GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2709
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Lategan1 »

Ek moet nuwe hond kry.

Enige betroubare telers? Hoe nader aan die Kaap te beter.

Ek soek spesifiek ‘n bloedlyn wat nog goeie jaginstink het.

Plaas hier of dm/pm asb, dankie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Location: Brakpan

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Carlc »

Jammer ek hijack maar jag jy met die weimeraners? Indien wel vertel bietjie meer. Die ondervinding wat ek met hulle het is dat hulle ongelooflik besig is.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2709
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Lategan1 »

Carlc,

Ja, haelgeweer en geweer op voëls. Baie skootvas, goeie “retreiver”, swemmer vir voëls, “point” en “flush” en uitstekend op spoor, maar koppig. Hulle pote is te sag vir baie van die harde dele in ons land, pas dus nie orals aan of in nie en is gevolglik nie altyd ‘n gewilde keuse nie. (Totdat jy leer ken!) Goeie waghond werkshond kombinasie. Klassieke “Point” is myne en diegene wat ek ken, se swakker eienskap. ‘n Hond met teenwoordigheid, wat besitlik kan wees, ‘n een baas hond wat almal binne die hiëragie beskerm.

Hulle is wel koppig, neig om eie ding te wil doen. Jy noem dit besig! Nie naastenby so stout soos sommige GSP’s kan wees nie. Gaan haal wegkruip tarentale onder bosse uit waar ‘n English Pointer nie sommer sal nie. Jy kan hom ook nie sommer maklik in dieselfde liga as jou English Pointer noem nie, wat ‘n baie sagter gehoorsamer en makliker opleibare werkshond is.

Die bloedlyn keuse is belangrik omrede die verre meerderheid uitgeteel is, dalk ook nie net Weimi’s nie, baie van die ander ook. As jy na die “field trails” toe gaan, sien jy watter hondtipes hulle verkies.

Maar as kombinasie waghond en werkshond, kom min by die Duitser!

Ek vrek oor Weimi’s, so is dus subjektief :)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5498
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by ruaanb »

Ek kry vir jou n nr van iemand by wie my vriend sy hond gekry het. Stunning hond en jag mal verby.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2709
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Lategan1 »

ruaanb wrote: Sun Sep 29, 2024 1:05 pm Ek kry vir jou n nr van iemand by wie my vriend sy hond gekry het. Stunning hond en jag mal verby.
Dankie Ruaan.

Ek stuur foto en video waar hy werk. Goeie telers hou van verwysings oor voornemende eienaars.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2709
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Lategan1 »

Carlc wrote: Sat Sep 28, 2024 7:38 pm Jammer ek hijack maar jag jy met die weimeraners? Indien wel vertel bietjie meer. Die ondervinding wat ek met hulle het is dat hulle ongelooflik besig is.
Carlc, jou vraag beantwoord? Wat presies bedoel jy met ongelooflik besig, stout?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Location: Brakpan

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Carlc »

More. Ja baie dankie. Ek het lang jare terug een gehad wat ek ongelukkig baie jonk agv katgriep verloor het. Haar energie was oneindig baie. Ek dink dit was meer n geval van 'n klein dorps erf wat haar gefrustreer het as wat sy stout was. Ek was nie bewus dat hulle eintlik voèl jaghonde is nie.
Weims
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Thu Nov 21, 2024 3:40 pm

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Weims »

Goeie middag. Ons het tans Weimaraners wat reg sal wees vir huise in Desember indien jy nog nie reg gekom het nie.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2709
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde

Post by Lategan1 »

Weims wrote: Thu Nov 21, 2024 4:29 pm Goeie middag. Ons het tans Weimaraners wat reg sal wees vir huise in Desember indien jy nog nie reg gekom het nie.
Dankie, ek het voorlopig reggekom, vir 2025.

Vakansiehuis oor Desember nie “puppy friendly” nie!

Stuur pm asb. vir WA foto’s, sal graag wil sien.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply

Return to “Jaghonde/Hunting Dogs”