoe om n Kwesbok te vergeet

Post by Jaco123 »

Dis maar soos fiets ry of perd ry. As jy afval moet jy maar weer opklim. Anders gaan jy altyd bang wees vir die fiets of perd.
Post Reply