Oorskakeling na "pre-paid" elektrisiteit - uitdagings

Enige iets pas hier/ discuss anything here

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2050
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Oorskakeling na "pre-paid" elektrisiteit - uitdagings

Post by win270 »

Goeiemôre almal,

Deesdae hoor ek van talle huishoudings wat van gewone kragverskaffing ("post-paid") na "pre-paid" oorgeskakel het en dan maande lank sukkel (City of Johannesburg in hierdie geval) om hul maandelikse munisipale rekening dienooreenkomstig op datum te kry. Owerhede hou eenvoudig aan om die verbruiker te laat betaal asof die oorskakeling nie gebeur het nie dmv geskatte verbruik wat op die daaropvolgende rekeninge aangedui word. Party mense sukkel selfs langer as 6 maande om hul rekeninge te laat regstel en moet talle kere die munisipale kantore en/of City Power se kantore gaan besoek om die probleem op te los.

Het julle dalk dieselfde probleme ervaar en wat kan mense doen wat oorskakeling beplan of dit onlangs gedoen het om die probleem vinnig in 'n blik te druk? Ja, mens kan eenvoudig nie die elektrisiteitsgedeelte op jou maandelikse rekening betaal nie, maar tog moet dit uiteindelik uitgesorteer word.

Sal graag wil hoor hoe dit gaan met ander verbruikers in die verband.

Tweedens, wat is jul ondervinding by SARS as jul 25% van solarpanele se kostes vir 2023/24 belastingjaar eis? Is hulle vinnig om die eis toe te staan en uitbetaling te doen? Is daar dalk ander implikasies as die eis ingedien word soos verdere oudit, ens?
RaptorSS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Tue Oct 11, 2016 5:30 pm

Re: Oorskakeling na "pre-paid" elektrisiteit - uitdagings

Post by RaptorSS »

Ons het so 5 maande gelede oordeakakel na pre-paid en dieselfde ervaar dat ons nog steeds deur die munisipaliteit ge-invoice is asof niks verander het nie. Ek het redelik vinnig na die munisipale kantore gegaan (ook gebaseer in Johannesburg) en n afskrif van die verkeerde rekening asook n foto van die jobkaart wat ek geneem het toe die oorskakeling van die meter gemaak is met die meter leesing op die dag. 2 weke lager kry ek n interim rekening waar COJ al die verkeerde kostes terugskuif en my probleem is uitgesorteer. Miskien was ek net gelukkig dat dit so vinnig uitsorteer is. Dit is wel frustreerend dat die verskillende depatemente nie met mekaar praat nie, en dat mens moet ingaan om dit reg te stel. As COJ nou net van die R230 konneksie koste ontslae wil raak sal ek super bly wees...

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 540
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Location: Paarl

Re: Oorskakeling na "pre-paid" elektrisiteit - uitdagings

Post by Forester »

win270 wrote: Sun Sep 29, 2024 7:52 am Tweedens, wat is jul ondervinding by SARS as jul 25% van solarpanele se kostes vir 2023/24 belastingjaar eis? Is hulle vinnig om die eis toe te staan en uitbetaling te doen? Is daar dalk ander implikasies as die eis ingedien word soos verdere oudit, ens?
Ek het dit geëis sonder probleme, maak net seker dat jy al die bewyse kan verskaf soos vereis. Ek is nie verder geoudit nie, maar my persoonlike belasting is op die oog af eenvoudig.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”