Afrikaanse Weergawe

Die regte terminologie vir wanneer na herlaai en herlaai komponente verwys word.

Moderator: Global Moderator

GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by GuyB »

Ek sou se Patroondophouer!
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by GuyB »

My oorlede ma was Afrikaans, my pa Engels. My ma is oorlede toe ek in St4 was en my pa is weer getroud toe ek in St 6 was met n Duitse dame. Also , "Ich sprache auch Deutsch". Al die jare in 'n Engelse kerk, Englse skole (matriculate at Pretoria Boy's High) en toe op Tukkies gewees, waar as die handboek in Adrikaans was ek in Afrikaans geantwoord het en as dit in Engels was, Engels beantwoord het.

Die grootste eer wat ek ooit gekry het, is in n werksonderhoud wat in Afrikaans gevoer is, en die onderhoudvoerder my vra; 'Hoe is jy op joe tweede taal". My antwoord was: 'Dit is my tweede taal wat ek nou met U praat.' Die ou se Oe het gerek.

My vrou is n Hollander hier gebore, in Warmbad en my kinders is Afrikaans grootgemaak.

I are fully two tailish!

Moet my net nie se dat King Louis, Koning Lodewyk is en King John, Koning Johannes is. Dan kan jy n argument van my verwag!

Ons moet oppas vir ons taal, Netnou praat ons nes die Hollanders van n computer en jou agterent as n k o n t. En dis polite geprek.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Location: Ladismith - Klein Karoo

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Willie »

Kan iemand asb weer die lys van Afrikaanse terme vir ons hier op sit - ek kry dit nerens . Of soek ek net baie swak ?
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1804
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Ds J »

GuyB wrote: Fri Apr 05, 2024 1:52 am Ek sou se Patroondophouer!
Nou kan ons lekker vuisslaan oor onbenullighede ;( ;) ;) ... n patroondophouer kan ook n herlaairakkie wees, of n leë konfytblik met gevuurde doppies in.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Johan Nel »

Ds J wrote: Sun Apr 07, 2024 2:21 pm
GuyB wrote: Fri Apr 05, 2024 1:52 am Ek sou se Patroondophouer!
Nou kan ons lekker vuisslaan oor onbenullighede ;( ;) ;) ... n patroondophouer kan ook n herlaairakkie wees, of n leë konfytblik met gevuurde doppies in.
Ek het uit nuuskierigheid in 'n Afrikaanse weergawe van Somchem se Ballistiese Handleiding gaan loer. Hulle verwys daarna as 'n 'patroon klamp'.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2661
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Lategan1 »

Dink dis naby, patroondop(-)klamp kan vir my werk?

Patroondop houer?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by GuyB »

Nee,nee,nee! Nie Vuisslaan nie. :):

Ja, maar die ding Klamp nie! :) Soos met n skroef of soortgelyke meganiese aksie nie!

Hy hou net, en dan nogal los ook!
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by GuyB »

Dalk n Patroon-dop-skuif.

Want jy skuif die dop in om pennetjie-orent te staan. :) Smile net ingeval die Dominee wil Vuisskaan
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Location: Port Elizabeth

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by dennisinpe »

Dopskoen
Sal moet n nuwe term in volksmond inbring so eerder iets eenvoudigs dan.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2661
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Lategan1 »

Miskien is daar reeds Dennis, Gawie is gewoonlik goed hiermee.

Interessantheid, ek na Engelse woordeboek gaan loer. Alternatiewe woord vir “holder” is “container”, beide as volg verduidelik.

Container is meer ‘n houer
Holder is meer “held/hold”. Alhoewel beide baie oorkruis gebruik word.

“A container used to hold or carry things,
A device or implement for holding, supporting or hanging something,
The part by which a thing is held, carried, or controlled“

Dink logies hieroor. Die voetstukkie se primêre funksie is om vas te hou, in statiese posisie, stewig - ja Guy, hy sit wel los, stem. Sy funksie is nie om maklik doppe in te laat skuif nie, dit is in “ essence” ‘n klamp, ongeag hoe dit in posisie kom. Indien dit ‘n swaar voorwerp was wat moes masjineer word, sou dit vasgeklamp word nadat ‘n oorhoofse kraan dit in posisie geplaas het. Die kraan kan dit ook oorhoofs in ‘n “ sleeve” laat insak wat dit in plek hou, veral as herhaaldelik gebeur. Dink ook ‘n draaibank. Noem hulle dit nie ‘n chuck nie?

Dennis, stem saam, kort funksionele term.

Dophouer
Dopklamp

?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1496
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by swc-tr »

En ken n shellholder as n skoentjie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by HeinM »

Kom ons begin die lysie...

Herlaaitoerusting

Herlaai-pars
Matryse
Dophouer
Dopsnyer
Slagdoppie-arm
Skaal
Tregter
Doplengte-meter
Afwerker
Ruimyster
Herlaai-handleiding
Dopsmeermiddel
Kruit
Slagdoppies
Doppies
Koeëls / Punte
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2661
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Lategan1 »

Ek hou van hoe jy dit benader Hein, konteks.

Stem, mens gaan moeilik dophouer klop.

Alternatief: patroondophouer. Een woord?
(Case shell holder)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by tripodmvr »

Kruit is van toepassing op voorlaaiers wat met swartkruit gelaai word. Dryfmiddel is vir my meer toepaslik.

Herlaaitoerusting

Herlaai-pars
Matryse
Dophouer
Dopsnyer
Slagdoppie-arm
Skaal
Tregter
Doplengte-meter
Afwerker
Ruimyster
Herlaai-handleiding
Dopsmeermiddel
Kruit, Dryfmiddel
Slagdoppies
Doppies
Koeëls / Punte
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by GuyB »

Afwerker
Ruimyster

Skuus, maar ek sit nie die kloutjie by die oortjie, hierso. Wat is die Engels hiervoor

Ek is gerus met die ander benaming.

Mooi Tripood!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by tripodmvr »

GuyB wrote: Sun Apr 21, 2024 7:50 pm Afwerker - Finisher
Ruimyster - Reamer

Skuus, maar ek sit nie die kloutjie by die oortjie, hierso. Wat is die Engels hiervoor

Ek is gerus met die ander benaming.

Mooi Tripood!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1626
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Ratel »

tripodmvr wrote: Sat Apr 20, 2024 4:38 pm Kruit is van toepassing op voorlaaiers wat met swartkruit gelaai word. Dryfmiddel is vir my meer toepaslik.

Herlaaitoerusting

Herlaai-pars
Matryse
Dophouer
Dopsnyer
Slagdoppie-arm
Skaal
Tregter
Doplengte-meter
Afwerker
Ruimyster
Herlaai-handleiding
Dopsmeermiddel
Kruit, Dryfmiddel
Slagdoppies
Doppies
Koeëls / Punte
Vlamgat
Maak 'n verskil
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by tripodmvr »

Herlaaipers?
Dopskoentjie - klink reg vir my
slagdopgat - primer pocket
mandrel - maatpen, maatdrukker, diktepen
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1626
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Ratel »

tripodmvr wrote: Mon Apr 22, 2024 11:47 am Herlaaipers?
Dopskoentjie - klink reg vir my
slagdopgat - primer pocket
mandrel - maatpen, maatdrukker, diktepen
Ja slagdopgat klink beter. Ek was nou die dag in 'n wapen winkel waar ek beindruk was met die suiwer Afrikaans wat die mense praat. Daar maar gehoor van vlamgat.
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1626
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Ratel »

vernier calliper = skuifpasser of dikte meter
Maak 'n verskil
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1255
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Location: Lichtenburg

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by Riaan Kriel »

Ratel wrote: Mon Apr 22, 2024 10:06 am .
.
.
Vlamgat
As ek die term hoor dink ek aan die ou SA Lugmag en die Mirage's ... ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by tripodmvr »

Riaan Kriel wrote: Mon Apr 22, 2024 2:37 pm
Ratel wrote: Mon Apr 22, 2024 10:06 am Vlamgat
As ek die term hoor dink ek aan die ou SA Lugmag en die Mirage's ... ;D
As kind het ons altyd na die "Virginia Lugskou" in Durban gegaan. As daardie Mirage sy neus die lug indruk dan sien jy hoe die geelrooi in pers verander met die "afterburner" wat sy werk doen. Het dit ook aanskou toe ek in die 80tiger jare naby Swartwater gejag het. Oefenplek vir die eskader op Pietersburg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Location: Port Elizabeth

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by dennisinpe »

Vraag is of slagdopgat en vlamgat dieselfde ding is. Dink nie so nie.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Afrikaanse Weergawe

Post by JF123 »

Slagdopgat - primer pocket
Vlamgat - flash hole
Post Reply

Return to “Terminologie (Terminology)”