Anatoliese herdershonde 2024

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1439
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Anatoliese herdershonde 2024

Post by Eduard Venter »

Dagsê manne. Is hier enige iemand wat deesdae nog anatole gebruik om hul vee te beskerm. Ek weet in die verlede was daar sprake van suksesse en baie probleme met die honde. Maar ek wil graag hoor wie gebruik hulle vandag nog suksesvol as 'n oplossing vir roofdierbeheer.

Groete

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 505
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Thunderhead »

Eduard n vriend van my gebruik hulle om saam sy boer bokke te loop en het dit werk. Om hom is goed met baie tande en hy kry min skade.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1439
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Eduard Venter »

Dankie Pieter, dis goed om te weet

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Evan94Skilla
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Tue Jan 15, 2019 6:27 pm

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Evan94Skilla »

Eduard.

My skoonies gebruik hulle nou al jare tussen die skape en bokke met goeie sukses in die bosveld. Hulle roer die roofdiere en die wat hulle kan dood kry maak hulle plat.

Ander vriend van my gebruik hulle in die vrystaat ook by sy skape.

Lekker aand.
BRNO - .30-06
Remington 700 - .243 AI
Glock 17 Gen 5 9mm
Lee Enfield .303
Miroku 12gb
Harrington & Richardson .22 LR
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1439
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Eduard Venter »

Baie dankie Evan, dit klink my daar is darem sukses met die storie vir party mense. Nou wonder ek hoe baie werk is dit om so hondjie op te lei en groot te maak tussen die trop vee

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Nico de Jager »

Môre Eduard, ek self het nooit n Anatool gehad nie, maar hier in die omgewing en Klein Karoo was redelik van hulle en ek kan omgelukkig nie die manne se optimisme deel nie. Nie een enkele suksesverhaal waarvan ek weet nie.
Ek gebruik donkies by my skape. Dit help verseker vir jakkalse maar nie vir rooikatte nie.
Groete
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1439
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Eduard Venter »

Dankie Nico, ja dis juis hoekom ek hier vra... Dit help seker nie om die tipe vraag vir 'n Anatool teler te vra nie haha. Klink my wel daar is enkele gevalle waar dit suksesvol is. Ek het met 'n paar mense kontak gemaak wat die honde huidiglik gebruik, so ek vind ook meer by hulle uit

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Location: Limpopo

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by kwagga »

Bel my as jy meer wil uitvind van Anatole wat werk in Nylstroom. 0823577670
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1439
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Eduard Venter »

Dankie kwagga ek maak so

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Location: tarkastad

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Freddie101 »

Hier in my area weet ek nie van een boer wat nog Anatole het nie..... Ek glo as hulle goed gewerk het sou baie mense gehad het.

So ek is nie positief oor hulle nie...
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1439
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Eduard Venter »

Dagsê. Ek dog ek gee sommer bietjie terugvoer hier 'n jaar later:

Ek het 'n teef gekry kort na ek raad op die draad gekry het. Kry volgende week nommer 2. Ek sou dit nie 'n volmaakte oplossing noem nie, maar het beslis 'n vermindering in roofdier aktiwiteit die laaste jaar. Nie een kalf verloor nie, en heelwat minder wild karkaste opgetel.

In die begin het sy die plaas silwer skoon gehou, en deels ook die buurmanne sin. Dit verg maar bietjie mooi praat met die buurmanne dat hulle nie jou hond skiet wat soms deurgaan nie. Soos sy nou ouer is, is sy baie meer vas aan haar trop beeste en beweeg nie ver rond nie. Dit beteken die beeste is veiliger, maar begin nou weer bietjie jakkalse spore sien in die uithoeke van die plaas ver van die beeste af. Bruin hiëna spore is nou amper ongehoord van. Luiperd maak soms 'n draai maar baie minder as in die verlede. Ons het oorvloed gehad van al daai spesies.

Die hond speel nogal rof met die kalfies, en sy het een hans kalf dood gespeel (daar was nie 'n ma om haar te keer nie). Ek voorsien die probleem sal groter wees met skape. Die spelerigheid is wel darem baie minder nou na 'n jaar.

Tyd sal leer hoe die oplossing op die langtermyn is. Ons weet mos nou al roofdiere is aanpasbaar en hulle sal ook hulle eie planne vind. Vir nou is ek baie gelukkig. Ek wil sê dis beslis die moeite werd om te probeer as jy die tipe roofdiere het wat jou in die moeilikheid sal laat beland as jy hulle skiet.

Neem in ag dit is nie 'n nie-dodelike oplossing soos die groenes dit noem nie. Die honde maak klein katjies, hase, muishonde, voëls ens dood.Image

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2869
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Anatoliese herdershonde 2024

Post by Lategan1 »

Dankie Eduard. Dit is nou lekker en goeie nuus.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply

Return to “Anatoliese en ander Herders-honde”