Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vandag bietjie "gegoogle" op soek na voorslae vir my sweep. Kry niks, nie eens 'n verwysing na iemand wat jy kan bel nie. Daar is 'n paar forums wat die topic op het maar niemand wat voorslae maak nie.
Weet iemand van iemand?
Ek het die sweep en spaar voorslae so 15 jaar terug gekoop in Stellenberg ( Bellville ) by 'n ou met 'n klomp mooi swepe en het ook sy kaartjie gevat maar die nommer was lank nie meer in gebruik nie.
Ek soek ook 'n egte gevlegde sambok wat van sy vashou tot punt gevleg is. Die dag met die sweep koop was my geld nie genoeg om 'n sambok ook te kon koop nie en vandag is ek spyt. Ek sal graag die man weer in die hande wil kry want my sweep is van die tipe wat jou kinders eendag erf.
Nog 'n vraag vir die ingeligdes. Wat is die verskil tussen 'n gebreide vel en 'n gelooide vel? eers genoemde is blykbaar beter vir voorslae as die gelooide vel.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Velle looi is wat taksiderme en velle plekke doen in die drom gaan nie verduidelik die proses ken ons lamal. Om n vel te bry is soos as die volk op die plaas vel vat en lang rieme sny en in die boom ophang met n swaar klip onderaan, Hulle wen hom dan op en af soos hy droog word, die proses maak die rieme baie sag en sterker.
Hoop jy maak uit wat ek bedoel.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Dit is seker nie die antwoord wat jy soek nie, maar dit werk vir my. Het ook voorslae gesoek en as ek dit gekry het dan slaan ek dit af binne daardie selfde maand. Gebruik huidiglik nylon wat jy opsit op randsnyers. Jip... dai dikkes. Hulle slaan nou vir jou 'n bars hou en hulle is oral beskikbaar. In Namakwaland weergalm daar maar min dinge, maar dai voorslag doen!
Groete
Jacques
.243 Howa Hogue Heavy Barrel
22-250 Steyr Manlicher
30-06 Parker Hale
.303 P14 Sport
Ek het Januarie maand gaan mense werf anderkant Queenstown ( Covimwaba ) en daar so kontrapsie gesien wat met pale soos block&taclke gemaak is met die opgewende stukke vel. Wou nog foto neem om te vra wat dit is en het in die haas nie gedoen. Nou weet ek wat dit was. Ek het daar 3 swepe gekoop vir die seuns en skaapwagters en @ R 30 elk was dit 'n bargain. Hulle is rof gemaak maar werk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ek het 3 Eland velle wat ek wou laat looi maar die plek in die Paarl het toegemaak. Sal hulle werk om gebrei te word? Ek kan seker so ding soos daai maak. Hoe kom/haal ek die hare af?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
As jy ooit rieme vir plaaswerk soek dan is dit van hulle wat jy kry jy kan nie glo hoe sterk daai rieme word van so bry nie. Lank terug het ons selfs die rieme in Botswana gebruik om trokke en bakkies wat gebreek het of in duksand vassit met hulle uit te trek. Die rieme is net skaars en min mense wat nog kennis het van dit maak.
Wat die eland velle betref sover ek weet sal hulle baie goed werk, jy moet hulle maar net in die lengtes en duktes sny wat jy die rieme wil he, los dat hulle droogword dan hulle vasmaak aan die gewig onder en bo in die boom opwen en laat los dat self afwen tot hulle sag word. Die hare sal self uitval met die brei.
Groete
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Hi
Dis hoe ons rieme gemaak het toe ek 'n seun was -
Ons het die velle in die suurwater van dikmelk(wei), in dromme laat l? totdat die hare afgaan. Jy l? dan die vel oop en begin dan aan die buite kant om die riem te sny al in die ronte +- 3cm breedte. Dit moet een lang riem wees van buite tot in die middel.
Ryg dan die riem deur jou gewig en oor 'n boomtak. Begin hom opwen so styf as moontlik en trek dan jou hout uit sodat dit self afwen. Wanneer die riem begin vorm en rond word, is dit met vet gesmeer wat later vervang is met olie.
As daar nog mense is wat voorslae soek vir hulle swepe - ek kan vir julle kry. My pa gebruik baie daarvan op die swepe wat hy maak. Dis koedoeleer. Bosbokvel wat gebrei is werk die heel beste. Het ook gehoor van Duiker vel, maar nog nie self ervaar nie. Dun nylon tou met 'n knoop so 30mm van die punt af, met die punt losgetorring, werk fantasties, maar 'n regte sweep moet maar net 'n leer of riempie voorslag kry. Die koedoeleer wat my pa gebruik gaan deur 'n spesiale looi proses wat net een looiery in SA nog doen, en tans spesiaal vir my pa doen (hy koop darem so 40 tot 50 velle op 'n slag aan by hulle, wat dit vir hulle die moeite werd maak om dit spesiaal vir hom te looi).
Ek dink my pa weet iets van swepe vleg, want hy het vroeër vanjaar sy 21 000ste sweep gemaak. Ja, reg gelees ! 21 000 swepe self & aleen met die hand gemaak. Dis sy stokperdjie en sy trots.
Foxcreek,
ek is bly dat ek oom Hennie Greyling van Somerset-Oos vandag (2025-03-03) nog in die hande kon kry. Hy maak nog steeds swepe, en dit is 'n waardevolle vaardigheid!
Sako75,
ek het ook oom Tossie Ferreira opgespoor! Jy het destyds genoem hy woon in J'baai. Hy doen ook nog steeds swepe.
Attie Bedeker,
doen jou Pa ook nog swepe? Wat is sy kontakbesonderhede?
In Pretoria is belangstelling om die kuns te bemeester, en dit is besonders dat ons jongmense dit wil aanleer.
Sal nog iemand belangstel om 'n kursus in sweepvleg te doen in Pretoria omgewing?
Om n vel te looi is n "chemiese" proses. Mens brei n vel deur dit herhaalde kere oor n stomp balk te trek, heen en weer, vir dae lank. Voor jy kan begin brei moet die hare eers af gehaal word. Party mense gooi die vel melk, ander begrawe die vel in nat grond.
Die beste velletjie vir voorslae is n duikervel. Bosbokvel is bietjie te dik.
Ons praat van n karwats en n sweep. Elkeen bestaan uit 4 dele: stok, gevlegde deel, agterslag en voorslag.
n Sweep, was in die ou tyd veral by ossewaens gebruik en diè se stok is gewoonlik n ligte bamboesstok met 10 litte. Die gevlegde deel is 10-11 voet lank en dunner as n karwats se gevlegde deel. Die agterslag is n dikkerige, sterk riem van omtrent n voet en half.
Die kuns en netheid waarmee die agterslag aan die gebreide deel geheg (in gesplit) word, wys hoe goed die persoon is wat die sweep/karwats vleg. Dan kom die voorslag van duikervel, omtrent twee en half voet lank.
n Karwats ( wat die meeste mense n sweep noem) se stok is 2 voet lank, gewoonlik swart olien. Die gebreide deel is 4 voet lank en dikker as n sweep se gebreide deel. Die agter- en
voorslag van n karwats en sweep is omtrent dieselfde lengte.
Ek sal n paar foto's neem.
Om rieme te maak, soos in die foto's met die gewigte, is afrikanerkoei se vel die beste omdat dit oral ewe dik is. Die hele vars geslagte vel word in n enkel strook van omtrent 4 duim gesny. Dan is jou rieme so 2 en n half duim dik as hulle klaar gebrei is. Die proses is soos paar manne klaar verduidelik het. Dit is net belangrik dat die rieme verskuif word, sodat die deel wat oor die tak en deur die gewig
is, ook gebrei word.
Ek het nog n paar ou afrikanerkoeie en gaan einde van die jaar een se vel gebruik om n batch rieme te maak.
Die sweep vaarvan ek foto's plaas, is omtrent 100 jaar oud en nog so goed soos nuut.
Die karwats het ek in die laerskool gekry en seker 45 jaar oud.
My pa en oupa het geglo jy smeer jou karwats en sweep met uitgebraaide skaapvet sonder sout.
Bogenoemde is soos ek grootgeword het en soos ek dit ken.
Mooi aand.
Ek sal foto's neem en opsit.
Nog n voorslag vraag: As my sweep vir lank gele het slaan ek sommer voorslag af binne eerste paar houe. Is daar maniere om leer voorslag langer te laat hou vir n geleentheids lisensie sweepslaner soos ek?