Help asb.met pryse.

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Stanman
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Thu Mar 07, 2024 3:35 pm

Help asb.met pryse.

Post by Stanman »

Soos van julle weet het ek n ruk terug blesbokke te jag aangebied. Nou is my blesbok jagte amper klaar.
Maar daar is nog n plaas met bokke. Weens politieke redes het ek 5jaar laas op die plaas gejag , maar nou het die geleentheid homself weer voor gedoen dst ek daar kan jag.
Nou sit ek met die vraag...
Ek het nie lus om orals te shop vir pryse nie.
Ek gaan jagters kan help met blesbokke en blou wildebeeste en letchwes. ... maar help my asb met pryse. Ek wil jagte fassiliteer maar ek wil n aanduiding hê van pryse.. sal julle asb so gaaf wees en vir my julle pryslyste aanstuur. Ek wil graag kyk of ek regverdige pryse kan bied vir jsgters..
Asb whattsapp my met pryslyste. Ek jag nog blesbokke vir drie weke dan wil ek al klaar my nuwe geleentheid op die tafel gegooi het.. hoop julle kan help ...
Frans
0829219889
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Help asb.met pryse.

Post by jdpretorius »

My persepsie is dat area n invloed het op pryse, so dalk iets om te noem.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Help asb.met pryse.

Post by Frederik »

Hierdie jaar se pryse is deurmekaar twee plase wat amper langs mekaar grens se pryse verskil vreeslik.
Die pryse oor die algemeen op kleiner bokke, rooibok, blesbok en springbok het gestyg maar dan kry jy plase wat oor R100K vrae vir Koedoe bulle oor 60" en waar 'n jong koedoe van 45" jou R35K uit die saak gaan jaag.

Blou willie trofees wat tot R15K gaan.

Swartwitpens en Bastergemsbokke is nou al amper goedkoper as Trofee koedoe bulle oor die algemeen.

As jy nou iewers jag waar die pryse nie seer maak nie pas die plek op.

Ek gee nie om om meer te betaal vir Trofees nie maar vir R100K gaan jag ek liewers olifant as ek die geld gehad het.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Help asb.met pryse.

Post by J le Roux »

Ek dink R1800-R2000 vir blesbokke is billik. BwBste R4000-R5500.

Dit geld nou vir 2ster verblyf en sluit trofee diere uit.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Help asb.met pryse.

Post by Ds J »

Pryse vanaf verskillende plase rondom Tosca en Piet Plessis:
Rooibokooi: R1500
BlouWB: R4500
Blesbok: R2400
AndreVal
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Oct 24, 2017 7:41 pm

Re: Help asb.met pryse.

Post by AndreVal »

Blesbokke het ek geprys tussen 2500 en 3500 die jaar. Dis vir ramme enige grote. Ooie tussen 1700 en 2500.
Wille beeste tussen 5500 en 7000 vir beide geslagte.
Dis op 3 plekke waar ons gereeld gaan jag.
Letchwe's weet ek ongelukkig nie.
Post Reply