Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Moderator: Global Moderator

User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Location: Johannesburg

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Max Rossle »

Net om bietjie terugvoer te gee...

Ek het in 2018 my .308 Winchester projek begin na die wapen gefinaliseer is.

Die specs van die wapen:

REMINGTON MODEL 700 aksie
X-mark Pro sneller met skoon breek op 1lb
32" Truvelo Loop (22mm by tromp) met 1:10" twist ratio
Staal 20MOA picatiny rail
Sightron SIII 8-32x56
Competition thumbhole kolf deur Gunworx met glass en pillar bedding
Oversized integral bolt knob
Piet Welgemoed FTR bipod met intergral Anschutz rail in kolf


Ek het oorspronklik met 45.9gr S355 'n konstante 2850fps verkry met 175gr Nosler RDF koeels in 'n 0.3MOA na 0.5MOA uitkoms op 300m op 'n herhaaldelike basis - maar met redelike druk tekens.

Toe die dryfmiddel krisis begin het met Somchem - het ek oorgeskyf na Hodgdon Varget toe en by die 175gr Nosler RDF koeels gebly.

Die geweer bied ongelooflike resultate (1/2 na 3/4 duim groeperings op 200m) met 45.2gr Varget wat die 175gr Nosler RDF die tromp laat verlaat teen 2850fps met BAIE minder druk as die s355 dryfmiddel.

Met 30.5MOA se opwaardse verstelling en 5MOA vir wind (10mph) het ek 5 consecutive hits na 2 mis pogings op 'n 5"x5" gong op 1000m verkry totdat die wind my weer beet gekry het en gaan sak het - wat nog 2 skote geneem het om aan te pas na 3.5MOA toe om terug op die staal te kom.

Die wapen groepeer ongelooflik goed en het op 600y by Rashoop 'n 0.4MOA groepering gebied oor 4 skote in 4mph tot 6mph wind.

Die 175gr Nosler RDF met 2850fps trompsnellheid bly supersonies tot 1200m.

Ek het toe ook met s355 die 208gr Hornady ELD-M koeels aangevat en met 42gr loods die 308 Win met 32" loop die 208gr pit teen 2625fps in 'n een gat groepering in op 200m.

Ek het nog nie die 208gr ELD-M's se bene gerek nie maar hulle bly supersonies tot 1400m volgens Strelok met die koeel se besonderhede (lengte, gewig, G7 BC, snellheid ens) op 4400ft bo see vlak.

Nie sleg vir die ou .308 Winchester nie...

Sal aanhou eksperimenteer.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5492
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by ruaanb »

daai 208 eldm loop bitter mooi doer ver.
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Location: Johannesburg

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Max Rossle »

ruaanb wrote:daai 208 eldm loop bitter mooi doer ver.
Inderdaad.

Blykbaar moet n ou ook nie te veel klem lê op die verandering na "transsonic" toe nie.

Die inrekening van daai onstabiele verandering tussen supersonies en transsonies is blykbaar nogals skerp vanaf Strelok... ek het nog nie prakties daai skiet afstand (verder as 1200m) probeer aanpak nie.

"The proof is in the pudding" sê die Ingelse.

Kom ons kyk...
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2677
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Jean Marais »

Max Rossle wrote:
J Steyn wrote: My .308 Win met 30" Krieger loop lanseer die 155gr Lapua teen ongeveer 2960fps en is dodelik akkuraat. Op skietbane met n relatiewe konstante wind (agv die topografie) skiet ek gewoonlik besonders goed en roer sommer gereeld die manne met die "platskieters". (beide groeperings en plasing)
Goeiedag J Steyn

Ek vertrou dit gaan goed.

Ek het onlangs vir die 308 Winchester n ernstige boetie aangeskaf.

Ek het 'n 6.5 Creedmoor met 24" loop en 1:8" twist ratio huistoe gebring net voor my lisensie gekom het vir die .308 se revelutionary build (vanaf 26" na 32" loop toe).

Die 6.5 Creedmoor loods 'n 140gr Berger Hybrid teen 2786fps. Dit is dan 'n G1 BC van 0.62.

Die .308 Winchester loods nou 175gr Nosler RDF's teen 2830fps. Dit is dan 'n G1 BC van 0.543.

Albei se stabiliserings faktore is tussen 1.5 en 2. Die .308 oorstabiliseer amper die 175gr koel.

Dit veroorsaak dat die 6.5 slegs 100m verder supersonies bly as die .308 Winchester (1300m en 1200m).

Die wind effekte in 'n 6mph wind teen 90 grade is op 1000m:

1. 6.5 Creed - 2.9MOA
2. .308 Winchester - 3.4MOA

Dit is 'n 0.5MOA verskil... so kom ons noem dit 6" wat die wind die 308 meer druk as die 6.5 op 1000m.

As die wind verander na 7mph toe op 1000m:

1. 6.5 Creed - 3.5MOA (0.6MOA meer as in 6mph wind)

2. 308 Win - 4.1MOA (0.7MOA meer as in 6mph wind)

Die effekte is ietswat dieselfde...


As die wind opstoot na 8mph toe op 1000m:

1. 6.5 Creed - 4.1MOA ( 1.2MOA meer as in n 6mph wind - dit druk hom dan 11" oor 'n 2mph wisseling)

2. 308 Win - 4.8MOA (1.4MOA meer as in n 6mph wind - dit druk hom dan 15' oor 'n 2mph wisseling)


Met die regte balans in BC en snellheid hap hap die .308 Winchester aan die Creed se alie...

Die ding is... Wat gebeer as ons daai Creed se loop ook 32" maak?

:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
Sit vir daai 6.5 ook 'n 32" loop op en vergelyk dan die resultate. Ek glo dit sal ietwat ander lyk dan.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Piet375
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Jul 27, 2019 8:02 pm
Location: Pretoria

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Piet375 »

Max Rossle wrote:Net om bietjie terugvoer te gee...

Ek het in 2018 my .308 Winchester projek begin na die wapen gefinaliseer is.

Die specs van die wapen:

REMINGTON MODEL 700 aksie
X-mark Pro sneller met skoon breek op 1lb
32" Truvelo Loop (22mm by tromp) met 1:10" twist ratio
Staal 20MOA picatiny rail
Sightron SIII 8-32x56
Competition thumbhole kolf deur Gunworx met glass en pillar bedding
Oversized integral bolt knob
Piet Welgemoed FTR bipod met intergral Anschutz rail in kolf


Ek het oorspronklik met 45.9gr S355 'n konstante 2850fps verkry met 175gr Nosler RDF koeels in 'n 0.3MOA na 0.5MOA uitkoms op 300m op 'n herhaaldelike basis - maar met redelike druk tekens.

Toe die dryfmiddel krisis begin het met Somchem - het ek oorgeskyf na Hodgdon Varget toe en by die 175gr Nosler RDF koeels gebly.

Die geweer bied ongelooflike resultate (1/2 na 3/4 duim groeperings op 200m) met 45.2gr Varget wat die 175gr Nosler RDF die tromp laat verlaat teen 2850fps met BAIE minder druk as die s355 dryfmiddel.

Met 30.5MOA se opwaardse verstelling en 5MOA vir wind (10mph) het ek 5 consecutive hits na 2 mis pogings op 'n 5"x5" gong op 1000m verkry totdat die wind my weer beet gekry het en gaan sak het - wat nog 2 skote geneem het om aan te pas na 3.5MOA toe om terug op die staal te kom.

Die wapen groepeer ongelooflik goed en het op 600y by Rashoop 'n 0.4MOA groepering gebied oor 4 skote in 4mph tot 6mph wind.

Die 175gr Nosler RDF met 2850fps trompsnellheid bly supersonies tot 1200m.

Ek het toe ook met s355 die 208gr Hornady ELD-M koeels aangevat en met 42gr loods die 308 Win met 32" loop die 208gr pit teen 2625fps in 'n een gat groepering in op 200m.

Ek het nog nie die 208gr ELD-M's se bene gerek nie maar hulle bly supersonies tot 1400m volgens Strelok met die koeel se besonderhede (lengte, gewig, G7 BC, snellheid ens) op 4400ft bo see vlak.

Nie sleg vir die ou .308 Winchester nie...

Sal aanhou eksperimenteer.
Hoe het jy daai sneller so lig gekry? Ek het myne vervang met 'n timney 510. Ek skiet die gewoone 175gr nosler CC teen 2500fps uit 'n 20 duim 5R 1 in 10. Skiet so 3/4 tot 1 duim mar dit is 5 skoot groepeerings.
Use enough gun
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Location: Johannesburg

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Max Rossle »

Sjoe... Throwback - toe ons nog s335 en s355 vir R400.00 per blik kon koop en dit was "duur".
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2661
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Lategan1 »

Wat ‘n interessante draad met goeie info… herleef na 5 jaar!!
Hierdie gesprek nou eers van toepassing as ons in ag neem hoe kostes oor die tydperk eksponensieël gestyg het!

Ook nou soveel meer opsies vir die .308.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Bismarck 1941 »

Stem beslis saam, ek wonder self wanneer gaan die 308 craze weer begin as ek so kyk hoe die .22 craze die laaste paar jaar ontvlam het..
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1120
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Location: Pretoria

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Pinkes »

Daar is n 308 craze in F-Class ;D

Max jy dreig nou lank genoeg om saam te kom skiet..kom nou!
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Bismarck 1941 »

Pinkes wrote: Wed Sep 18, 2024 8:01 am Daar is n 308 craze in F-Class ;D

Max jy dreig nou lank genoeg om saam te kom skiet..kom nou!
;D Ek wag net vir daai benodigde fondse om so ver te probeer skiet ++>:
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Bismarck 1941 »

Wie het al met die rubber kolf met n al cheapo scope by die 1000 meter uitgekom wonder ek?
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2612
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by alecjohnson »

Bismarck 1941 wrote: Wed Sep 18, 2024 9:45 am Wie het al met die rubber kolf met n al cheapo scope by die 1000 meter uitgekom wonder ek?
Ek het baie jare terug(2014 rond rai ek) met my 243 met 87gr vmax, standaard cz550 loop, tasco 6-24x44 AO uitgekom op 1000m ek moes wel agter 'n 0.6mm shim sit en ringe oor lap, mense het my nie geglo nie tot ek hul wys. TiborasaurusRex se kanaal het baie gehelp, toe groet daai loop en bou ek op daai aksie my 243 in 'n lekker Lang afstand 243 AI.

oefen en selfvertroue het my verder gebring as goeie gereedskap, ek hoop my nuwe musgrave 308 gooi ook mooi reguit met krieke voor en agter varget ;D

die is 'n lekker draad
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12782
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Capt. Yoda »

Vra vir Pinkes hoe het ons da by hom jare terug in die mielielande begin skiet en kyk waar skiet die man nou al. 123gr custom comps in sy Creed het ons tot op myl skote raak geskiet en self n hele rol waterpyp wat so end langs die tyken gestaan het moertoe geskiet😂.

Ons was soos kinders wat leer snot eet het, alles wat kon skiet is gemaak skiet tot verby n km en alles wat soos n gong gelyk het is aan n stuk tou of ketting gehang.

Dink ons eerse Superleague in Potch het ek met n standaard 243 en Vmaxe geskiet en hy met sy Creed en custom comps, ons het toe nog cliks getel as jy scope stel

Met genoeg tyd agter n geweer is n 1000m op n gong nie so ver nie, hier van 1200 af begin dinge bq wild raak as jy nie genoeg oefen nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1496
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by swc-tr »

Ja Siebie, as dit te maklik begin raak, probeer maar die ou gradeboog met yster gaatjievisiere vanaf jou elmboe vir ondersteuning. Dan is dit weer n challenge.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Bismarck 1941 »

Dit is soos genoem die man agter die sneller wat seker die meeste tel om te bepaal hoe ver en hoe fyn jy kan skiet in agneem jou paket is "up to spec"..Ek kon nou so rukkie terug af van die forum n chassis bekom het, maar het ongelukkig ander uitgawes dan en te hede.

Glo my, ek sal glad nie mind om dit tog wel te doen met tyd nie.
Ek vertrou my paket is reg tot en met 1000 meter(soos hy nou is), dis net nog om daar uit te kom ++>:

Practice en nog meer practice met wat ek het dan sal ek hopelik binnekort daai 600/700 meter baan aanpak by Rooikraal!

Ek wonder of my isreali mauser dit ook sal kan regkry.. ++>:
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Bismarck 1941 »

alecjohnson wrote: Wed Sep 18, 2024 12:32 pm
Bismarck 1941 wrote: Wed Sep 18, 2024 9:45 am Wie het al met die rubber kolf met n al cheapo scope by die 1000 meter uitgekom wonder ek?
Ek het baie jare terug(2014 rond rai ek) met my 243 met 87gr vmax, standaard cz550 loop, tasco 6-24x44 AO uitgekom op 1000m ek moes wel agter 'n 0.6mm shim sit en ringe oor lap, mense het my nie geglo nie tot ek hul wys. TiborasaurusRex se kanaal het baie gehelp, toe groet daai loop en bou ek op daai aksie my 243 in 'n lekker Lang afstand 243 AI.

oefen en selfvertroue het my verder gebring as goeie gereedskap, ek hoop my nuwe musgrave 308 gooi ook mooi reguit met krieke voor en agter varget ;D

die is 'n lekker draad
As die Ou manne met ou 303's n 1000 meter in die Army dae dit kon doen, dan glo ek daai Musgrave van jou sal dit ook kan doen, kry net die regte pil vir die kopseer sal ek se ;D
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Bismarck 1941 »

Capt. Yoda wrote: Wed Sep 18, 2024 12:58 pm Vra vir Pinkes hoe het ons da by hom jare terug in die mielielande begin skiet en kyk waar skiet die man nou al. 123gr custom comps in sy Creed het ons tot op myl skote raak geskiet en self n hele rol waterpyp wat so end langs die tyken gestaan het moertoe geskiet😂.

Ons was soos kinders wat leer snot eet het, alles wat kon skiet is gemaak skiet tot verby n km en alles wat soos n gong gelyk het is aan n stuk tou of ketting gehang.

Dink ons eerse Superleague in Potch het ek met n standaard 243 en Vmaxe geskiet en hy met sy Creed en custom comps, ons het toe nog cliks getel as jy scope stel

Met genoeg tyd agter n geweer is n 1000m op n gong nie so ver nie, hier van 1200 af begin dinge bq wild raak as jy nie genoeg oefen nie
Dankie Kaptein, dit is so, soos hulle vir Simo Hayha gevrae het na WW2: Hoe het meneer dit reg gekry om meer as 500 man te laat sneeuwel?..(Hy was n Sniper vir Finland vir die manne wat nie geweet het nie)..

Sy antwoord: Practice..
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12782
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Post by Capt. Yoda »

swc-tr wrote: Wed Sep 18, 2024 10:09 pm Ja Siebie, as dit te maklik begin raak, probeer maar die ou gradeboog met yster gaatjievisiere vanaf jou elmboe vir ondersteuning. Dan is dit weer n challenge.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Nee wat ek het al genoeg vir julle manne gestaan en kyk, daai is n hele ander kuns
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”