RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Moderator: Global Moderator
-
- Jr. Member
- Posts: 70
- Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm
- Location: Edinburgh
RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Ek wil n teleskoop op die RSA aksie sit. Op die oomblik is daar net die twee gate agter op die aksie waar die teiken visier was. Ek verstaan dat die aksie sal baie hard wees. Boor sal stadig wees maar dink die probleem sal wees om die draad te sny. Het iemand dit al gedoen en watter gereedskap het jy gebruik?
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
-
- Sr. Member
- Posts: 451
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
- Location: Tulbagh
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Dit sal wys wees indien jy dit by 'n kundige geweersmid sal laat doen. Erwee Basson in Vredendal het myne gedoen. Hy is 'n RSA spesialis en het self talle van hierdie gewere wat hy aangepas het. Hy het myne ook gepak, gefloat, draad gesny, knaldemper self gemaak, snellerjob gedoen, ens.
Ek weet wel die gate vir die teleskoopbasisse moet presies op die regte plekke geboor word anders kan iets afbreek... Ek het destyds bygestaan terwyl hy aan die geweer gewerk het en hy het dit genoem.
Ek beantwoord nie jou vraag nie, maar maak seker die regte ou doen die job...
Groetnis!
Ek weet wel die gate vir die teleskoopbasisse moet presies op die regte plekke geboor word anders kan iets afbreek... Ek het destyds bygestaan terwyl hy aan die geweer gewerk het en hy het dit genoem.
Ek beantwoord nie jou vraag nie, maar maak seker die regte ou doen die job...
Groetnis!
-
- Jr. Member
- Posts: 70
- Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm
- Location: Edinburgh
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Baie dankie Hein. Jy het baie antwoorde gegee al klaar. Ek is in die VK en het n paar geweersmid gekontak maar almal is versigtig met die draad wat gesny moet word, boor is maklik se hulle. Het jy dalk kontak besonderhede vir Erwee?HeinM wrote: ↑Tue Dec 19, 2023 9:46 am Dit sal wys wees indien jy dit by 'n kundige geweersmid sal laat doen. Erwee Basson in Vredendal het myne gedoen. Hy is 'n RSA spesialis en het self talle van hierdie gewere wat hy aangepas het. Hy het myne ook gepak, gefloat, draad gesny, knaldemper self gemaak, snellerjob gedoen, ens.
Ek weet wel die gate vir die teleskoopbasisse moet presies op die regte plekke geboor word anders kan iets afbreek... Ek het destyds bygestaan terwyl hy aan die geweer gewerk het en hy het dit genoem.
Ek beantwoord nie jou vraag nie, maar maak seker die regte ou doen die job...
Groetnis!
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
-
- Jr. Member
- Posts: 70
- Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm
- Location: Edinburgh
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Het n rail gekry toe ek in SA was. Dit kom glo van verskaffer in Gauteng af. Maar die geweersmid hier se dat die onderkant skeef van die rail skeef le op die aksie. Selfs sonder dat die twee skoewe agter ingesit is.
Ek vertrou die geweersmid, baie lank al in die besigheid en almal het my aangeraai om hom te gebruik vir die boor van die aksie.
Enige iemand anders al die selfde probleem gehad?
Ek vertrou die geweersmid, baie lank al in die besigheid en almal het my aangeraai om hom te gebruik vir die boor van die aksie.
Enige iemand anders al die selfde probleem gehad?
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
-
- Sr. Member
- Posts: 451
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
- Location: Tulbagh
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Ek dink dat die smid daar in die UK self die rail moet maak wat op die geweer sal pas... Dan is jou probleem opgelos...
Sterkte!
Sterkte!
- Capt. Yoda
- Hero Member
- Posts: 12863
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Hoe skeef is skeef? Kan hy hom nie bed nie?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
- Jr. Member
- Posts: 70
- Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm
- Location: Edinburgh
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Ek het nou iemand gekry wat vir my een sal maak hier. Nog nie prys gekry nie, hy sal met die geweersmid praat. Maar ek het n gevoel dit gaan my baie meer kos as die prys vir een in SA en om dit hier te probeer kry gaan seker meer kos as die rail. Maar om n bietjie ou geskiedenis te best is dit seker werd.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2709
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop
Ja, hoe skeef is skeef? Net omdat hy dit dalk nie self gemaak het nie? Best sales talk.
Kyk mooi.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk