Element Nexus Scope

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Element Nexus Scope

Post by Blitzzz »

Middag julle

Ek hoor sommer hier ook wat julle hiervan dink.

Op my laaste jag staan ek agter op die bakkie oppad terug na n dag in die veld en die lig val net reg en ek kyk in die regte rigting toe sien ek my Element Nexus se coating op sy glas lyk gekrap. Nader gekyk en sien sommer dis goed gekrap. Ek weet nie lekker wanneer dit gebeur het nie en hoe nie, maar kan nie glo dat ek die oorsaak is van die krap merke. Ek maak my scopes skoon, maar soos al die ander blaas ek eers dit skoon en daarna wasem ek die glase sommer met my asem en vee dan die lens skoon met die sagte lappie wat hulle by gee.

Dis regtig n jammerte dat my ondervinding met Element tot hier kom. Ek hou regtig baie van die scope en sou graag nog wou by koop, maar as dit nie eers normale gebruik kan hanteer nie, weet ek nie so mooi nie.

Dis moeilik om dit in n foto te sien, maar het probeer af neem sodat julle kan sien.

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Element Nexus Scope

Post by tripodmvr »

Daardie is nie krapmerke nie. Dit lyk asof die gom of 'n beskermlaag van die lense kristalliseer. Ek het iets soortgelyks met my een teodoliet - 'n baie ou Zeiss.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 909
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Location: Stellenbosch

Re: Element Nexus Scope

Post by Kallie Fernhout »

Ek glo regtig hulle sal jou vinnig help met die waarborg.
Jan Dissel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Mon Aug 13, 2018 11:57 am
Location: Clanwilliam

Re: Element Nexus Scope

Post by Jan Dissel »

WhatsApp Image 2024-10-01 at 15.51.33.jpeg

Ek volg graag hierdie draad. As iemand wat al van Vortex en Burris se waarborge moes gebruik maak sal ek graag wil sien of Element ook hulle beloftes nakom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
______________________
Rossi .177
Brno .22 Mod 2
Brno .22 Hornet ZKW 465
Tikka .223 T3X SV
Musgrave .270 Lyttelton RSA
Glock 26 9mm
Ruger .22 Mk II
FN Browning .22 Medalist Target
Baikal 12ga O/U
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Element Nexus Scope

Post by Blitzzz »

Ek was reeds in kontak met Element (Patriot Outdoors) en die Nexus was al by hulle en die is van opinie dis my fout en ek moet vrede maak met die scope wat so lyk.

Bly om te sien dis nie net ek wat mal raak nie. My ander scopes word presies dieselfde gehanteer en daar is gee merke op die glas. Onderandere het ek n Lynx wat al ouers is as 25jaar en sy glas is nog perfek.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2443
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Location: Williston

Re: Element Nexus Scope

Post by wlm »

Dis nog altyd vir my vreemd dat n vervaardiger of verskaffer nie kan besef wat die negatiewe effek op sy handelsmerk is van swak naverkopediens nie.
Net een ou storietjie soos Blitzzz hier deel en ek is sommer dadelik nie meer lus om n Element te koop nie.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 724
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Element Nexus Scope

Post by Eight »

Ja nee nadat ek al met Burris en Athlon se waarborg ervaring gehad het sal hierdie my ook maar na n ander plek laat kyk vir my volgende scope.
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 265
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Location: Brakpan

Re: Element Nexus Scope

Post by Carlc »

Dis regtig n jammerte dat die na verkoop diens nie is soos geadverteer nie. Ek het onlangs deur n Nexus gekyk en was sterk van plan om self een aan te skaf. Sal nou maar eerder verby hou.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2427
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Element Nexus Scope

Post by Nico Harris »

Antwoord van Matt Dubber- een van die eienaars van Element-

“Hey Nico, Patriot reached out to us about the issue with this scope. I discussed with the team in Sweden and we spent quite a bit of time checking through warranty cases to see if anything similar had happened to anyone else. Out of tens of thousands of scopes sold (thousands of which were Nexus models) we haven’t seen a single case of lenses being scratched like this before.

These lenses are shaped, polished and coated in large batches (normally batches of thousands at a time) and every single one goes through the exact same process with the same machines. The same factory produces lenses for nightforce, vortex, athlon, zeiss, tract and many other reputable brands. If there was a weakness with lenses or coatings being damaged easily, it would have shown up before.

So it would be incredibly unlikely that this is an isolated factory fault. We do cover damage from “normal use”, i.e. if a rifle is dropped during a hunt by mistake. But when a scope is damaged during normal use (i.e. not a factory fault), the damage needs to affect its ability to work reliably in order to qualify for a replacement. Cosmetic damage that isn’t enough to prevent the scope from working doesn’t meet this criteria. And a lens being scratched shouldn’t hinder the scope’s ability to perform reliably. It’s very hard to categorize a scope that is scratched on both the objective and ocular lenses as a ‘mistake’, that can only happen through abrasion, and if this had been caused through a normal cleaning procedure (dirt rinsed off with water and NO solvent, and the included cloth used to remove oils from fingerprints etc) this would be really hard to believe, because thousands of customers with the same scope and same cleaning cloth have not had the same issue.

Not questioning the customer’s integrity or honesty at all, but if the scope is replaced with another identical one and the same cleaning method is repeated, the result will likely be the same.”

Geplaas met sy toestemming.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Re: Element Nexus Scope

Post by Blitzzz »

More julle

Dankie Nico. Ek waardeer dat jy die vir Matt gewys het. Dit was nie die idee met die om hulle aandag te trek, maar wou graag ander mede jagters se opinies gehoor het. Soos Matt verduidelik is die presies wat hulle vir my gesê het. Ek stem nie saam met hulle besluit nie aangesien ek weet wat ek gedoen het met die scope, maar soos hulle aan my verduidelik het lê die besluit steeds aan hulle kant om my te help of nie.

My skiet toerusting is iets waarop ek baie trots is en mooi na kyk en het ek besluit ek gaan die volgende probeer om dit uit te sort. Ek soek nie ‘n “gekrapte” scope nie.

Ek gaan probeer die scope se lens te bekyk deur n microskoop om vas te stel of dit wel krap merke is. As dit is, moet ek seker aanvaar dat ek iets gedoen het wat dit veroorsaak het, maar dan hulle versoek om my lense te vervang met nuwes op my onkostes.

Ek kan dit obviously nie bewys nie, maar dit lyk amper of die “krap merke” meer geraak het vanaf ek dit vir die vervaardiger gewys het. By gesê miskien verbeel ek myself.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 724
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Element Nexus Scope

Post by Eight »

Dankie Nico, ek verstaan dat scopes nie net links en regs vervang kan word nie maar dit is nie die eerste Element scope waarvan ek hoor met n probleem, wat hulle nie wil vervang nie.
Ek persoonlik voel net dat met ander fabrikate die diens beter is en ek wil nie wonder oor my waarborg as ek n scope koop nie. Ek het dit sterk oorweeg om n Theos te koop maar na die terugvoer oor waarborg eise op die Element scopes sal ek maar na n ander fabrikaat kyk. Ek self is nie hard op my gereedskap nie maar daar kan op enige produk vervaardingings foute intree en ek wil nie 60k op n scope spandeer en dan wip he die ouens moet met verskoning en verduidelikings kom as dinge nie reg is nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12782
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Element Nexus Scope

Post by Capt. Yoda »

Blitzzz wrote: Wed Oct 02, 2024 7:08 am More julle

Dankie Nico. Ek waardeer dat jy die vir Matt gewys het. Dit was nie die idee met die om hulle aandag te trek, maar wou graag ander mede jagters se opinies gehoor het. Soos Matt verduidelik is die presies wat hulle vir my gesê het. Ek stem nie saam met hulle besluit nie aangesien ek weet wat ek gedoen het met die scope, maar soos hulle aan my verduidelik het lê die besluit steeds aan hulle kant om my te help of nie.

My skiet toerusting is iets waarop ek baie trots is en mooi na kyk en het ek besluit ek gaan die volgende probeer om dit uit te sort. Ek soek nie ‘n “gekrapte” scope nie.

Ek gaan probeer die scope se lens te bekyk deur n microskoop om vas te stel of dit wel krap merke is. As dit is, moet ek seker aanvaar dat ek iets gedoen het wat dit veroorsaak het, maar dan hulle versoek om my lense te vervang met nuwes op my onkostes.

Ek kan dit obviously nie bewys nie, maar dit lyk amper of die “krap merke” meer geraak het vanaf ek dit vir die vervaardiger gewys het. By gesê miskien verbeel ek myself.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Lyk my hulle se as die scope sou val dat hulle hom sal vervang....
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2661
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Element Nexus Scope

Post by Lategan1 »

Net so, vreemd en baie subjektief. Tesame met die woorde, “incredibly unlikely”!

As die Vrydag vervaardigde motor gesegde, ‘n jarelange aanloop het, so ook ander produkte. Ons werk met mense en werknemers maak foute, verswyg dit en hoop niks gebeur nie.

Nikon het destyds vir my baie tegemoet gekom met ‘n eis.
Soos hierdie een, ook 50:50 oor die rede. My moontlike harde gebruik of ‘n swak produk uitgawe.

Ek neem ook kennis.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2427
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Element Nexus Scope

Post by Nico Harris »

Blitzzz wrote: Wed Oct 02, 2024 7:08 am More julle

Dankie Nico. Ek waardeer dat jy die vir Matt gewys het. Dit was nie die idee met die om hulle aandag te trek, maar wou graag ander mede jagters se opinies gehoor het. Soos Matt verduidelik is die presies wat hulle vir my gesê het. Ek stem nie saam met hulle besluit nie aangesien ek weet wat ek gedoen het met die scope, maar soos hulle aan my verduidelik het lê die besluit steeds aan hulle kant om my te help of nie.

My skiet toerusting is iets waarop ek baie trots is en mooi na kyk en het ek besluit ek gaan die volgende probeer om dit uit te sort. Ek soek nie ‘n “gekrapte” scope nie.

Ek gaan probeer die scope se lens te bekyk deur n microskoop om vas te stel of dit wel krap merke is. As dit is, moet ek seker aanvaar dat ek iets gedoen het wat dit veroorsaak het, maar dan hulle versoek om my lense te vervang met nuwes op my onkostes.

Ek kan dit obviously nie bewys nie, maar dit lyk amper of die “krap merke” meer geraak het vanaf ek dit vir die vervaardiger gewys het. By gesê miskien verbeel ek myself.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Dankie Blitzzz. Hou my asb op hoogte dan kan en probeer help sover moontlik die regte info by die mense kry.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 724
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Element Nexus Scope

Post by Eight »

Blitzz kry meskien n onafhanklike spesialis in die optika bedryf om vir jou te kyk en n verslag te lewer.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2427
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Element Nexus Scope

Post by Nico Harris »

Blitzz stuur my asb jou nommer.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Desperatezulu
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Location: Bryanston, Jhb

Re: Element Nexus Scope

Post by Desperatezulu »

If this is indeed the first instance of such a fault with this model, the smart call would have been to replace it with a smile - happy feedback on a public forum is worth many many sales way in excess of the cost of replacement.
And if it's the only example, it's not like Element open themselves to a flood of people demanding the same replacement. All of this logic is self-evident, so why did Element reach a different conclusion?

The decision they made here is not a wise one. Matt is in a tight spot because he's the face of the brand in SA. If the product isn't (a) as good as it's made out to be and (b) the warranty is more of a marketing gimmick, then the fickle tide of public opinion turns.
While it is creditworthy that he has intervened, this needs some strategic decisions to rescue the situation.

10-1 they end up replacing the scope or offering a discount after this thread. A better decision in the first place and there'd be positive publicity, rather than negative.
#Marketing101
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 724
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Element Nexus Scope

Post by Eight »

I have heard, but do not know if it is true, that Matt checks all the scopes that come in for a warranty claim and has the final say. He is also out of the country quite often and this leads to delays for warranty claims replacements.
Like I said I do not know if it is true bit if it is, its not good. Blirzz please keep us updated of the outcome but as far as im concerned Element has lost my respect and future business.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1908
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Element Nexus Scope

Post by sako 30-06 »

Nee hel, ek verstaan nie wat is die probleem nie.
Laat val net die scope van die bakkie af, dan kry jy mos n nuwe een.
Maar soos genoem deur Matt verkoop hulle duisende scopes, so waarom sal die enetjie hulle nou pla.
Vir daai prys sal ek beter diens verwag en na die draad verseker tweekeer dink voor ek een koop.

Dan koop ek eerder n ''cheap'' Burris en ek weet hulle staan pa vir hulle waarborg, my vorige scope het geval en dit was asof hy begin bont skiet het. Die scope is vervang met n nuwe model en hulle het die nuwe scope sommer vir my opgesit ook, VERNIET.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”