Goeie dag manne,
Hoop dit gaan goed.
Ek hoop hier is iemand wat my kan help.
Ek wag vir my 416 Rigby Ruger nr 1 se lisensie. Nou kry ek maar solank al die goedjies bymekaar.
Ek oorweeg dit sterk om 'n RDS op te sit en kyk tans na 'n Aimpoint H2 of 9000. Albei sal kan werk vir my, op die stadium is die klein en kompaktheid van die H2 vir my die beslissende faktor. Dink geweer gaan mooier lyk so.
Die 9000 is maklik want hy sit op met gewone 30mm ringe. Die H2 benodig egter 'n weaver one piece basis.
Ek het uitgevind en lyk my dis nogal iets wat nie baie vollop is vir die ruger aksies nie. Ek sien met kry rails, maar dan haal jy die oop visier af wat nie 'n opsie is nie. Burris maak wel een 'n stel om vir hulle Eliminator teleskope te werk, maar probeer nog uitvind of ons hier kan kry.
Ek is opsoek na 'n kort weaver basis wat pas/vassit soos 'n ruger ring.
Indien iemand dit dalk al gedoen het of weet van so iets sal ek dit baie waardeer indien julle my in die regte rigting kan beduie.
Indien ek nie reg kom met so basis nie, dan gaan ek vir die 9000.
Groete
Ockert
Ruger Nr 1 Weaver Teleskoop basis vir RDS
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
-
Gerald111
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Thu Sep 05, 2024 12:06 pm
Re: Ruger Nr 1 Weaver Teleskoop basis vir RDS
More Ockert, Hoe lyk die roer en wat het jy toe gekies? (foto???)
Groete
Groete
