Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Eduard Venter »

Dagsê. Is hier iemand wat bogenoemde gebruik. Enige advies en voorstelle sal waardeer word. Ek het nou nie R100k om op so iets te spandeer nie. Ongelukkig gaan die werkers ook met hom ry om bokke op te laai, beeste te kyk en lekke te gooi ens.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1466
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Giepie »

My 1ste vraag wat op gekom het, wat is die terrein waarin dit gaan ry? Bergagtig of vlakte, klipperig of sand, ens. Wat se bokke moet opgelaai word? Ek neem aan rooibok tot blesbok grootte, want koedoe en bwb gaan te groot wees.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Eduard Venter »

Dis maar plat bosveld. Geen klip of sand nie. Bokke oplaai sal meestal rooibokke en varke wees maar dit sal handig wees om koedoes ook op te laai met sleepwa. En dan meer gereeld sal hy beeste toe ry met so paar sakke lek



Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1928
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Ds J »

Ek weet van verskillende boere wat 'n ruk met die vier-wiel motorfietse gewerk het en later weer bakkies begin gebruik het.

Die redes was onder andere beweeglikheid oor swaarder terrein, beperkte laaiplek en -gewig, en onderhoud. Nog 'n saak was die gebondenheid aan die plaas - dis moeilik om gou na die buurman toe te ry.

Net so weet ek van enkele boere wat dit vir hulle werkers gekry het, maar dit was op kleiner plase met intensiewe boerdery.

'n Handige tussenganger wat dalk kan werk is die nuwer geslag vier-wiel "bakkies" - basies soos n vierwiel motorfiets, maar met 'n laaibak en 'n dakkie.

Toe ek n motorfiets vir ons harde paaie wou kry het n hele paar kundiges dieselfde raad gegee. Ek is seker dit kan jou ook help:

- Kry iets met 'n sterk enjin want 'n kleiner enjin werk te hard
- Maak 'n goeie plan om pap wiele te voorkom of te herstel.
- Diens en onderhoud is regtig belangrik.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3007
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Apie »

Ons het laasjaar gejag waar die recovery manne met 4wiel motorfietse ry en die bokke kom laai met so lekker lang plat waentjie.

Ek sal my fotos bietjie deurkyk of ek kan sien watse fiets dit was.

Het bitter goed gewerk. Tot ‘n eland koei en jong bul ook gelaai!


Sent from my iPhone using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by JohanvB »

Hallo Eduard

Ek het vir my Die Honda Fourtrax Rancher 420 gekoop vir jag.. dit was 2018, puik fiets..

Die boer waar ek jag het 2014 dieselfde fiets gekoop, hy het nou al 50 000 km op, daai fiets werk elke dag in Steytlerville se berge, 5 blokke lek agter op vir die skape..nog geen noemenswaardige probleme nie, ja bande hou so 9000km in daai berge..

Ja die fietse is maar baie handig en sterk.

My aanbeveling gaan wees jy moet koop wat naby aan jou is vir dienslewering, help nie jy koop iets en jou naaste diens sentrum is 500km weg nie

Maar ja bitter bitter handig
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by JohanvB »

So lyk my myne, drie ramme pas mooi agter in die vleisbak
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by JohanvB »

IMG_5388.jpeg
So lyk hy
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Eduard Venter »

Dankie Ds, dis alles goeie punte om oor na te dink. Die motorfiets gaan darem nie van die plaas af hoef te ry nie.

Apie, ek ken daai sleepwaens. Dit werk besonder goed. Een plaas waar ek jag het 'n Chinese motorfiets met die sleepwa. Ek het al 'n buffel gelaai daarop. Baie handig! Ek sukkel wel bietjie om Chinese kwaliteit te vertrou daarom hoor ek maar bietjie hier vir ander manne se ondervinding

Johan, baie dankie! Dis nou goeie terugvoer en lyk of dit net die ding kan wees

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1200
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Nylstroom

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Toxxyc »

Mens kry vandag fantastiese masjiene wat tot 4WD loop, en loop op baie stil diesel enjins. Dis dalk iets om na te kyk. Jy gaan sukkel met die jagtery as jy vir jou 'n 650 Bombardier aanskaf...

Hier by ons op die dorp is ouens wat tweedehandse motorfietse verkoop, en daar staan gereeld 'n paar mooies. Kom kuier, dan wys ek jou!
Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Thunderhead »

Die goue vraag is wat kan jy of wil jy spandeer? Ek het n Linhai 260 2wd gebruik vir ligter plaas werk drade check water check ect. Baie goed gewerk jy kan van hulle 2nde hands kry vir onder 20k. Honda is my nr1 maar is groot prys verskil.Ek ook gevind vir een of ander rede hou goed langer as ek dit self gebruik en nie my helpers nie😋
Eduard Venter wrote: Thu Jan 09, 2025 9:15 pm Dankie Ds, dis alles goeie punte om oor na te dink. Die motorfiets gaan darem nie van die plaas af hoef te ry nie.

Apie, ek ken daai sleepwaens. Dit werk besonder goed. Een plaas waar ek jag het 'n Chinese motorfiets met die sleepwa. Ek het al 'n buffel gelaai daarop. Baie handig! Ek sukkel wel bietjie om Chinese kwaliteit te vertrou daarom hoor ek maar bietjie hier vir ander manne se ondervinding

Johan, baie dankie! Dis nou goeie terugvoer en lyk of dit net die ding kan wees

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2107
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Malan123 »

Eduard, jy gaan miljoen verskillende antwoorde kry. Budget gaan maar jou besluit beinvloed. Ek het Linhai side by side gehad - hy het so 2 jaar gehou toe seize sy motor.

Ek glo in buy once, cry once. Het met polaris groot geword en het toe 'n 2de handse fiets gekoop. In my opinie gaan min quad bikes by die polaris kom. Mens kry gereeld 2dehandse fietse
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Eduard Venter »


Thunderhead wrote:Ek het n Linhai 260 2wd gebruik vir ligter plaas werk drade check water check ect. Baie goed gewerk
Dis juis die een wat my buurman het en hy sê dit werk mooi, maar goed breek maar en mens moet regmaak elke nou en dan. Nou wonder ek net of die duurder masjiene nie dieselfde storie gaan wees as die werkers dit gebruik nie?

My aanwending is meestal dat die werkers dit gaan gebruik om draad te kyk, 'n sak lek beeste toe te vat ens wanneer ek weg is op jagte. En dan 'n bonus sal wees as ons wild kan oplaai met 'n sleepwa wanneer ons hier jag. Ek het nie 'n plaasbakkie nie, net my eie wat ek nie die werkers toelaat om te ry nie. En die trekker is net vir groot werk. Hierdie moet die gaping toemaak.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Eduard Venter »

Toxxyc wrote:Mens kry vandag fantastiese masjiene wat tot 4WD loop, en loop op baie stil diesel enjins. Dis dalk iets om na te kyk. Jy gaan sukkel met die jagtery as jy vir jou 'n 650 Bombardier aanskaf...

Hier by ons op die dorp is ouens wat tweedehandse motorfietse verkoop, en daar staan gereeld 'n paar mooies. Kom kuier, dan wys ek jou!
Die jag is darem nie die hoof doel van die motorfiets nie, daarvoor het ek 'n bakkie wat lekker kan diesel bekruip!Image Maar ja ek skuld jou beslis 'n kuier

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1928
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Ds J »

Een van die boere hier by ons het na al die soorte hartseer en grys hare 'n stel donkiekarre en donkies aangeskaf vir die plaaswerkers. 'n Donkie staak nie, brand nie uit nie, word nie gesteel nie, kan basies nie breek nie, loop sonder 'n battery en kos nie brandstof nie ;) .
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2076
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Koos Barnard »

Eduard ek het self 'n vierwielfiets gebruik vir 'n tyd en wat jy ook al koop maak seker dat die bande se loopvlak nie te dun is nie. Ek het aan die begin baie papwiele gekry bloot omdat die bande te dun was en die dorings en klippe te maklik gate daarin gesteek het. Ek het 'n Suzuki Eiger gehad, 400cc en groot goed met hom gelaai. Dis 'n wonderlike tuigie om te gebruik. Kry net geskikte veldry-bande.Mooi loop
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by JohanvB »

Menss waar ek jag se seun het een van die Polarisse, groot fiets...maar hy staan...parte blyk 'n probleem te wees.

Bande..kry maar Kendra..hulle kan...
Carel-Chris
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am
Location: Pretoria

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Carel-Chris »

Ons gebruik tans so iets op die plaas:
https://www.samotorcycles.co.za/loader-200
motorfiets.png
Ons is baie tevrede sover, nou al omtrent 2 jaar.

Sien hulle ook deesdae gebruik vir instandhouding op Gholfbane hier in die stad
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br

Superbru kampioen 2023
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 945
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Location: Boksburg

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Gerhardu »

Ekt n Yamaha van my vrou wat net staan. Sou jy belangstel.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1423
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Eduard Venter »

Gerhardu wrote:Ekt n Yamaha van my vrou wat net staan. Sou jy belangstel.
Stuur asseblief vir my fotos en inligting dan kyk ons

Nul723345015

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1466
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Giepie »

So bietjie kontak gehad met boere in Oos-Kaap. Die een het al die quads verkoop en met gewone bakkies vervang. Hy sê die onderhoudskoste op bakkies is baie goedkoper. Al 4wiel wat hy hou is 'n John Deere "gator?" wat orals loop, maar wat duur uitwerk. Net hyself of sy seun ry dit.

Ander vriend van Zeerust het 'n Rhino waarmee hy oral ry, ook sleepwa hak vir groter diere. Maar as dit breek is die herstel duur en herstelwerk vat lank.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Location: Sunland

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by Basjan123 »

Kyk bietjie na hierdie web tuiste katbatt.co.za. Hierdie manne vervaardig elektriese karre wat op die plaas gebruik kan word. Baie min onderhoud en hy is redelik werker bestand. Maak gerus kontak met die manne. Vir manne wat battery soek hulle doen uitstekende werk.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2077
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Location: Laeveld

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by vossie1 »

Eduard my persoonlikke opienie is Honda fourtrax of Yamaha Grizzly, ek het n 350 gehad en hy het low range en reverse gehad wat belangrik was, onthou as die volk met daai ding ry kan hulle lekker seerkry, n vierwiel in die verkeerde hande is n doodskis. As jou begrooting so bietjie meer was dan sou ek kyk na n side by side maar jy gaan hoes en dienste is duur.
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 173
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Location: Limpopo

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Post by kwagga »

Ek het 2 Honda 350’s wat 2006 modelle is - nog so goed soos nuut na amper 20 jaar.
Jy kan HONDA RINCON 650/680 optel vir nog onder R70k.
Ek glo in Japanees…..
Post Reply

Return to “Vierwielmotorfietse/Quadbikes”