Kos vir langs die see… hengel

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter

Moderator: Global Moderator

Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Kos vir langs die see… hengel

Post by JohanvB »

Was nou paar dae in Henties, het see maar sleg gevang met Hoë deinings, rooi gety en swael, maar dis die natuur.. steeds lekker gewees, groot voorreg!!

Maar, elke dag klomp brood met peanut butter en jam broodjies! Al daai stysel is mos sleg vir ‘n mens maar tog die maklikste “kos” om in te pak..

Watter ander alternatief het julle om weg te kom van die broodjies en stysel??

Braai langs die see is nie ‘n opsie nie

Ek luister graag.

Dankie
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2635
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by alecjohnson »

gesnyde vrugte soos waatlemoen spanspek, mango dit kan egter lekker swaar raak, tuna met volkoring broodjies van provita ; neute mengsel van jou eie gunsteling met droëwors en 'n stukkie biltong vir later of gekookte eiers, frikadelle en een wat ek baie van vergeet en afskeep is springmielies, vat baie plek maar kan lank knibbel aan 'n koppie pitte wat gepop het. Wat ek ook baie inpak werk toe, is rolled oats(1koppie met 2 koppies water gekook vir 20 min met kaneel poeier en sout) skep daai uit en sit twee lekker eetlepels grondbone botter oor en so 'n eetlepel heuning oor.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by ZKK »

Iets wat vir my baie prakties werk is pizza.
Bestel pizza die vrydag, sit defintief ekstra kaas by.
In die yskas, en Saterdag oggend in n kosblik.

Werk net makliker as dit reen of wind waai as brood.
Dalks n goeie idee om maar van hoender af weg te bly, veral as jou boks bietjie warm word.
Ek klap gewoonlik die regina, nie veel wat n man kan siek maak nie
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by JohanvB »

Ons wil so vêr moontlik weg beweeg van stysel af
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm
Location: RIEBEECKSTAD

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by avo »

drinking jogurt is jou vriend. jy kan self oats ingooi as jy wil.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13020
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by Capt. Yoda »

Ja nee klink of julle manne op n date gaan, drinking yoghurt en n paar energy bars of n stuk bilting en dan bier vir brunch.
More ogend gaan jy elk geval vanaand se oorskiet braai vir ontbyt eet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by Eduard Venter »

Kry vir julle lekker geelvet biltonge daar by Hartland Slaghuis in Henties. Ek was nog nooit self daar nie, maar my bek water as ek hulle fotos sien!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Location: Wilde Weste (Somerset-Wes)

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by finch »

Klink of uitgedroogte see bamboes met vegan botter en rou heuning net die ding is wat julle soek... Spot net.

Een van die hoof redes hoekom ek maar draf en oefen is sodat ek nog steeds kan lekker eet. Sterkte my raad gaan julle nie help nie. Een raad wat wel vir jou kan gee is n fles koffie (met n beskuitjie vir die wat nie bang is vir stysel nie) by die see is n moet !
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1950
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by sako 30-06 »

Bier, biltong en chips, as jy fancy wil wees neute.
Dis mos maar soos jag, so dieselfde reels geld.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by JohanvB »

Neeeeee! Julle help nie ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2079
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by Supacow »

1xhard gesoute bokom
Dan drink jy jou dik aan die water
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 761
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Location: Windhoek

Re: Kos vir langs die see… hengel

Post by Witpietskiet »

Braai net genoeg vleis die vorige aand, koue braaivleis loop mooi die volgende dag saam met n paar yskoue Tafel Lagers...
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Post Reply

Return to “Resepte”