Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Wouter Roets »

Thunderhead

Dit is n absolute miskonsepsie dat solids beter doen deur n bos as n soft. Dit is al oor en oor bewys. Daar is geen maar geen koeel wat ek van weet wat nie onderhewig is aan defleksie deur takke nie. Vervorming is n ander storie, maar n solid wat nog lyk soos jy hom gelaai het maar 40cm van die mikpunt af weg is beteken niks.

Verder praat ons hier van n eerste skoot waar n oop skoot so ver as moontlik gekies word. Ek se nie n takkie kan nie raakgesien en per ongeluk getref word nie, maar dan kom my eerste punt weer na vore. Maak nie saak hoe ryg dit is nie jy skiet jou eerste skoot net as jy seker is van hom.

Ons praat hier van softs en as ek so daarna verwys dan praat ek net van premuim softs wat oor die algemeen baie naby aan 100% gewigretensie behou. Hierdie koeels se penetrasie is nie ver van die oorspronklik rondeneus solids nie. As ek moet n waarde daaraan gee is dit in die omgewing van twee derdes na n driekwart. Dit is oor as genoeg as jy vat die 375 se gemiddelde penetrasie is hier by die 2m in lewendige meduim met n solid. So op n frontale skoot op n buffel kyk jy na n gemaklike 1m en meer penetrasie. Geen vital sit dieper as dit nie.

Nou ek het dit al hier gese en ek gaan dit nou maar weer se. Die 375 is vir my marginaal vir buffel. Daar is vir my n beduidende verskil op n dier se reaksie as hy op dieselfde plek geskiet word met groter kalibers. Ek kan dit nie wegpraat of miskyk nie. Daar is eenvoudig net vir my net te veel lewe in n buffel nadat hy n perfekte skoot vanaf n 375 gekry het. Vir hierdie rede soek ek n koeel wat soveel as moontlik permanete skade aan die vitals maak. Ja solids het baie ver gekom in die departement, maar hulle is nog nie by n oordentlike soft nie. Jy kan ook nie voorspel of staat maak op goed soos n tydelike wondkenaal en die hidrostatiese effek wat dit wel mag he nie. Al beheer wat jy het is oor jou keuse van koeels wat so groot as moontlike permanente wondkenaal maak en dit is hoekom ek maar altyd n premuim soft aanbeveel.

Nou ek het al menigde aande om n kampvuur met PH'e spandeer en een ding wat ek amper soder twyfel opgelet het is die reuse onkunde as dit by goed soos koeels kom. Ja hy weet n solid maak sis en so maar bitter min van hulle het kennis oor die verskilende tiepe solids en hulle uitwerking. Hierdie geld nog meer vir softs en ons almal weet daar is n wereld se verskil tussen die verrigting van die verskillende softs op die mark. As ek met hulle begin praat oor inpaksnelhede op dieselfde koeel dan kry die manne nog n snaakser frons op die voorkop en gooi vir hom nog n groter kap uit jou whiskey bottel. Die punt wat ek probeer maak is dat ek nog bitter min PH'e sowel as jagters gekry het wat n fondamentele verstandhouding het oor terminale gedrag van koeels en dit veroorsaak dat die mense se raad baie basies raak. Ja daar is manne met ongelooflike ervaring maar met min kennis oor hoekom hy tot sekere gevolgtrekkings gekom het.

John askuus hierdie draad gaan oor jul ongelooflike jagervaring en die laaste ding wat ek wil doen is om enige iets daarvan weg te neem. As jy eigsins voel hierdie verloop van die gesprek doen afbreuk daaraan skree asb dan skuif ek die na n nuwe hofie.

Groetnis
Wout
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by skollie »

Is 'n lekker besprekingspunt - Solids/Softs op buffel

Hierdie was my eerste Buffeljag en ek het al my beplanning rondom softs gedoen, nie eers solids oorweeg nie. Ek het klomp SBC 300gr gelaai en so paar dae voor die vertrek, sê die PH vir my daar is ook kans vir PAC Olifant en ek moet solids daarvoor saambring.....

Op die eerste "stalk" vra ek vir die PH of ek 'n soft moet laai gevolg deur solids in die magasyn. Hy sê toe hy sal verkies dat ek solids laai agv die ruigtes, maar dit bly my keuse. Ek het toe met soft gelaai gevolg deur solids.

Ons het in die eerste 3 dae baie kanse gehad op Bulle, maar die Mopani was net te ruig en ek het nie gemaklik gevoel met 'n skoot deur die bosse nie. Op dag 4 het ons baie hard gewerk om naby 'n Duggaboy te kom, spoorsnyers en PH het hulle deel gedoen en PH sê ek moet skiet wanneer ek gemaklik voel...... Weereens het ek nie die skoot gevat agv takke wat voor my was en die bul is kort daarna weg.
Oppad terug kamp toe vra die PH vir my hoekom ek nie gemaklik was om die skoot te vat nie, ek het verduidelik en hy sê toe dit is goed so en verkies dat ek nie moet skiet as ek nie gemaklik is nie.
My vraag toe aan hom was, sou hy geskiet het....... Sy antwoord was ja, maar hy is heelwat korter as ek en het nie takke gewaar nie.
Ek het nogal sleg geslaap daai aand want ek kon voel die manne was bietjie afgehaal oor ek nie geskiet het nie....... Volgende dag besluit ek, PH weet baie meer as ek en het die praktiese ervaring, ek sal maar kans vat deur digte bos (blare) met solid.
Ons kry toe die Buffel in die oopte en ek skiet met die solid...........

Vraag bly staan, sal ek dit weer doen........ Ja, as die PH dit aanbeveel.
As die PH softs aanbeveel, sal ek soft skiet en anders om.
Ek is die kliënt en die besluit lê by my, maar ek kan ook nie die PH se aanbeveling ignoreer nie.
Soos Tau ook sê, ek glo nie 'n soft sou "beter" presteer het op daardie spesifieke skoot nie....... Buffel is in die sout, en ek is dankbaar en tevrede

Sent from my SM-S916B using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by DWB »

Welgedaan Manne! Lekker om weer 'n goeie bespreking ook te hê!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by tau »

Wouter Roets wrote: Tue Jan 07, 2025 9:24 am
John askuus hierdie draad gaan oor jul ongelooflike jagervaring en die laaste ding wat ek wil doen is om enige iets daarvan weg te neem. As jy eigsins voel hierdie verloop van die gesprek doen afbreuk daaraan skree asb dan skuif ek die na n nuwe hofie.

Groetnis
Wout
Nee man die gesprek voel weer soos ou Jaracal waar ervarings en feite gedeel word.

@ Karl Stumpfe moet nou die .375 se eer kom verdedig dan sal die gesprek nog beter raak :)

Wouter om jou punt te versterk en dan teen jou argument te draai. Baie PH se kennis/noodsaak in spesifieke koeëls is baie minder belangrik vir hulle as vir ons. Ek gaan hieruit neem dat uit hulle ervaring weet hulle dat selfs die beste koeël en kaliber soms nie 'n Buffel dood nie.

In hierdie geval as Skollie sy buffel 17;30 geskiet het sou daar nie opvolg skote gewees het nie. Die Buffel kon klinies nie meer loop of "ontsnap" nie en in beter lig toestande sou ons dit kon uitwag.

Kom ek verdedig die keuse vir soft as eerste skoot. Wat as sy eerste skoot bietjie van koers was. Jy weet 'n full frontal skoot na 6,8km se stap kan maklik 5 cm links of regs wees en dan mis jy die hart. Sou 'n sft hom dan gedood het ? Nee ek glo nie. Sou hy meer gebloei het? VErseker en dan sou ons hom hopenlik makliker kon volg.

Jag bevat altyd mates van risiko of "kanse wat jy vat". Soms werk dit pragtig en jou keuse om die roete te volg klink mos dan maklik. Ander keure is die nagevolge slegter.

Maak ons nie teveel van koeels nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by tau »

skollie wrote: Tue Jan 07, 2025 9:29 am Is 'n lekker besprekingspunt - Solids/Softs op buffel

Hierdie was my eerste Buffeljag en ek het al my beplanning rondom softs gedoen, nie eers solids oorweeg nie. Ek het klomp SBC 300gr gelaai en so paar dae voor die vertrek, sê die PH vir my daar is ook kans vir PAC Olifant en ek moet solids daarvoor saambring.....

Op die eerste "stalk" vra ek vir die PH of ek 'n soft moet laai gevolg deur solids in die magasyn. Hy sê toe hy sal verkies dat ek solids laai agv die ruigtes, maar dit bly my keuse. Ek het toe met soft gelaai gevolg deur solids.

Ons het in die eerste 3 dae baie kanse gehad op Bulle, maar die Mopani was net te ruig en ek het nie gemaklik gevoel met 'n skoot deur die bosse nie. Op dag 4 het ons baie hard gewerk om naby 'n Duggaboy te kom, spoorsnyers en PH het hulle deel gedoen en PH sê ek moet skiet wanneer ek gemaklik voel...... Weereens het ek nie die skoot gevat agv takke wat voor my was en die bul is kort daarna weg.
Oppad terug kamp toe vra die PH vir my hoekom ek nie gemaklik was om die skoot te vat nie, ek het verduidelik en hy sê toe dit is goed so en verkies dat ek nie moet skiet as ek nie gemaklik is nie.
My vraag toe aan hom was, sou hy geskiet het....... Sy antwoord was ja, maar hy is heelwat korter as ek en het nie takke gewaar nie.
Ek het nogal sleg geslaap daai aand want ek kon voel die manne was bietjie afgehaal oor ek nie geskiet het nie....... Volgende dag besluit ek, PH weet baie meer as ek en het die praktiese ervaring, ek sal maar kans vat deur digte bos (blare) met solid.
Ons kry toe die Buffel in die oopte en ek skiet met die solid...........

Vraag bly staan, sal ek dit weer doen........ Ja, as die PH dit aanbeveel.
As die PH softs aanbeveel, sal ek soft skiet en anders om.
Ek is die kliënt en die besluit lê by my, maar ek kan ook nie die PH se aanbeveling ignoreer nie.
Soos Tau ook sê, ek glo nie 'n soft sou "beter" presteer het op daardie spesifieke skoot nie....... Buffel is in die sout, en ek is dankbaar en tevrede

Sent from my SM-S916B using Tapatalk
Man ek het die PH vertel jy is eintlik 'n sniper so hy het volle vertroue in jou skootplasing gehad.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Wouter Roets »

John

Jou vraag of ons nie te veel van koeels maak nie, is my antwoord met hierdie jagte spesifiek is dit van meer belang as met enige ander vorm van jag.

Om iets te beleef is nie te se jy verstaan wat gebeur het nie. Ondervinding is net een komponet van kennis. Kennis is n die alomvattende konsep en een wat uit n magdom komponente bestaan and dare I say it, nooit ten volle gerealiseer word nie.

Groetnis
Wout
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by skollie »

Wouter........ Baie mooi saamgevat en verduidelik, met almal se insette kan ons hopelik vorentoe meer ingeligte besluite neem as dit by jag kom.

Sent from my SM-S916B using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Eduard Venter »

tau wrote:Maak ons nie teveel van koeels nie?
Dis dan juis die lekker deel om oor te gesels om die vuur! Maar ja as ek 'n jagter het wat nie so baie daarin belangstel nie stel ek Barnes voor en ons jag 'n lekker buffel met groot sukses! Dis nou Amerikaners, ons het net sulke goeie plaaslike punte.

Toe ek begin PH het, was solids, softs, kalibers ens die bespreking wat ons almal opgewonde gehad het. So 50 buffels in die sout later, het ek agtergekom dis baie eerder jou opvolg en jag tegniek wat jou aan die lewe gaan hou as enige geweer. Maar ja, indien 'n buffel kom vir jou moet jy eerstens reguit skiet, en slegs daarna begin die kaliber en koeël 'n rol speel
Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Frederik »

Wouter, as dit nou Impala solid was met die skerpunt was die buffel nog vinniger dood!! >:D >:D >:D

Nee dit is mos nou weer 'n ordentilike gesprek die.
Ek is 'n groot voorstander vir groter as 375 kaliber vir buffel en groot wild met softs.

Maar het al self gesien en jy kan jou self doodverveel op Youtube meeste jagters kan nie hulle groter kalibers reg hanteer nie.
Gelukkig het die groter diere groter doodmaak areas en gewoonlik is die skote nader as verder.

Terloops Solids vs Softs ons het seker so 5 jaar terug 'n baan op BASA gebou waar daar klomp takkies en dit was black wattel dunnerige takkies wat voor 'n leeu teiken gestaan het op 15 meter die takkies was so 80cm voor die teiken. Dit het nie saak gemaak watter kaliber groote klein of groot solid of soft maar meeste van die skote wat takkies gevang het, het nie reguit teiken toe gegaan nie meeste het defleksies gehad.

As ek reg onthou het Koos Branard ook so toets gedoen met del stokkies.

Wat Wouter noem van PH's om die vuur is waar daar is baie jagter en PH's daar uit wat nie regtig verder dieper aniliseer wat daar beskikbaar is daar buite as koele en verbeterings. Dit is asof hulle stilstaan en tyd en as dit nou solank gewerk het hoekom die wiel verander.
Maar dan is dit weer lekker en deel van die avontuur om nuwe ladings en koele te toets daar buite ook so dat ek in die IMPALA solid gat getrap het jare terug. ;D

Weerens dankie vir die deel van julle avontuur dink dit is weer tyd om buffel te kap die jaar.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by tripodmvr »

Ek het 'n toets in 'n Guns and Ammo tydskrif gesien waar die 223 die beste gevaar het met akkuraatheid, na dit deur takke en blare geskiet is. Die 458 het die swakste gevaar.

Die redenasie rondom die gebruik van 'n soliede in die bos kan water dra synde 'n sagte koeël wat teen 'n obstruksie vervorm, 'n swakker penetrasievermoë kan hê. Defleksie word nie in ag geneem nie. So 'n skoot is egter riskant en 'n oop skoot word aanbeveel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Thunderhead »

Hi Wouter I apologies if I was not clear that I know shooting through brush is risky and can lead to the bullet not reaching its intended mark and a solid can be deflected like a soft, it's not some wonder bullet. I have however shot many animals through brush with solids, I could not in good conscience tell you that you have don't have a reasonable expectation to kill the animal shooting through close brush. Is it my first choice definitely NOT will always look for a clear shot but it is not impossible. A premium soft like Swifts or Barnes SBC in open areas is always a good idea I agree 100% with you, it kills better. A good soft just makes the 375 perform like a bigger caliber. But a 375 solid shot through the vitals of any animals will result in a dead animal. Solids kill. "After the shot don't rush to go admire your handy work. Sit have a drink of water or a smoke. Give the bullet time to do its work. Then do the follow up." is what I was taught. I agree that a lot of old PHs are not very ballistic savvy and I remember vividly them rolling their eyes at me if I started talking all those "complicated words' However, they knew exactly what to expect from the bullets they recommended in that situation, and they acted accordingly which resulted in a very controlled safe and pleasant experience for their client. Would a good soft work better, possibly but would the animal be any deader....
Wouter Roets wrote: Tue Jan 07, 2025 9:24 am Thunderhead

Dit is n absolute miskonsepsie dat solids beter doen deur n bos as n soft. Dit is al oor en oor bewys. Daar is geen maar geen koeel wat ek van weet wat nie onderhewig is aan defleksie deur takke nie. Vervorming is n ander storie, maar n solid wat nog lyk soos jy hom gelaai het maar 40cm van die mikpunt af weg is beteken niks.

Verder praat ons hier van n eerste skoot waar n oop skoot so ver as moontlik gekies word. Ek se nie n takkie kan nie raakgesien en per ongeluk getref word nie, maar dan kom my eerste punt weer na vore. Maak nie saak hoe ryg dit is nie jy skiet jou eerste skoot net as jy seker is van hom.

Ons praat hier van softs en as ek so daarna verwys dan praat ek net van premuim softs wat oor die algemeen baie naby aan 100% gewigretensie behou. Hierdie koeels se penetrasie is nie ver van die oorspronklik rondeneus solids nie. As ek moet n waarde daaraan gee is dit in die omgewing van twee derdes na n driekwart. Dit is oor as genoeg as jy vat die 375 se gemiddelde penetrasie is hier by die 2m in lewendige meduim met n solid. So op n frontale skoot op n buffel kyk jy na n gemaklike 1m en meer penetrasie. Geen vital sit dieper as dit nie.

Nou ek het dit al hier gese en ek gaan dit nou maar weer se. Die 375 is vir my marginaal vir buffel. Daar is vir my n beduidende verskil op n dier se reaksie as hy op dieselfde plek geskiet word met groter kalibers. Ek kan dit nie wegpraat of miskyk nie. Daar is eenvoudig net vir my net te veel lewe in n buffel nadat hy n perfekte skoot vanaf n 375 gekry het. Vir hierdie rede soek ek n koeel wat soveel as moontlik permanete skade aan die vitals maak. Ja solids het baie ver gekom in die departement, maar hulle is nog nie by n oordentlike soft nie. Jy kan ook nie voorspel of staat maak op goed soos n tydelike wondkenaal en die hidrostatiese effek wat dit wel mag he nie. Al beheer wat jy het is oor jou keuse van koeels wat so groot as moontlike permanente wondkenaal maak en dit is hoekom ek maar altyd n premuim soft aanbeveel.

Nou ek het al menigde aande om n kampvuur met PH'e spandeer en een ding wat ek amper soder twyfel opgelet het is die reuse onkunde as dit by goed soos koeels kom. Ja hy weet n solid maak sis en so maar bitter min van hulle het kennis oor die verskilende tiepe solids en hulle uitwerking. Hierdie geld nog meer vir softs en ons almal weet daar is n wereld se verskil tussen die verrigting van die verskillende softs op die mark. As ek met hulle begin praat oor inpaksnelhede op dieselfde koeel dan kry die manne nog n snaakser frons op die voorkop en gooi vir hom nog n groter kap uit jou whiskey bottel. Die punt wat ek probeer maak is dat ek nog bitter min PH'e sowel as jagters gekry het wat n fondamentele verstandhouding het oor terminale gedrag van koeels en dit veroorsaak dat die mense se raad baie basies raak. Ja daar is manne met ongelooflike ervaring maar met min kennis oor hoekom hy tot sekere gevolgtrekkings gekom het.

John askuus hierdie draad gaan oor jul ongelooflike jagervaring en die laaste ding wat ek wil doen is om enige iets daarvan weg te neem. As jy eigsins voel hierdie verloop van die gesprek doen afbreuk daaraan skree asb dan skuif ek die na n nuwe hofie.

Groetnis
Wout
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Wouter Roets »

More Thunderhead

Dankie vir jou skrywe. Sal bitter graag hierdie gesprek eerder om n hardekool vuurtjie diep in die winter met jou wil he as hier. My vraag sal weereens dieselfde wees. Wat is die rede vir n solid? Beide word geraak deur defleksie. Beide se penetrasie is genoegsaam. Solids se doodmaakvermoe is minder as softs, so hoekom sal daar aanbeveel word om n solid met jou eerste skoot te gebruik?

Persoonlik dink ek hierdie is al vir so lank oorvertel dat n solid of n groter kaliber minder of geen defleksie beleef nie dat dit as die waarheid deur die meeste mense aanvaar word, beroepsjagters inkluis. n Geval van repeat anything enough and it becomes the truth.

Groetnis
Wouter
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Thunderhead »

Hi Wouter such a meeting would indeed be wonderful. Geno and I discussed this yesterday.I think he is very lucky to have personally meet alot of you on the forum. I will be the first to admit that dependability of softs have come along way.In conclusion to this whole debate one of the biggest factors is human nature. I think what happens if you find something that works especially in stressful situations you are very reluctant to change.
Wouter Roets wrote: Thu Jan 09, 2025 8:32 am More Thunderhead

Dankie vir jou skrywe. Sal bitter graag hierdie gesprek eerder om n hardekool vuurtjie diep in die winter met jou wil he as hier. My vraag sal weereens dieselfde wees. Wat is die rede vir n solid? Beide word geraak deur defleksie. Beide se penetrasie is genoegsaam. Solids se doodmaakvermoe is minder as softs, so hoekom sal daar aanbeveel word om n solid met jou eerste skoot te gebruik?

Persoonlik dink ek hierdie is al vir so lank oorvertel dat n solid of n groter kaliber minder of geen defleksie beleef nie dat dit as die waarheid deur die meeste mense aanvaar word, beroepsjagters inkluis. n Geval van repeat anything enough and it becomes the truth.

Groetnis
Wouter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Wouter Roets »

Thunderhead

Ware woorde my maat. Selvertoue is seker een van die grootste faktore in enige jag.

Nou toe reel die plek en ek bring die blitz. My engels raak gewoonlik hier teen 10:00 op so wees gewaarsku.

Groetnis
Wouter
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Savé Valley Conservancy: The Buffalo saga.

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek wil aansluit by Thunderhead dat as jy iets vind wat vir jou werk, dan bly jy maar daar by (of soos Wouter noem, selfvertroue tel baie). Almal van ons praat en skryf uit ons ondervindingswêreld... as 'n grootkaliber-roer vir jou werk prys jy hom en as dit 'n medium is soos die 9.3 of .375 prys jy hom. Dieselfde geld vir solids vs softs. Ek kan nie saamgesels oor buffeljag nie want ek het net een geskiet, so my raad sal irrelevant wees. Dus kan ek maar net vertel wat gebeur het. Ek het 'n 380gr Rhino soft (solid shank) gebruik gelaai teen 1890vps. Die koei is op 19 treë geskiet en sy het binne 20m geval. Ek het haar skuins van voor geskiet en ons het die koeël net voor haar linkerboud herwin.

Ek onthou egter twee geleenthede waar solids teleurstellende resultate gelewer het. Die eerste was op 'n blesbok, baie jare gelede in die Noord-Kaap. Soos baie het ek Karamojo Bell se stories gelees en ook hoe goed die 7x57 is met die 173gr solids. Ek het destyds 'n 7mm Rem Mag besit en toe gedink as die 7x57 goed werk met solids op olifante sal die 7mm Mag seker 'n blesbok kan omkeer. Ek laai toe my 7mm Mag met Goodnel solids (dink hulle was 170gr - kan nie so lekker onthou) teen so 2500vps. Die blesbokram het 'n mooi skoot deur die longe gekry maar die hart gemis. Skietafstand was seker iewers tussen 150 en 175m. Ek moes die blesbok meer as 'n uur later 'n tweede skoot gee.

Een jaar tree ek op as gids vir 'n man van die stad wat 'n gemsbok wou jag. Hy daag toe op met 'n nuwe .375H&H en solids want hy het gelees hoe die manne buffels en olifante omkeer met die kombinasie en hoe vreeslik goed die .375 penetreer met solids. Ons het die gemsbok op onder 200m gekry en toe die skoot klap, sien ek die koeël is laag deur die longe. Met die omdraaislag kon ek die bloed uit die wond sien spuit maar die gemsbok het bly hardloop. Ek het hom ongeveer vier ure later met my .30-06 doodgeskiet. Ek sal nooit die jagter se woorde vergeet nie: "So much for the vaunted .375H&H." Hy was diep teleurgesteld dat die .375 nie eens 'n gemsbok kon doodskiet nie. Toe ons later die hartslag uithaal kon ek die longe mooi bekyk. Die koeël is agter die hart verby en het die longe omtrent so twee duim van hul onderpunte af getref. Dit was 'n marginale skoot en die solid het net 'n klein gaatjie deur die weefsel geboor. Ek het op n kol redelik baie die 220gr platneus Impala-koeëls gebruik wat Kobus du Plessis vir my ontwerp het. Met hulle het ek niks groter as koedoe en blouwildebees geskiet nie en gelukkig het ek nooit enige wild gekwes nie. Elke dier het die gebruiklike 50 - 60m gehardloop en dood neergeslaan.

Ek het twee kere toetse gedoen oor koeëldefleksie en die enigste konstante wat daaruit voortgevloei het, is dat jy geen koeël kan vertrou om reguit deur takke te skiet nie. Soms wyk hulle glad nie af nie en soms wyk hulle baie af en dit maak nie saak of dit 'n soft, solid, rondeneus-soft of skerpneus-soft is nie. Ek sien selfs Doctari glo dat rondeneuskoeël minder deflekteer in bos. Nou ja, so skryf elkeen van ons maar ons eie evangelie.
Mooi loop
Post Reply