Goeienaand, Tripod.tripodmvr wrote:Het nou net 'n lang gesprek met Dale van Gunsite gehad. Ondervinding is maar die beste leermeester. Hy het ook die lae spoed met 'n 303 gevind met beide S335 en S355. Ons weet dat die 303 gewoonlik 'n redelike vryboor het en dat ou lope se deursnee kan wissel van .311 tot selfs .316. Hierdie 2 fisiese gesteldhede maak dat druk verlore gaan met die .311 koeëls wat ons gebruik.
Om daarvoor te kompenseer kan ons meer en moontlik vinniger dryfmiddel gebruik, of 'n groter deusnee koeël aanskaf. Jou loop se toestand moet moontlik ondersoek word en die eintlike deursnee bepaal word.
Baie dankie vir al die hulp. Waardeer dit.
Het gister middag weer gaan probeer en baie stadig die ladings opgestoot.
Ek het nie nou al die lesings by my nie, maar gedraai by so 2120ft op 41grein. Dit wil lyk of die groepe hier weer begin kleiner raak, voor dit was ek op 38gr op so 1duim groep met 4 skote.
Ek het S335 ook en sal die naweek kyk of hy meer in spec perform.
Die geweer kom sopas terug van geweersmid wat kopspasie en alles nagegaan het. Volgens hom is loop nog baie mooi en nog nie hard gewerk nie.