Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
So n ou vinnige Zeerust/Groot Marico naweek. Die jong Kudu bulletjie met die 70 jaar oue Heym 9.3x62 platgetrek en die 286gr Hornady het perfek gewerk (oudjie net daar geval). Meisiekind het ha nuwe roer uitgetoets n Marlin 357 Magnum en n ou sog huistoe gebring. Bergjag is nou nie my gunsteling nie maar dit is verskriklike mooi wereld al is dit droog. Kudu het egter nog redelik kos en mens kan dit sien aan hulle toestand (nou nie rond nie maar ook nie maer nie). Hopelik gaan maak ek weer draai in daai wereld volgende jaar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.