Dankie Lourens, ek het reeds Sondagmiddag toe die artikel op Maroela Media vir die eerste keer verskyn, dit deurgegee aan Ron Thomson.
Ek wag op sy antwoord daarop en sal baie graag wil hoor wat sy siening is, veral omdat dit ook op jare se navorsing en werklike bewyse van skade gedoen aan veral groot bome in die KNP, gebaseer sal wees.
Nogtans, hier volg 'n paar aanhalings uit Dr Sam Ferreira se jongste artikel oor olifant getalle in die KNP, in Maroela Media se artikel:
Dit beteken nie daar is nie oorbeweiding in sekere dele nie.
Siende dat hy hier na olifante verwys, is dit 'n uitdruklike erkenning dat daar wél oortollige hoeveelhede olifante in sekere dele in die KNP voorkom.
Olifante beweeg mos wyd en vêr rond - dus oral is daar dus té veel olifante - nie net in sekere dele nie.
Is dit nou die rede hoekom hulle skielik
'mensgemaakte watergate, ens.' nou toemaak of verminder?
Dít sodat koeie met klein kalfies verder en na ander dele moet loop met die hoop dat van die kalfies dit nie sal maak nie? (Sien paragraaf in artikel hieroor.)
Dit beteken daar was verlede jaar na raming sowat 23 745 olifante in die Krugerwildtuin.
Na raming of m.a.w geskatte hoeveelheid olifante in 2015 van 17 086 - raaiskoot - wat elke jaar met 4.2% groei.
Druk jou sompompie en dan kom jy by die presiese 23 745 getal uit vir einde 2023.
Nogtans word die volgende met groot gesag gesê:
"Daar word jaarliks tussen Augustus en September opnames van olifant getalle in die park gedoen en ons monitor die verspreiding van olifante in die park, sê Ferreira.
Met alle respek gesê, die man weerspreek homself meer as een keer in hierdie artikel en soos die spreekwoord sê, 'n blinde man kan met 'n stok voel hier word nie die waarheid gepraat nie.
Ek sal terugvoering gee oor Ron Thomson se antwoord hierop sodra ek dit ontvang.