Vervaldatum van kruit
Moderator: Global Moderator
- Carel Kolesky
- Sr. Member
- Posts: 358
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
- Location: Mosselbaai
Vervaldatum van kruit
Middag manne!Miskien is onderwerp al bespreek,maar wil graag hoor:hoe hanteer julle die vervaldatum op geseëlde blikke Somchem kruit.Dan ook:gelaaide rondtes waar kruit vervaldatum bereik het nadat rongte aanmekaar gesit is?Gebruik vir jagdoeleindes!
Gooi kole!
-
- Hero Member
- Posts: 1822
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
- Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Re: Vervaldatum van kruit
Daardie vervaldatum is seker daar om enige eise na 10 jaar se onoordeelkundige storing te voorkom.
Ek het al ou kruit van die 1970's in die hande gekry en gebruik. Geen probleem. Kruit hou baie lank, as dit reg geberg word.
Wat kruit laat degradeer is oormatige vog en temperatuurskommelings. As die blik dus kan klam lug insuig of op die vensterbank sit waar die son hom elke dag bak en hy oornag afkoel, kan hy dalk na 10 jaar begin degradeer. Dieselfde geld vir gelaaide ammunisie. Hou hulle in 'n donker plek soos jou kluis en beheer die vog in die kluis. Dit help ook om roes op jou wapens te keer.

- Posts: 2470
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
- Location: Welgelegen
Re: Vervaldatum van kruit
Carel, daai ou blikke S321 is bitter gevaarlik, ek sal dit graag oorneem by jou!!
-
- Hero Member
- Posts: 1928
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Vervaldatum van kruit
Kruit wat goed gestoor is kan letterlik dekades oud word, dieselfde geld vir die meeste fabrieksammunisie. Ek het al Duitse WWII-ammunisie geskiet sonder enige klagtes.
Handgelaaide rondtes is 'n ander saak - handwapens sal ek dalk nog 'n kans vat, maar glad nie jagkalibers nie. Ek sou selfs van my eie ammunisie eers enkeles uitslaan as dit ouer is - die rede is omdat die rooi- en geelkoper chemies kan sweis, dan vat die skoot kortpad. Ek het al 'n kinetiese hamer stukkend geslaan op 'n eenvoudige .222-patroon. Wat sou daardie skoot met my geweer gedoen het?
Die algemene internetraad oor kruit is dat kruit nie verkleur mag wees nie, en ook nie klonte mag vorm nie. Ek weet van een toets wat al vir 40+ jaar gedoen word - dit is iets soos tien skote wat elke vyf jaar uit presies dieselfde blik gelaai word. Na veertig jaar is daar nie noemenswaardige verandering nie.

- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1736
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Vervaldatum van kruit
Ek het by builders vir my van elektriese dehumidifiers gekoop en sit hulle tussen my kruit en ammo. Ek was verbaas om te sien hoeveel vog hulle absorbeer. Jy recharge hom tot die kristalle so oranje kleur kry. As die kristalle blou groen is moet jy recharge. Ek glo vog speel n groot rol.
Maak 'n verskil
- Carel Kolesky
- Sr. Member
- Posts: 358
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
- Location: Mosselbaai
Re: Vervaldatum van kruit
By die see-so vog n groot probleem:plastiek roes hier!Geweersakke en bande muf in n kas.Ek nie op see ,maar diepsee-uitsig.Dis hoekom al die vrae.Dankie solank viralmal se insette!
Gooi kole!
- Jassie
- Hero Member
- Posts: 544
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
- Location: Prieska NK/Pretoria GP
Re: Vervaldatum van kruit
Ek kaap nou bietjie die draad, verskoon asb.Ds J wrote: ↑Sun Apr 06, 2025 6:24 pm Ek sou selfs van my eie ammunisie eers enkeles uitslaan as dit ouer is - die rede is omdat die rooi- en geelkoper chemies kan sweis, dan vat die skoot kortpad. Ek het al 'n kinetiese hamer stukkend geslaan op 'n eenvoudige .222-patroon. Wat sou daardie skoot met my geweer gedoen het?
Ek vind dat die kleiner kalibers en meer waarskynlik ook die ligter koeëls van 'n kaliber, baie moeiliker met kinetiese hammer uitkom.
Met groter kalibers en swaarder koeëls sukkel ek minder.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
- Hero Member
- Posts: 1822
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
- Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Re: Vervaldatum van kruit
Ek het ook al hierdie ervaring gehad met bv. 223 patrone. Weens die lae massa van die koeëls en die beter greep van 'n klein diameter nek, is die kleiner kalibers besonders moeilik om te trek met 'n kinetiese hamer. Ek het al 2 van hulle beskadig op die manier, om nie te praat van die blase op my hande nie.Jassie wrote: ↑Mon Apr 07, 2025 5:57 amEk kaap nou bietjie die draad, verskoon asb.Ds J wrote: ↑Sun Apr 06, 2025 6:24 pm Ek sou selfs van my eie ammunisie eers enkeles uitslaan as dit ouer is - die rede is omdat die rooi- en geelkoper chemies kan sweis, dan vat die skoot kortpad. Ek het al 'n kinetiese hamer stukkend geslaan op 'n eenvoudige .222-patroon. Wat sou daardie skoot met my geweer gedoen het?
Ek vind dat die kleiner kalibers en meer waarskynlik ook die ligter koeëls van 'n kaliber, baie moeiliker met kinetiese hammer uitkom.
Met groter kalibers en swaarder koeëls sukkel ek minder.
'n "Collet" tipe koeël-trekker werk gewoonlik beter, mits daar genoeg vatplek is vir die "collet". Selfs met hierdie tipe gebeur dit maklik dat mens die "Collet" so styf moet klamp dat jy die koeël induik, voordat hy wil beweeg.
Daar is verskeie faktore wat help dat 'n koeël homself in die dop se nek "vas sweis" (galvaniese korrosie). Sekere fabrikate se "resizing lube" is al beskuldig daarvan dat hulle die proses aanhelp. So ook silwerskoon doppe. Soms is dit wenslik om nie die nek se binnekant blink skoon te maak nie. 'n Dun oksidasie/koolstof lagie kan dalk net die nodige grenslaag vorm wat die tipe galvaniese korrosie voorkom.
Fabrieksammunisie is doppe en koeëls is gewoonlik blink-skoon as hulle gelaai word, aangesien hulle selde deur mense se hande aangeraak word. Waar daar nie 'n seëlmiddel in die nek aangewend word soos by sommige militêre ammunisie nie, sou die skoon kontakoppervlakke tussen nek en dravlak waarskynlik meer geneig wees tot galvaniese korrosie.
Net vir die interessantheid, meeste moderne "bonded" koëls se loodkern en kopermantel word koud aanmekaar gesweis. Die vervaardiger plaas bloot 'n druppel suur (of tipe vloeimiddel) in die mantel en pers dan die kern in. Met verloop van tyd veroorsaak die suur korrosie van beide oppervlakke, wat maak dat hulle aan mekaar verbind. Dis amper dieselfde as 2 voorwerpe wat aan mekaar vas roes. Teen die tyd wat die komponente of ammunisie by ons uitkom, is die verbinding so sterk dat jy nie meer die 2 metale uit mekaar kan trek met gereedskap, of met impak op die buffel nie.
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2778
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Vervaldatum van kruit
Dit is so … .223 met 50/55 gr is klip hardegat met ‘n kinetiese hammer. Vars gelaai of oud gesweis!
Kan ook insien dat ‘n 40gr moontlik erger kan wees, minder momentum met kapslag. Het nog nie self probeer nie.
Beste.
Kan ook insien dat ‘n 40gr moontlik erger kan wees, minder momentum met kapslag. Het nog nie self probeer nie.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 