soos talle lede op die forum deel ek die passie & liefde & respek vir vuurwapens.
Ek herlaai self vir my pistole & geweer(308,.natuurlik die beste uitvindsel na gesnyde brood

Sien uit daarna om meer te leer op die forum.
Groete H.
Moderator: Global Moderator
Welkom, buurman.Jorrie Jordaan wrote: ↑Fri Apr 11, 2025 8:44 am Goeie dag almal
Ek is Jorrie Jordaan van Bloemfontein. Baie dankie vir my toelating tot die groep.
Ek het vir baie jare - heeltemal te veel - nie geskiet nie. Ek het nou weer begin jeuk, so ek krap! Om te herlaai het ook begin jeuk. Aangesien ek 'n totale leek is daarmee, sal ek graag wil leer uit al die kundiges se kennis en ervaring. Dis juis hoe ek op die blad afgekom het. Ek sien inligting op die blad oor handwapen jag. Dit is ook iets wat ek oorweeg en oor oplees.
Ek sien baie uit na 'n nuwe fase...
Groete.