Einde Julie het my 6jarige dogter haar eerste bok geskiet.
Ons was naby Jankempdorp op ons jaarlikse boogjag trip waar sy haar koper springbok met 'n kruisboog geskiet het. Sy het een skoot geskiet, en die bok is plat na 'n kort bloedspoor!

Daar is reeds nog 'n .243 in proses wat sy mee kan aangaan...
2 Weke gelede gee ek my jongman die .204 en dial hom vir 400m op 'n jakkals gong. 8 skote na mekaar, en almal raak, toe weet ek hy is gehook op groot gewere na hy al lank met die Daisy en windbuks oefen.
Maandag was ons in die Kalahari naby Koës in Namibie besig met 'n kuier by 'n pel van my, toe hy sy .25Koevoet in my 4 jarige lat se hande druk en sê hy moet gou paar gonge skiet. Sonder om te mis skiet hy die gonge, en my Maat sê ons moet 'n draai ry en kyk vir 'n bok. Ons kry ou 'n springbok ooi wat rustig wei en die man skiet haar plat op so 180m!

Ek is bitter trots op die 2 kinders van my, en sal seker nou nog 'n geweer moet koop
