Ek moet nuwe hond kry.
Enige betroubare telers? Hoe nader aan die Kaap te beter.
Ek soek spesifiek ‘n bloedlyn wat nog goeie jaginstink het.
Plaas hier of dm/pm asb, dankie.
Beste.
GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Moderator: Global Moderator
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2661
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk
-
- Sr. Member
- Posts: 265
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
- Location: Brakpan
Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Jammer ek hijack maar jag jy met die weimeraners? Indien wel vertel bietjie meer. Die ondervinding wat ek met hulle het is dat hulle ongelooflik besig is.
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2661
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Carlc,
Ja, haelgeweer en geweer op voëls. Baie skootvas, goeie “retreiver”, swemmer vir voëls, “point” en “flush” en uitstekend op spoor, maar koppig. Hulle pote is te sag vir baie van die harde dele in ons land, pas dus nie orals aan of in nie en is gevolglik nie altyd ‘n gewilde keuse nie. (Totdat jy leer ken!) Goeie waghond werkshond kombinasie. Klassieke “Point” is myne en diegene wat ek ken, se swakker eienskap. ‘n Hond met teenwoordigheid, wat besitlik kan wees, ‘n een baas hond wat almal binne die hiëragie beskerm.
Hulle is wel koppig, neig om eie ding te wil doen. Jy noem dit besig! Nie naastenby so stout soos sommige GSP’s kan wees nie. Gaan haal wegkruip tarentale onder bosse uit waar ‘n English Pointer nie sommer sal nie. Jy kan hom ook nie sommer maklik in dieselfde liga as jou English Pointer noem nie, wat ‘n baie sagter gehoorsamer en makliker opleibare werkshond is.
Die bloedlyn keuse is belangrik omrede die verre meerderheid uitgeteel is, dalk ook nie net Weimi’s nie, baie van die ander ook. As jy na die “field trails” toe gaan, sien jy watter hondtipes hulle verkies.
Maar as kombinasie waghond en werkshond, kom min by die Duitser!
Ek vrek oor Weimi’s, so is dus subjektief

- ruaanb
- Hero Member
- Posts: 5492
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- Location: Durbanville, WesKaap
Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Ek kry vir jou n nr van iemand by wie my vriend sy hond gekry het. Stunning hond en jag mal verby.
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2661
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Dankie Ruaan.
Ek stuur foto en video waar hy werk. Goeie telers hou van verwysings oor voornemende eienaars.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2661
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde
Carlc, jou vraag beantwoord? Wat presies bedoel jy met ongelooflik besig, stout?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk
-
- Sr. Member
- Posts: 265
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
- Location: Brakpan
Re: GESOEK: Teler van Weimaraner honde
More. Ja baie dankie. Ek het lang jare terug een gehad wat ek ongelukkig baie jonk agv katgriep verloor het. Haar energie was oneindig baie. Ek dink dit was meer n geval van 'n klein dorps erf wat haar gefrustreer het as wat sy stout was. Ek was nie bewus dat hulle eintlik voèl jaghonde is nie.