Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Naand manne

Het iemand al sukses met Warranty claim by African Outdoor Sports (Howa distributor) gehad? Ek moet so 'n proses op 'n nuwe 223 bull barrel aan die gang sit, so ek wil bietjie hoor wat was vorige uitkomste en met wie moet mens gesels. Geweer is nuut gekoop en skaars 2 maande in my besit, met seker so 120 skote deur om (tevergeefs) 'n lading te probeer vind. Ek het nog nooit so met 'n geweer gesukkel nie - geen punt of lading wil consistently skiet nie, kry nie behoorlik 1 duim op 50 yards gehou nie. Verskillende kolwe, Scopes, kruite en punte probeer - no dice.

Geweersmid se verslag: kroon is vol merke binne, roesplekke oral in die loop af, throat en chamber is grof binne.

Praat bietjie uit asb?

Dankie by voorbaat






cbm
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Tue Jan 01, 2013 9:16 pm
Location: Laingsburg

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by cbm »

Ek voel jou pyn en sit met dieselfde storie.
Ek het so baie gelees van almal wat howa so prys. Ek het nog net te doen gehad met Sako's en tikkas. Maar 'n howa... Nooit weer nie. As ek nie een van bogenoemdes weer kan bekostig nie, hou ek maar op met skiet, want die kopseer nou van herloop en die kostes daaraan verbonde, kon ek maar netsowel weer 'n tika gekoop het.
Ek hoop jy kom reg.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 583
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Location: PTA - Sinoville

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Klein Chris »

My sus se lat se Howa 223 dun loop wou ook nie groep nie. Geweer is by Wildman Montana gekoop.
Moet pluimpie vir Wildman gee.
Hulle het die geweer gestuur na n wapen smit op hulle onkoste
Geweer groep nou mooi
Skiet bly maar lekker
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Dankie vir die insette, manne - laat kom nog asb

Ek beplan om my hele ervaring (goed of sleg) ook hier te dokumenteer - dan kan almal weet of hulle volgende aankoop eerder 'n Tikka gaan moet wees

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by prohunt »

Goeiemore Snakker,

Ja daai pyn wat jy ervaar is baie groot. Ek is deur dieselfde ervaring. Ek het op 'n stadium 'n Howa 6.5 Creed gekoop ook agv van die goeie resensies van ander gebruikers. Ook deur dieselfde sukkel proses gegaan. Seker 200 toetskote met verskillende ladings, ander kolf ens ens. Ek het toe die wapen na 'n wapensmid gevat (voordat ek self 'n "borescope" gehad het) en hy het gesien dat die kamer nie konsentries met die loop was nie. Dit was tot so 'n mate skeef dat die groewe aan die een kant tot in die kamer deurgeloop het. Ek het toe met African Outdoor kontak gemaak en hulle was dadelik bereid om vir my 'n ander loop te stuur. Ek het egter vir hulle gesê hulle moet eers die loop self deur 'n wapensmid laat deurkyk en vir my dan die video van die kamer stuur. Ek wou nie die risiko loop dat ek 'n ander loop kry en dan het hy dieselfde probleem nie. Hulle het toe 'n klomp lope deurgegaan en kon nie een kry wat se kamer konsentries met die loop was nie. Dit het geblyk dat die hele besending dieselfde probleem gehad het. Hulle het toe ingewillig om vir my 'n Walther loop op hulle kostes by 'n wapensmid van my keuse te laat installeer. So in kort dis nie lekker nie maar ek dink nie jy hoef bekommerd te wees dat hulle naverkoopdiens jou in so 'n geval in die steek sal laat nie. Hulle was in my geval baie behulpsaam.
Laastens wil ek net sê ek is ook maar 'n Tikka man en was gevolglik nie meer lus vir die Howa nie en het toe maar van hom ontslae geraak en weer 'n Tikka gekoop.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Ratel »

Julle laat my nou worry so op 'n Vrydag. Wag vir my Howa 223 se lisensie. Darem moet ek se die ander twee Howas (223 en 308) skiet bitter akkuraat en konstant.
Was baie lus vir 'n Tikka maar die pryse was bietjie rof.
Maak 'n verskil
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Ratel wrote:Julle laat my nou worry so op 'n Vrydag. Wag vir my Howa 223 se lisensie. Darem moet ek se die ander twee Howas (223 en 308) skiet bitter akkuraat en konstant.
Was baie lus vir 'n Tikka maar die pryse was bietjie rof.
Hopelik is joune nie 'n lemon nie. Ek glo egter nie Tikka se QC sal so 'n loop soos myne uit die fabriek laat gaan nie

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Ratel »

snakker wrote: Fri Mar 07, 2025 12:29 pm
Ratel wrote:Julle laat my nou worry so op 'n Vrydag. Wag vir my Howa 223 se lisensie. Darem moet ek se die ander twee Howas (223 en 308) skiet bitter akkuraat en konstant.
Was baie lus vir 'n Tikka maar die pryse was bietjie rof.
Hopelik is joune nie 'n lemon nie. Ek glo egter nie Tikka se QC sal so 'n loop soos myne uit die fabriek laat gaan nie

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Ja ek dink dit het maar baie met massa produksie te doen.
Maak 'n verskil
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Update: AOS was so ver heel responsive, geweer is reeds deur hul Courier opgetel. Kom ons kyk

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

Henlo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 383
Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Location: Alberton/Gauteng

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Henlo »

Ek het ook n howa 6.5 creedmoor gehad wat nie wou group nie, die agente het n nuwe loop laat opsit by arms in pta, nuwe kroon gesny en aksie geblueprint toe skiet hy mooi
Te veel gunne en te min geld
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Henlo wrote:Ek het ook n howa 6.5 creedmoor gehad wat nie wou group nie, die agente het n nuwe loop laat opsit by arms in pta, nuwe kroon gesny en aksie geblueprint toe skiet hy mooi
Dankie Henlo, hoe lank terug was dit?

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

Henlo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 383
Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Location: Alberton/Gauteng

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Henlo »

As ek reg onthou was dit 2019
Te veel gunne en te min geld
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Henlo wrote:As ek reg onthou was dit 2019
Ok, dankie. Ek het hulle gevra of dit 'n opsie is maar hulle sê hulle kan nie meer lope vervang nie. Hulle moet my net die geld gee dan reël ek dit self

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Update: het verslag van AOS se geweersmid vandag gekry, bevinding is basies dieselfde as wat my geweersmid gesien het. Hier is hulle "Suggestions to remedy":

- We suggest that the crown be recut in order to remove the jagged edges and the machining mark inside the bore;
- Hand-lapping of the barrel might smooth out the blemishes caused by previous surface rust and improve the shape of the lands and grooves;
- A light polish of the chamber with a CIP-Specification chamber reamer to confirm no abnormalities in the chamber shape and surface.

Ek wag nou vir AOS om te bevestig hoe hulle dit wil hanteer.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Update: AOS het vriendelik commit om al die corrective work bogenoem te dek (selfs die roes waarteen hulle nie waarborg kan bied nie). Dis baie goeie nuus, gretig om te sien hoe die geweer skiet as hy terugkom!

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1736
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Ratel »

snakker wrote: Wed Mar 19, 2025 9:22 am Update: AOS het vriendelik commit om al die corrective work bogenoem te dek (selfs die roes waarteen hulle nie waarborg kan bied nie). Dis baie goeie nuus, gretig om te sien hoe die geweer skiet as hy terugkom!

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Wel dit se al klaar baie van hulle naverkope diens en is goeie nuus. Baie verspreiders sou heel moontlik skouers opgetrek het.
Maak 'n verskil
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4949
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Frederik »

Dankie vir die deel van jou probleem ek wag juis vir my lisensie vir my 25-06 all weather Howa.
Maar die 204 Howa wat ek gehad het het baie lekker geskiet.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Frederik wrote:Dankie vir die deel van jou probleem ek wag juis vir my lisensie vir my 25-06 all weather Howa.
Maar die 204 Howa wat ek gehad het het baie lekker geskiet.
Plesier. Die werk op geweer is geskeduleer om teen einde van die week afgehandel te wees. Sal aanhou om die draad op te dateer met vordering.

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Update: werk is blykbaar voltooi deur Orpen Wapens (op skedule) en gaan vandag terug na AOS toe vir verpakking. Sal seker laat hierdie week deur RAM opgetel word en hopelik volgende week tuis kom. En dan hoop ons hy skiet mooi...

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk


User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4949
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Frederik »

snakker wrote: Wed Apr 02, 2025 2:42 pm Update: werk is blykbaar voltooi deur Orpen Wapens (op skedule) en gaan vandag terug na AOS toe vir verpakking. Sal seker laat hierdie week deur RAM opgetel word en hopelik volgende tuis kom. En dan hoop ons hy skiet mooi...

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Laat weet hoe hy skiet maar dink jy sal nou gelukkig wees.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Update: Geweer vanoggend by my geweersmid geland (22 werksdae nadat hy opgetel is - wat vir my heel billik is met die heen & weer van Courier). Gaan hom later optel, en kyk wat ladings maak...

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk


User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Update: ek het nou al weer 'n hele paar ladings gaan toets vandat die geweer terug is en om die waarheid te sê ek kan geen merkbare verbetering op sy groeperings sien nie (ek skiet maar op 50m om seker te maak als is op papier)

Ek het die agent Dinsdag laat weet dat geweer nogsteeds bont skiet maar so ver nog niks terug gehoor van hom nie. Ek het ook AOS bestuurder gekontak Woensdag wat my belowe het hy sou terugkom na my dieselfde dag nog. Dis vandag Vrydag, en nog niks weer gehoor nie. Nie 'n goeie "look" vir Howa nie

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk



User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4949
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by Frederik »

Nee man dis nie lekker nie hoop AOS kom terug na jou toe vrae hulle of hulle ooit die geweer getoets het.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1287
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?

Post by snakker »

Frederik wrote:Nee man dis nie lekker nie hoop AOS kom terug na jou toe vrae hulle of hulle ooit die geweer getoets het.
Hulle het hom nie getoets na hy teruggekom het van geweersmid af nie.

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

Post Reply

Return to “Rifles/Gewere”