“ʼn Derde keer vra Jesus hom: ‘Simon, seun van Johannes, het jy My lief?’ Petrus het hartseer geword omdat Jesus hom ʼn derde keer gevra het: ‘Het jy My lief?’ en hy antwoord Jesus: ‘Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.’ Jesus sê vir hom: ‘Gaan versorg my skape.’” ~ Johannes 21:17 (NLV) -
Oordenking
Watchman Nee, ʼn wonderlike Chinese gelowige van die 20ste eeu, vertel van ʼn nuwe Christen wat hoogs ontsteld na hom gekom het. “Maak nie saak hoe hard ek bid nie, maak nie saak hoe hard ek probeer nie, ek kan net nie getrou bly aan Jesus nie. Ek dink dit is verby met my.”
Watchman Nee het rustig vir hom gesê: “Sien jy hierdie hond van my? Hy mors nooit in die huis nie, hy is gehoorsaam aan my en hy is een groot vreugde. Ek het ook ʼn babaseun. Hy maak ʼn gemors, gooi sy kos rond, maak sy klere vuil. Wie is egter my erfgenaam? Nie my hond nie, maar my seun. Jy is Jesus se erfgenaam omdat Hy vir jou gesterf het. Hy is lief vir jou.”
Die geskiedenis leer ons dat ons God se erfgename is nie omdat ons volmaak is nie, maar omdat Hy ons liefhet. Dit is wat Jesus hier vir Petrus wil leer: dat dit gaan oor Jesus se onvoorwaardelike liefde vir hom. Jesus se liefde vir hom gaan hom krag gee, nie Petrus se liefde vir Jesus nie. Jesus sê: Fokus van nou af op my liefde vir jou en gaan vertel dit vir my ander skape. Dit is vandag nog goeie raad.
In reaksie op iemand se verbasing dat hy ʼn graad op laerskool gedruip het, het Winston Churchill gesê: “I never failed anything in my life. I was given a second opportunity to get it right.” Met die ontbyt gee Jesus vir Petrus ʼn tweede kans om dinge reg te stel. Jesus doen dit ook met ons. “God will answer all our questions in one way and one way only. Namely, by showing us more of his Son” (Watchman Nee).
Hierdie oordenking verskyn in Van vrees na vertroue deur Ewald van Rensburg. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.
Met dank vir Maroela Media se plasing hiervan.
Fokus op Jesus se liefde vir jou
Moderator: Global Moderator
- TFDADD
- Hero Member
- Posts: 1019
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
- Location: Witbank
Fokus op Jesus se liefde vir jou
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
- Hero Member
- Posts: 858
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
- Location: George
Re: Fokus op Jesus se liefde vir jou
Baie Dankies weer.
- jdpretorius
- Hero Member
- Posts: 2410
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
- Location: Pretoria Oos
Re: Fokus op Jesus se liefde vir jou
Baie dankie
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan