Quickload 458 Win Mag

Moderator: Global Moderator

Post Reply
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Quickload 458 Win Mag

Post by toxicsox »

Kan iemand my asb help met lading vir
458 Win Mag
Impala 500GRN RN
Hodgdon CFE 223 / Vita N530
Ruger M77 MKII

Ek het nie 321 nie….
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by tripodmvr »

CFE223 maak die dop al vol met 'n beginlading.
N530 is nie 'n slegte keuse nie, maar spoed is net oor die 2000vps met ladings wat al naby 60K psi is.

Het jy 'n 500gr koeël nodig? Met Impalas het jy 'n meer as nodige penetrasie en 'n 400-450gr koeël sal jou meer spoed gee. Kyk na Somchem se toetse by https://www.somchemreload.com/search?c=9&f=130
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1693
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Quickload 458 Win Mag

Post by Rudi Fischer »

Kyk na Rel X10
Maar ek stem saam met Driepoot, skiet n 450gr in n Win Mag
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4876
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by Frederik »

450gr Gaan jou minder kopseer gee met die Win Mag anders moet jy om convert na Lott.
Geen dier gaan met 'n ordentelike koeel soos Rudi se Safari Bullet Company koeels vir jou se jy was 50gr te lig en ek gaan nie vrek nie.

Kom join ons by BASA en kom leer hom skiet en die geweer werk. Ons volgende skiet is 12 Oktober
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1693
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by Rudi Fischer »

As jy wil bly op n 500gr.

Ek sal voorstel bly dan weg van mono’s en kyk na n cup en core koeel wat korter gaan wees.

Iets soos n Claw of Woodleigh.

Oom André van Claw can die cannelure na die basis toe skyf wat nou meer dop volume gaan gee as jy daai crimp.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4876
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by Frederik »

Rudi, sover ek weet het Claw onlangs hulle deure toegemaak.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by toxicsox »

Die 500 Grn Impala is aangeskaf om te loop, met betalende gaste, in ‘n groot 5 reservaat.
As iets storm moet hy gestop word voordat ‘n gas seerkry
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4876
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by Frederik »

Die 475gr Impalas sal net so goed werk en jys sal dan jou spoed kan opjaag na 2100fps toe.

Nou geloer iets soos CFE223 sal mooi werk. Dopvulling gaan basies 100% wees maar jy gaan 2100fps haal.
Wat help met die win mag en koot is om te kyk hoe lank jy jou patroon kan maak laat hy in kamer pas en magasyn dan maak jy meer spasie in die dop.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by tripodmvr »

Ek het TPL van 84,84mm gebruik. Sonder om die druk te hoog te maak kom die 500gr koeël naby 2000vps uit. Ek heg 'n paar berekeninge aan waar ek die 475 koeël na 500gr verander, so kyk mooi na dit. Volgens my berekeninge is CFE223 te stadig en maak die dop gou vol. H335 is 'n ander goeie kandidaat, maar N530 werk ook.

Maksimum TPL en looplengte is nodig om beter komponente te kies. Dopvolume sal dan ook 'n rol speel. Met die hoë somertemperature is druk van so 55K psi 'n goeie keuse. 'n 450gr Mono koeël gaan genoegsame penetrasie gee om selfs op die lengte deur die meeste diere te skiet en dit sal ook nie sukkel op 'n breinskoot met olifante nie.

Video oor Rhino koeëls se penetrasie https://youtu.be/mFVv_vCVjvM
458 N530 500 Impala.png
458 N530 475 Impala.png
458 CFE223.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: Quickload 458 Win Mag

Post by Thunderhead »

Goeie more hoe lank kan jy jou TPL maak. My Brno het n baie lank throat mag gehad so kon 88mm gaan met n Kriek 450gr so kon meer kruit gooi. Die beste kruit wat ek gebruik was IMR4895 het 2279fps gekry. Vol penetrasie op buff en eland lengte. Seekoei en ele het ek net side on geskiet maar is deur. N 500gr mono is te lank vir std 458.
Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”