Dis alweer sulke tyd 12 April om die groot kalibers af te stof en bietjie mee te speel, of dalk reg te maak vir iets groot wat opkom die jag seisoen.
Die dat Safari Outdoor se DGS ook afegstel is is nog 'n rede vir die manne wie se vingers jeuk.
Jy mag met 'n sub kaliber deelneem net vir die oefening maar sal nie deelneem aan die dag se rankings nie.
Juniors welkom en met kleiner kalibers hulle val in junior klas en net vir R50 kan hulle deel wees van die pret.
Julle kan inskryf by die volgende skakel hieronder.
https://bigboresa.org/3rd%20shoot/?fbcl ... _KnOKEeQSA
Jy het 20 rondtes nodig vir die dag bring maar so paar ekstra saam 6 of so daar is dalk nog ekstra buffel baan ook op vir die dag.
Koffie is daar vir die oggend kos sal verkoop word deur die oggend en dan kuier en braai ons verder as die skiet klaar is.
