Help so bietjie met keuse

Moderator: Global Moderator

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7850
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Arnold »

Ek het destyds daai besluit gemaak. Ek het 'n S&W M&P 45ACP gehad en daai pistool sit lekker in jou hand. Toe ek hom met 'n 9mm wou vervang was daar geen voorraad en magesyne was alreeds duurder as die glock. Dit was voor die tyd van die po7 waar hy baie bekend geword het in SA.

Daar was toe net een regte besluit, voor daar nog generasie 5 pistole was. Ek het nou 'n 19 en 17. waarvoor ek wel wag is dat TriggerTech se sneller beskikbaar raak want ek dink dit gaan die pistool tot op 'n nuwe vlak neem, al gaan die sneller amper soveel soos die pistool kos.

Hoe hy in jou hand voel en hoe hy lyk beteken baie min. Hierdie is nie aspekte wat jy hoef te oorweeg as jy na iets vir selfverdediging kyk nie. Mens raak gou gewoond aan die gevoel en oefening sorteer enige verdere probleme uit met die ergonomie. If looks killed ... ja wel looks maak nie dood nie so :laugh:

My opinie is dat as jy reeds 2 x 9mm glocks het dat jy dan na iets anders kan begin kyk om mee te speel :police:
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Location: Pretoria

Re: Help so bietjie met keuse

Post by saswart »

Netjies Wouter, jy kan nie fout gaan met 'n Glock nie. Ek self is baie lief vir CZ's, het een, maar ek vertrou die Glock, wat ek self EDC. Ja, nie beste sneller, beste dit of dat nie, maar baie betroubaar!

Ek is ook bly jy kyk verby die "pas die beste in my hand". Dit is in my opinie, nie so belangrik nie. As mense so karre gekoop het, moes almal merc's met bucket seats and leer stuurwiele gery. Jy koop iets oor hoe dit werk, dan oefen jy daarmee, baie en dan nog. Nie andersoms nie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1928
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ds J »

Wouter Roets wrote: Fri Apr 11, 2025 9:13 am Ek het baie geleer in my naforsing op die web die week en het werklik gehoop die boffins hier tussen ons kan ook hulle kennis met ons gedeel het. Daar is n magdom aspekte rondom die goed en dit sal bitter nice wees as die gesoutes op die gebied n bietjie daaroor wil praat.
Groetnis
Wouter
Wouter, watter vrae is daar spesifiek? Dalk kan ek of een van die ander manne al n paar gedagtes los.

Sake wat baie aangeraak word:
- Kaliber
- Pistoolgrootte
- Fabrikaat
- Ammunisie
- Dra-posisie en -manier
- Hamer vs interne slagpen
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ratel »

Ek lees weer die OP en lees Wouter sê om te standardiseer op een model. Op hierdie punt bied Glock jou in my opinie die beste opsie. Sekere ander make ook maar nie tot dieselfde mate as Glock nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2778
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Lategan1 »

Wouter Roets wrote: Fri Apr 11, 2025 9:13 am Lategan

Ek was skaam om die vraag te vra, want dis presies my probleem. Ja ek weet dalk meer as die basiese man daar buite, maar ek moet bieg ek moet nog ver om te gaan om dit bv op die vlak te kry van bv my geweer kennis. Ek het baie geleer in my naforsing op die web die week en het werklik gehoop die boffins hier tussen ons kan ook hulle kennis met ons gedeel het. Daar is n magdom aspekte rondom die goed en dit sal bitter nice wees as die gesoutes op die gebied n bietjie daaroor wil praat. Dink regtig dit kan n klomp van ons daarmee kan baat.

Groetnis
Wouter
Altyd belangrik wat jy hier sê oor skaam en versigtig vrae vra, Wouter. Gawie het ookal breedvoerig verduidelik hoekom antwoorde nie altyd kripties moet wees nie net omrede party van ons al vergeet het waar ons ook begin het.

Hier is baie manne wat daarom nie wil vra nie, maar wel ernstig saamleer.

My eie seun het jou vraag al vir my gevra - pa ken mos gewere - ek kon hom tot dusver nie ‘n ingeligte antwoord gee nie. Gewere is nie pistole nie!!

Na dese kan ek hom ten minste in ‘n rigting stuur.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1928
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ds J »

Nou ja toe, dan is dit tyd om te begin preek ;)

Byna enige handwapen in die hand is beter as 'n skerp stok en 'n paar dreigemente vir die eenvoudige rede dat niemand raakgeskiet wil word nie - nie eers met 'n voorlaaierpistool nie.

Dit maak al 'n eerste beginsel duidelik: 'n handwapen moet minder as reikafstand (armlengte) ver wees, en verkieslik aan jou lyf. Daarom het die eerste groot 15-skoot pistole nie mooi vir burgerlikes gewerk nie - hulle was te groot en te swaar. Dit is ook die voordeel van Glock gewees - hulle was rofweg ⅓ ligter. In praktiese terme: 'n 357 Magnum kortsnoet met 6 skote weeg ongeveer soveel soos 'n "plastiek" pistool met 17 skote. Dus: kry iets wat jy maklik kan saamdra. By die huis of in die kluis is hy niks werd nie, en dit is waar n groot, lomp handwapen gaan eindig.

n Tweede beginsel is betroubaarheid. In SA is die kanse goed dat n handwapen gebruik kan word. Dan moet 'n mens seker maak dat hy sal werk, en waarskynlik vir meer as een skoot. Daarom is iets soos n ou, onversorgde PPK nie ideaal nie. Nog steeds beter as 'n stok, maar nie ideaal nie. Dit maak werklik sin om eerder n paar maande te spaar en 'n betroubare handwapen aan te skaf. (Ek sou met graagte 'n tweedehandse Glock, S&W of CZ oorweeg vir die eenvoudige rede dat by verre die meeste handwapens nie baie gebruik word nie - dit maak vir 'n min gebruikte wapen teen n beter prys).

Volgende beginsel: kaliber maak nie 'n groot verskil nie. Akkuraatheid is belangriker. Ter verduideliking: 'n. 38Spl het ongeveer 1/10 van die slaankrag van 'n 308 Win. Selfs die groter en kragtiger handwapens bly gering teen 'n geweer. Die heel groot en kragtige handwapens (44Mag, 454 Casull ens) is uiteraard nie geskik vir SV nie - juis weens grootte en n beperkte aantal skote. Daar is n rede waarom so baie militêre en polisie-instansies 9mmP verkies: hy werk! (Ek moet toegee dat ek voortande sou gee vir n subkompakte FN5.7!)

(Ek skryf later verder.)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Ds J die rede hoekom so baie instansies 9mm verkies is maar omdat dit die maklikste en goedkoopste skiet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1928
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ds J »

Capt. Yoda wrote: Sat Apr 12, 2025 9:24 am Ds J die rede hoekom so baie instansies 9mm verkies is maar omdat dit die maklikste en goedkoopste skiet.
Korrek. Feit van die saak is dat 9mm uitgefaseer sou gewees het indien hy nie voldoende gewerk het nie. Hy het homself al deeglik bewys.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Ja nee kyk ek wil nie met hom geskiet word nie, moderne ammo maak darem n groot verskil in n 9mm
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 914
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by OosKaapJagter »

Die hele storie klink vir my soos om vir iemand anders te help vrou soek.

As hulle later gelukkig getroud is; sy gelukkig en hy getroud, gaan die man jou verwyt.

Ek los maar 'n man om sy eie keuses te maak.

In algemene terme sou ek net opmerk dat as jy baie gaan skiet, is Glock en CZ se onderdele volop, met bewese rekords van betroubaarheid. Hoeveel van julle het egter al onderdele vir jou pistool nodig gehad as dit 'n betroubare fabrikaat is? Wat kaliber betref is 9mmP die goedkoopste, maklikste om te bekom en kry jy die grootste verskeidenheid ammunisie. Elkeen se behoeftes en voorkeure verskil en daarom is dit bitter moeilik om vir iemand anders voor te skryf wat om te kry. Wat vir my werk gaan nie vir iemand anders werk nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7455
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

More Manne

Hoop julle almal het n lekker naweek gehad.

Ek het al in my eerste skrywe gese ek maak n fout met die vraag en ek sien ek was nie verkeerd nie. ;D

Nou goed kom ons kyk of ons die gesprek in die regte rigting kan stuur?

Jy sit met bv die keuse van CZ. Hoekom die model en nie daai een nie? Wat is die pro's en con's van jou voorstel? Hoekom soek jy n spesifieke eienskap soos bv n firing pin block in daai model? Hoekom soek jy nie n ambidextrous safety nie of hoekom daai slide release in jou oe n swak ontwerp is? Ek geniet die tegniese en dieper dinge en so glo ek ook n paar ander mense.

Nou verder sal ek graag goed soos prys en die rede daarvoor bespreek wil he. Hoekom kos n Shadow 2 Compact R37 000 en n P07 R13 000? Verder sal dit ook nice wees om goed te bespreek wat Arnold bv noem nl. adisionele opsies wat jy later van tyd kan bysit.

Dan wat is die voordele of nadele in jou oe van bv n striker fire, double action of single action? Is bv n trigger safety alleen genoegsaam?

Soos ek vroeer gese het hier is n magdom aspekte wat bitter min op die forum aangespreek word en ek vir een sal dit graag hier wil sien. Iets soos n review van die wapen wat jy al vir 5 jaar aan jou sy dra sal ook nie te versmaai wees nie.

As jy voel ons moet nie oor hierdie tegniese aspekte praat nie en meer op die oefenbaan uitkom is jy ook welkom om dit van jou bors af te kry. ;)

Groetnis
Wouter
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 641
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Jaco vdW »

Wouter Roets wrote: Mon Apr 14, 2025 8:55 am As jy voel ons moet nie oor hierdie tegniese aspekte praat nie en meer op die oefenbaan uitkom is jy ook welkom om dit van jou bors af te kry. ;)
Hierdie punt bly staan - dit het ek Saterdag weereens gesien toe ek 'n paar skote geskiet het!

Maar dit bly lekker om oor die goed te gesels.

Soos op die ander draad genoem, het ek deur die genade nog nooit nodig gehad om my wapen te gebruik nie.
Ek dra wel my pistool al vir meer as 10 jaar daagliks. Dis 'n Glock 23 (so alles geld vir die 19 ook), in 'n Ross leer IWB holster.

Ek het begin met 'n El passo 3-in-1 holster. Hy kan IWB en OWB gedra word, en ook horisontaal monteer as ek reg onthou. Jack of all trades, master of none.

Daarna Glock self se OWB holster gebruik. Hy het my gedruk dat ek huis toe verlang.

Volgende opsie was Ross se leer IWB. Ek het myself al 'n paar keer gevang dat ek moes voel of my vriend nog by my is. Die enigste nadeel is dat die leer teen jou vel vas plak as dit baie warm is in die somer, en dit raak ongemaklik.

Ek het wel die trigger connector vervang met 'n ligter een, want die Gen 2 Glock se sneller is swaar. Dit is 'n Glock OEM part, en die pistool skiet baie lekkerder en ek dink ook meer akkuraat met die ligter sneller.

Ek hou van die striker fire, want al die skote trek dieselfde af, jy hoef nie jou skiet styl aan te pas omrede skoot een 'n lang swaar sneller trek het, en daarna is dit korter of ligter nie. Ek glo dit sal baie help in 'n situasie waar die adrenalien vloei, en die fyn motories so bietjie by die agterdeur uit vlieg.

Tans wag ek vir 'n Glock 43X se lisensie. Toe ek laas gekyk het, was die aansoek darem al by provinsie. Sien nogal uit daarna om met hom te werk ook. Vir my maak dit sin dat al die pistole se platvorm dieselfde is. Jy skakel soomloos oor van een na die ander.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1800
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Location: Randburg

Re: Help so bietjie met keuse

Post by LoopSoosStroop »

Mense koop pistole en na 'n paar maande dra hulle nie meer nie. Hoekom? Pistool is te groot en ongemaklik. Ek ken baie mense met pistole wat in die kluis le. G19 en G26's staan voor in die ry in hierdie kompetisie - net te dik.

Wouter, jy wat 'n Ruger man is sal verseker iets daar in hulle reeks kry wat sal werk. Ek dra 'n EC9s, maar dis dalk te eccono vir party ouens se smaak. Striker fired, fixed sights, een van die beste snellers in die game, 7+1 of 9+1 magasyne, en seker die maklikse (dunste) 9x19 pistool om te dra.

Ek het ook laas week by Camdix 'n nuwe MAX-9 bevoel. Baie smart setup, 10+1 en 12+1 magasyne beskikbaar en baie kompak. Holsters en magasysne kan Camdix en Guns & Bows mee help. Die wereld is net een Courier Guy pakkie weg.

https://ruger.com/products/max-9/models.html

Dis moeiliker om 'n groot pistool te leer dra as om 'n klein pistool te leer skiet. Ek skiet my full size American net 'n rapsie beter as my EC9s, en hy is seker dubbel die groote en gewig. Die tegniek is dieselfde.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7455
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Hallo Pieter

Dankie vir die skrywe. Ek het na die MAX-9 gekyk maar dit klink my daar is n paar issue's met hom. Sy takedown pin het n veertjie in wat blykbaar uithak en dit maak dat die slide net deur die slide release vorentoe gevat kan word. As jy die slide terugtrek releuse hy nie. Die een man het ook twee firingpins wat die gees gegee het op syne.

Hierdie is juis waaroor ek bekommerd is, alle pistole breek, die vraag is hoe bekombaar parte is. n Verdere probleem wat ek met Ruger het is dat hulle op n gereelde basis nuwe modelle uitbring wat se parte nie oor en weer pas nie. Dis een van die groot voordele van Glock bo enige ander maak.

Die SR9 pistole was bitter hoog aangeskryf deur die meeste pistool fundies daar buite. Wat doen Ruger, hulle drop hom vir n baie slegter model na net n paar jaar. Daar is niks fout met die twee wat ek het nie. Hulle skiet n bars hou en is in dieselfde klas in dimensies as die Glock 26. Nou die feit dat hulle nog steeds vir my te groot is met dra het verseker baie te doen met die holsters wat ek vir hulle het. Meskien moet ek eenvoudig net werk maak daarvan. Jy is absoluut reg wat jy se oor n klein pistool en dra. Jaco hierdie sluit mooi aan by wat jy se oor holsters, dit bly n baie belangrike punt. Jou ander punte op die draad sowel as die ander een is baie insiggewend.

Goetnis
Wouter
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ratel »

Wouter Roets wrote: Tue Apr 15, 2025 1:36 pm Hallo Pieter

Dankie vir die skrywe. Ek het na die MAX-9 gekyk maar dit klink my daar is n paar issue's met hom. Sy takedown pin het n veertjie in wat blykbaar uithak en dit maak dat die slide net deur die slide release vorentoe gevat kan word. As jy die slide terugtrek releuse hy nie. Die een man het ook twee firingpins wat die gees gegee het op syne.

Hierdie is juis waaroor ek bekommerd is, alle pistole breek, die vraag is hoe bekombaar parte is. n Verdere probleem wat ek met Ruger het is dat hulle op n gereelde basis nuwe modelle uitbring wat se parte nie oor en weer pas nie. Dis een van die groot voordele van Glock bo enige ander maak.

Die SR9 pistole was bitter hoog aangeskryf deur die meeste pistool fundies daar buite. Wat doen Ruger, hulle drop hom vir n baie slegter model na net n paar jaar. Daar is niks fout met die twee wat ek het nie. Hulle skiet n bars hou en is in dieselfde klas in dimensies as die Glock 26. Nou die feit dat hulle nog steeds vir my te groot is met dra het verseker baie te doen met die holsters wat ek vir hulle het. Meskien moet ek eenvoudig net werk maak daarvan. Jy is absoluut reg wat jy se oor n klein pistool en dra. Jaco hierdie sluit mooi aan by wat jy se oor holsters, dit bly n baie belangrike punt. Jou ander punte op die draad sowel as die ander een is baie insiggewend.

Goetnis
Wouter
Wouter. As hy G26 size is sal ek hom hou. Ruger het goeie en gevestigde naam. Soek na n geskikte holster dalk wat dra makliker maak. Daar lê n legio holsters in my kas maar my Cytac bly baas vir iwb appendix. Jy raak dit baie vinnig gewoond. Het nog nie n Ruger op die baan sien probleme gee nie. Wat wel bitter belangrik is is om jou SD ammo bietjie te skiet uit daai wapen en seker te maak daai Ruger like hulle. SD ammo glo ek vas in Winchester Ranger T series.
Maak 'n verskil
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 641
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Jaco vdW »

Jammer as ek bietjie afdwaal, maar Ratel se laaste sin het my nou weer aan die dink gesit...

Ek sien van die handelaars adverteer twee verskillende tipe Rangers van tyd tot tyd. Die een sê spesifiek dat dit 'n bonded koeël is (iets soos bonded JHP) en dan die T-series. Daar is so R300/50 verskil in prys ook, wat die bonded weergawe duurder is.
Wat weet julle van die twee?
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ratel »

https://www.glocktalk.com/threads/winch ... b.1435468/
Dis wat ek kry op forums maar ek kan se my T series in die 40 s&w uit my G23 perform konstant bitter goed.
In kort, klink my die bonded is meer vir as jy deur struktuur soos drywalling skiet. 165 gr teen +p lading is nie te versmaai nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Ranger T - RA9TA is die ou "black talon", non bonded en soos Ratel se tensy jy beplan om baie deur vensters of drywall te skiet die een om te koop.
Daar is tans so baie goeie SD ammo om van te kies maar die Ranger is maar nog die beste geprys en hy perform mooi.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13554
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Geno »

Ranger T - RA9TA is wat ek dra, en het ek nognie gesien een drop my op kwesbokke en goed nie. Selfs goed wat kan krap en byt werk hy mooi op, en as ek sien hoe hy onder die vel sit aan die anderkant, dink ek sal hy perfek wees in 'n selfverdediging-situasie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Ja nee ek stem saam met Geno ek het al n vrag diere met hul geskiet en hul perform mooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7455
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Boys

Ken iemand Daniel"s holsters hier in SA? Lyk na goeie kwaliteit en hulle het ook vir Rugers sonder dat ek my pistool moet vat vir n mold. Prys is aan die hoe kant so dis hoekom ek vra. Verder kan iemand help met die belt opsies. Daar is J clips en C clips en nog so paar. Wat sal julle aanbeveel en hoekom?

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Wout, ek het een van hul IWB holsters met die enkel knip wat ek al so 4 jaar aan en af dra sonder n probleem
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ratel »

Ek het hulle OWB wat ek laat maak het vir G23 met olight pl mini lig. Dra baie gemaklik. Goeie kwaliteit maar effe aan die duur kant
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ratel »

Wouter ek sal nie weer enige ander belt dan Ross gunleather dra nie. Bruin of swart egte leer. Mooi genoeg om saam met enige klere te dra. Kyk op jizni se website. Baie stewig amper dubbel die dikte van winkel belde en prys is goed. Hulle maak baie nice holsters ook.
Maak 'n verskil
Post Reply

Return to “HandWapen/Handgun”