Yank YouTubers

Post Reply
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Yank YouTubers

Post by toxicsox »

Maak hierdie video net my ongemaklik of is ek uit die ouderdoos?
Lyk my die manne skiet net. Sommer so uit die jag kamp uit.
Waar in jou lewe sien jy ‘n man sit op sy familie se kos terwyl hy nonchalant op die radio kommunikeer.

Dalk is dit net ek.

https://youtu.be/2ykiFf1rv2E?si=uTqRYMkTdoozFiXa
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Yank YouTubers

Post by Ds J »

Kultuur en opvoeding speel n groot rol in enige mens se lewe. Daarom is daar bestuurders en bestuurders, jagters en jagters, soldate en soldate, verkoopspersoneel en verkoopspersoneel.

n Oom het eendag moedeloos gesê hy wil nie meer n Christen wees nie want Christene gee Christene n slegte naam. Dieselfde beginsel geld vir jagters, soldate, verkoopsmanne, boere en basies enigiets waarby mense betrokke is.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Yank YouTubers

Post by saswart »

Blameer die PH's maar ook, hul laat dit toe...

Ek sal net graag wil weet watse drone is daai wat 'n halwe karkas kan optel.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Yank YouTubers

Post by Ds J »

saswart wrote: Thu May 30, 2024 1:59 pm Ek sal net graag wil weet watse drone is daai wat 'n halwe karkas kan optel.
Die hommeltuie (drones) wat gebruik word om gif te spuit en sekere saaiwerk te doen kan tot amper 40kg optel. Ek het gehoor van een wat tot 60kg kan optel.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13584
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Yank YouTubers

Post by Capt. Yoda »

Da is drones wat 100kg kan lig, ou wat en ken wat in Zululand met suiker boer het een wat 50L gif kan vat om te spuit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Yank YouTubers

Post by Geno »

DJI Agras T40 kan 50kg gemaklik optel.
Goed, beter, 6millimeter!
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Yank YouTubers

Post by toxicsox »

Daai laaities kon self die bok af dra. Nee wat, kom ons sit eerder bo op die bok en wag dat die drone hom kom haal. Treurig sonder respek vir die dier wat ge jag is. Weereens, miskien net ek. Ek is 'n jagter, maar daar is niks lekker daar aan vir my om 'n dier se lewe te neem nie. Ek jag vir die tafel, vir bewaring en die voortbestaan van jag vir bewaring. Nie vir prêt sonder respek nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Yank YouTubers

Post by OosKaapJagter »

Moet nie ons nostalgie oor jag verwar met wat hierdie ouens doen nie. Die meeste van ons jag vir die jagervaring en die vleis is 'n bonus. As jy net vleis wil hê gaan die somme nie sin maak nie.

Hierdie is suiwer besigheid. Die kliënt wil 'n video maak wat sy teikenmark tref. Behalwe vir so stukkie aandete tydens die ekspedisie is dit nie sy familie se kos waarop hy sit nie. Die meeste van die vleis word waarskynlik net hier gelos en dalk gaan die trofeë saam terug. Die man maak sy videos en word betaal na gelang van hoeveel van sy aanhangers daarna kyk. Ironies genoeg help diegene wat so verontwaardig is oor die video om die man te finansier. Kyk na die kommentaar op die video en behalwe vir een kommentaar wat lyk net soos die eerste plasing op hierdie draad, (waarskynlik dieselfde outeur?) lyk dit asof die ou sy teikenmark ken en verstaan. Sy aanhangers is gaande oor die video.

Die jagonderneming kry kliënte wat betaal. Iemand moet hulle salarisse, voertuie en selfs hommeltuie se onkoste dra.

Ek glo nie daaraan om my voorkeure en waardes aan ander op te dring nie. Synde hierdie 'n besigheid is, kan hulle seker maar doen wat hulle wil, binne die perke van die wetgewing. Hulle sal egter sekerlik nie erelidmaatskap van byvoorbeeld die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging verkry nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13584
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Yank YouTubers

Post by Capt. Yoda »

OosKaapJagter wrote: Thu May 30, 2024 9:24 pm Moet nie ons nostalgie oor jag verwar met wat hierdie ouens doen nie. Die meeste van ons jag vir die jagervaring en die vleis is 'n bonus. As jy net vleis wil hê gaan die somme nie sin maak nie.

Ek stem nogals saam, is mos so eenvoudig soos om nie na die mense op youtube te kyk as jy nie van hulle hou nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Yank YouTubers

Post by Frederik »

Daarna vlugtig gekyk so stuk stuk die arme outfitter het nie baie geld uit die trippie gemaak nie met die klomp mis skote nie en bobejaan en aap word verniet geskiet. Ek wonder of hy dink dit was 'n goeie idee om die klomp op sy jag te kry want netnou is daar meer van die klomp oppad. :-[
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Yank YouTubers

Post by tripodmvr »

Hier is 'n ander Yank wat Suid Afrika se lof besing en 'n goeie ambassadeur vir ons is.

https://www.youtube.com/watch?v=mNBansvp1F4
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Yank YouTubers

Post by tripodmvr »

OosKaapJagter wrote: Thu May 30, 2024 9:24 pm Moet nie ons nostalgie oor jag verwar met wat hierdie ouens doen nie. Die meeste van ons jag vir die jagervaring en die vleis is 'n bonus. As jy net vleis wil hê gaan die somme nie sin maak nie.

Hierdie is suiwer besigheid. Die kliënt wil 'n video maak wat sy teikenmark tref. Behalwe vir so stukkie aandete tydens die ekspedisie is dit nie sy familie se kos waarop hy sit nie. Die meeste van die vleis word waarskynlik net hier gelos en dalk gaan die trofeë saam terug. Die man maak sy videos en word betaal na gelang van hoeveel van sy aanhangers daarna kyk. Ironies genoeg help diegene wat so verontwaardig is oor die video om die man te finansier. Kyk na die kommentaar op die video en behalwe vir een kommentaar wat lyk net soos die eerste plasing op hierdie draad, (waarskynlik dieselfde outeur?) lyk dit asof die ou sy teikenmark ken en verstaan. Sy aanhangers is gaande oor die video.

Die jagonderneming kry kliënte wat betaal. Iemand moet hulle salarisse, voertuie en selfs hommeltuie se onkoste dra.

Ek glo nie daaraan om my voorkeure en waardes aan ander op te dring nie. Synde hierdie 'n besigheid is, kan hulle seker maar doen wat hulle wil, binne die perke van die wetgewing. Hulle sal egter sekerlik nie erelidmaatskap van byvoorbeeld die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging verkry nie.
Ek stem saam oor die "besigheid" deel. Die PH gaan sekerlik nie toelaat dat die plaas leeg geskiet word nie en kan selfs wild inkoop om getalle weer aan te vul.