IS DIT JAG.

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: IS DIT JAG.

Post by Capt. Yoda »

Almal het ongelukkig ook nie die luuksheid om 5 dae alleen op n plaas rond te loop om n vark en n Koedoe bul te soek nie. Ek was al op plase waar die boer vir ons se “op die plaas het niemand nog ooit van n bakkie af geskiet nie dis net stap” dan stap almal heeldag saam n “tracker” wat so kop onderstebo met n babalas in sy gumboots rond loop en da hang na dag 3 2 bwb n vark en n rooibok maar die boer se ook die plaas is vol wild al sien jy nie eers regtig spore langs die rivier nie, die middag op dag 4 bestuur die boer self die bakkie en ons skiet oor die dak want hy soek geld uit die groep uit. Jag of skiet of wat okal ons dit nou wil noem is ongelukkig lankal nie meer n week uitstappie saam met jou seun op n plaas om 1 bok “eties” te voet te skiet nie. Vroer tye het almal n pel met n beesplaas gehad waar da paar koedoes was wat jy so kon gaan soek op n skool vakansie maar nou het baie van hulle ook besef daai bulle kan hom n kwartaal of 2 se skoolgeld betaal
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2076
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: IS DIT JAG.

Post by Koos Barnard »

Kaptein, jy slaan die spyker op die kop! Dis ongelukkig die realiteit.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 873
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Location: Durbanville

Re: IS DIT JAG.

Post by Andre308 »

Ek is n skut en my groot liefde le in gewere skiet.

As ek die jaar genooi word vir jag dan is dit lekker, want ek spandeer tyd saam met my vriende vir n wegkom naweek.

As ek elke skoot daardie naweek uit skiet op n staal plaat anderkant 1myl, dan het ek n smile op my gesig.

As ons bokke getalle moet afhaal en nag oes, dan het ek n smile op my gesig.

As ons rivier lope stap opsoek na koedoes, het ek n smile op my gesig.

My liefde is die sneller druk van n wapen wat ek vertroetel, met ladings wat ek baie moeite aan spandeer het. Die recoil en reuk van kruit is lekker.

Die vleis is n bysaak. Ek koop lekker steak hier naby vir baie goedkoper.

Die lekker skiet saam met stilte tyd op n skiet stoel in, die Karoo of agter op die bakkie in die oop vlak gee my siel net soveel rustigheid soos n gestap agter bokke aan.

Jag, skiet, noem hom wat jy wil. Solank ek daai sneller trek smile ek.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

Om sneller te trek soos Andre sê is lekker - want skiet is lekker -- let wel die daad skiet en nie soseer manier van jag. Dit kan gebeur deur wildjag of wildskiet of plinking of teikenskiet ens ens.
Daar is ook die eerlikes wat sê die doodskiet is lekker en nie die skootskiet. So noem iemand by geleentheid dat hulle in Nam gaan oes het en dat hy sy hart koel geskiet het -- ek het hom nie gevra wat hy bedoel nie want ek het al lank geleer elkeen gaan slaap met sy eie gedagtes, waardes of riglyne in die lewe.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

Koos Barnard wrote: Wed Mar 05, 2025 5:16 pm Kaptein, jy slaan die spyker op die kop! Dis ongelukkig die realiteit.
Ja Koos die werklikheid is ook dat die negatiewe minderheid soms veralgemeen word terwyl die positiewe res nie erkenning kry.
Ek was bevoorreg om te ondervind die negatiewe maar ook die positiewe van alle kante van jag/skiet.
Ek het redelik wyd gejag /skiet oor die oppervlak van SA asook Namibiê. Het ondervinding van 1 geleentheid waar ek eers die 4de dag wildspore gesien het. Maar dit word totaal oorskadu deur 56 jaar van suksesvolle skiet/jag met onthou ervarings en onthoumense op die pad.
Het vir kovisco 100derde springbokke geskiet - voorsit. In die Matlabas , Limpopo, Oos Kaap, Namibiê, Gariep ens. gejag. Baie wild vir die pot by my eie 2500 ha wildboerderytjie geskiet. So, het gejag en geskiet -- maar met respek vir die wild , die natuur en omgewing, die eienaar, helpers en medemens en my vuurwapen en MYSELF.
Het ook laat jag op my plaas -- enkel jagters, groepe, jong jagters wat hul eerste bok geskiet of gejag het ens. Mooi onthou tye.
Ook my slegte ondervinding van skieters gehad wat kom vir 'n lekker tyd met wynig respek as deel van sy jagtoerusting. Wie drank in sy waterbottel gooi -- wie die gids omkoop/probeeromkoop met drank of geld om stil te bly oor kwesbok - wat kanse vat op afstande bokant sy vermoë en nie weet as bok gekwes word nie -- wat in die bondel skiet en spog met meerbokskoot -- wat 'n te klein bok in erdvarkgat stop. MAAR dit was die absolute uitsondering want hulle het nie weer kom jag/skiet nie.
En sê dankie vir wonderlike vriendskappe en onthoutye met jagters/skieters wat baie jare kom jag het en steeds welkom is en nog steeds kom jag/skiet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21058
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: IS DIT JAG.

Post by tripodmvr »

Lyk ook nie asof enige jagmetodes deur sekere mense aanvaar word nie. Kyk na die kommentare oor die ongeluk waarin olifante vervoer is. Die werklike feite beteken niks - hulle hou maar aan oor die woord jag. Sulke mense sal ons nooit kan oortuig dat jag eties of korrek is nie.

https://www.facebook.com/share/p/18jq1g4TZF/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

vriend sê gisteraand hy het lankal vrede gemaak met sy jagtery en skietery.
Hy sê hy skiet vir die pot en jag om te ondervind , te beleef dit wat net jag kan bied --- veel meer as net die skiet van 'n skoot.
EN dan voeg hy by -- alles hang maar af van hoe jy dit doen??
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4232
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: IS DIT JAG.

Post by Cobus(Cobb) »

Daar was drie Fanie boeke...PJ Schoeman

Fanie se veldskooldae, Fanie word Grootwild jagter en Fanie se Vuurdoop.

Kom ons gaan na die begin toe, Koos kom by sy grot uit, gryp sy knuppel en loop jag n bok, sy buurman Piet kry n idee en bou n spies, gaan jag n bok. Nou is Koos moerig, want wat Piet doen is mos nie jag nie, die spies gooiery nie.
Jan maak n ander plan, hy bou n boog....nou is Koos en Piet moerig...die boogskietery is mos nie jag nie....en so kan ons aangaan tot by vandag se 900m skote, met super monsterscopes wat wind en helling ens uitwerk

Boer start sy Cruiser, nou gaan ons jag tussen die duine....dis n moeilike dag want die bokke ken daai engine klank en bied die jagters heeldag nie n skoot nie...MAAR .Gert loop rustig n ent(loop en jag) en gaan skuil bo op n duin..hy maai 4 bokke af wat aandagtig vir die v6 klank luister en niks van hom af weet nie. Wie hier het die bokke nou nie n gelyke kans gegee nie????Die jagters of die skieters???

Waar trek n mens die lyn tussen wat reg of verkeerd in jag is??

Ek persoonlik loop en jag, maar het al bakkie gejag(not my favourite), voorsit gejag en uit n hide gejag met boog. Maar om met n geweer uit n hide uit te skiet, is vir MY sinneloos.
Hide sit, het sy eie uitdagings, beplanning, trail cameras, wind ens en daar was al dae wat almal in die veld met bokke huistoekom maar die een in die hide kry niks, want hide skiet is nie rerig "fish in a barrel" nie

As ek op n plaas my huiswerk doen, tyd in die veld spandeer en sien die Koedoes loop elke middag 4pm se kant om n rots hoogtetjie, oppad bome toe, en ek lê hulle voor, is ek dan n jagter of n skieter??

As ek die plaasvolk biekie uitvra oor waar die rooibokke in die oggend vir die son wag......of ek vind dit self uit met n drone....is ek nou n jagter of n skieter??

Ek glo elke ou besluit vir homself...en ek sal hom nie kritiseer nie....(behalwe as hy met n geweer uit n hide uit skiet).
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2069
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: IS DIT JAG.

Post by win270 »

Goed saamgevat, Cobus. Ek stem saam met jou oor die skietery vanuit skuiling by 'n drink- of vreetplek. Op ligter noot, 'n man se skoene se sole en die verwering daarvan, vertel ook dikwels HOE hy "jag".
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: IS DIT JAG.

Post by Ratel »

En op die einde speel ego 'n groot rol. Win 270 pasop om daai afleiding te maak. Daar beweeg reuse jagters tussen ons met nuwe sole. Hoe se hulle oor assumptions.....
Maak 'n verskil
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21058
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: IS DIT JAG.

Post by tripodmvr »

Hierdie video is bietjie lank, maar bevat waarhede komende van 'n dierkundige.

https://youtu.be/VHE3xLhT2Uw
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply

Return to “Dangerous Game Hunting/ Gevaarlike wild jagte”