Goeiedag, kan ons 'n paar gedagtes ruil oor die voor/nadele van die verskillende basiese meganismes vir SV-handwapens?
Dit gaan basies oor enkel- en dubbelaksie pistole, en ook oor hamer- en slagpenmodelle?
SV Handwapens: snellers & meganismes?
Moderator: Global Moderator
-
- Hero Member
- Posts: 1928
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
- Jaco vdW
- Hero Member
- Posts: 641
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
- Location: Somerset West
Re: SV Handwapens: snellers & meganismes?
Goeie more Ds J
Ek lees graag oor SV handwapens om te leer. Het genadiglik nog nie een moes gebruik nie, maar oefen wel met myne.
Dra is een van die groot dele van 'n SV wapen, so ek glo hoe gemaklikker hoe beter. Hier het 'n pistool soos die Glock vir my baie voordele in die sin dat daar nie skerp hoeke is nie, en ook nie 'n haan wat moontlik kan haak nie.
Tydens 'n baie goeie kursus wat ek bygewoon het, vertel die manne wat weet dat onder hoë druk situasies moet jy vertrou of growwe spier geheue, want jou fyn motories bly so bietjie in die slag as die adrenalien pomp.
Met die striker fire tipe voel elke skoot se sneller trek dieselfde. Jy hoef nie te onthou om eers dit en dan dat te doen nie.
DA vs SA - weereens, as ek in die baie hoë stress situasie kom, wil ek die sneller druk, en hy moet bang maak, nie eers 'n haan oorhaal en veiligheidsknip laat sak nie.
So met dit in gedagte hou ek van die striker fire.
Dan nog iets, en dit is dalk 'n luukse, maar dit is 'n goeie idee dat jou tweede wapen dieselfde platvorm is as jou primere SV wapen. Gebeur iets met no1, is jy net so vertroud en bekwaam met no2.

Miskien nog 'n gedagte
Indien jou pistool se sluitstuk nie volledig toe (in battery) gaan nie, is die algemene metode om die sluitstuk met die palm van jou hand voentoe te stamp om hom toe te kry. Die plat agterkant van 'n striker fire is baie sagter op jou hand as die van 'n pistool met 'n haan. Ek het die Colt 1911 so een kyk gegee, en besluit ek trek liewer die sluitstuk terug en gooi die rondte uit as om my hand oor daai haan te slaan!

- Posts: 1822
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
- Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Re: SV Handwapens: snellers & meganismes?
Ek dink Jaco het die hele kwessie mooi opgesom.
Veral die VSA se verskeie polisie eenhede het tot die slotsom gekom dat 'n mens wat vol adrenalien is, nie meer fyn gevoel of beheer in sy vingerpunte het nie. Daarom het hulle so lank aan hulle verouderde dubbelaksie rewolwers vasgeklou. Die goed het jy net gemik en dan die lang, swaar DA snellertrek deur getrek. Dit het ongewenste skote beperk en geweldadige skelms van die strate af verwyder.
Moderne dubbelaksie (alleen) pistole werk op dieselfde prinsiep, maar hou tot 3 keer meer patrone en is ligter en platter.
As jy die wapen versteek wil dra, is dit uiters nuttig as hy geen skerp punte het wat aan jou of jou klere kan haak nie. As jy hom net kan mik en druk, sonder om nog 'n klomp hefbome te manipuleer (met vingers wat nie wil nie weens die adrenalien in jou are), dan het jy die beste moontlike kans om die nodige reg te kry.
Gewoonlik is hierdie tipes se snellers swaarder en met 'n langer trek. Dis nie 'n nadeel nie, inteendeel dis 'n groot voordeel in so 'n situasie, soos reeds hierbo uiteengesit. Hierdie lang, swaar snellertrek is moeiliker om te bemeester op die (eenrigting) skietbaan, waar jy rustig en ontspanne jou sport kan geniet. Jy gaan dus nie baie kompetisies wen as jy moet deelneem teen bekwame skuts met sensitiewe enkelaksie snellers op hulle pistole nie.
Daar is dus 2 wêrelde vir pistoolskiet: Baansport waar sensitiewe enkelaksie snellers voordelig is en selfverdediging waar die dubbelaksie snellers voordelig is. Met 'n bietjie gefokuste oefening kan jy al 2 bemeester.
'n Vriend het eendag gesê: "Wys jy CZ vir jou vriende en jou Glock vir jou vyande". Deesdae is daar baie meer fabrikate beskibaar wat al 2 kampe verteenwoordig, maar die basiese beginsel bly geldig. Gebruik jou enkelaksie pistole met swaar staal rame, skerp hoeke, veiligheidsknippe en hamers vir sportskiet saam met jou vriende en dra die ligte plastiekraam pistole sonder skerp hoeke, knippe en fieterjasies versteek onder jou hemp vir die dag as die wis en die onwis hom met jou gaan misgis.
Wees net bekwaam (geoefend) met albei, maar veral met die ene waarop jy gaan staatmaak in 'n noodgeval.

- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2778
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: SV Handwapens: snellers & meganismes?
Dankie manne, hierdie insig en wysheid is goud werd.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 