Buskruit pret.
- Ferdi Bam
- Sr. Member
- Posts: 332
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
- Location: Steynsrus, Vrystaat
Buskruit pret.
Ek kon uiteindelik weer n slag met my 45-70 Sharps n paar skote skiet.
So bietjie data:
Geweer: Ruger #1 met n Pacnor loop, 28"1-18T, 8 groef.
Visiere gemaak deur Mike Neumann.
Moyers sneller, speedlock hammer en Wolff spring.
Kruit: 67 gr Wano FFG.
Koeël: 505gr tapered Paul Matthews ontwerp, geseize na .459". Self gegiet met 95% lood/5% tin.
Ek sou net tot op 300m geskiet het maar toe my vriend wil sien of die geweer verder as 200m met buskruit kan skiet en my uitdaag om hom te wys kon ek nie anders as om na n teiken op 500m ook te skiet nie.
Groete.
Ferdi Bam

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Pvdw
- Hero Member
- Posts: 5048
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Location: Pretoria
Re: Buskruit pret.
Daai sights van oom Mike is net in 'n klas van hul eie. Ek kan my net indink wat die manne se reaksie was toe daai 505gr lood die teiken tref.
- Ferdi Bam
- Sr. Member
- Posts: 332
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
- Location: Steynsrus, Vrystaat
Re: Buskruit pret.
Peet,
Ek het baie lanklaas ernstig met die geweer geskiet. November het ek probeer om met S355 n lading te ontwikkel maar helaas dit het nie uitgewerk nie en ek is bly daaroor. Die geweer se magic lê vir my in buskruit. Ek verstaan hoe hy werk met buskruit. Toe ek vir die ouens vertel dat ek met hom tot op 900m BP Bisley geskiet het het die oningeligtes hul wenkbrou gelig en so wragtig sê een dit wil hy sien. Nouja hier gaat ons alweer maar dis lekker. Ek gaan egter my 45-70 Govt met n Martini Henry aksie vir die spektakel gebruik. Die geweer het n lang throat en kan 74gr FFG vat met n 540gr Dave Farmer koeël en wat ook tapered is. Dieselfde tipe loop maar net 32" lank. Die groot probleem is egter om die teiken te kan sien maar ons sal rondom dit kan werk. Ek moet na die skottelskaar skiet wat reeds daar hang, so dis nie n BPCR teiken maar nouja dis maar so. Intussen moet ek seker maar n bietjie oefen. O ja die Martini skiet amper 1300vps met daardie koeël. As ek egter meer spoed nodig het sal ek maar weer met die Matthews koeël skiet wat vinniger sal wees en steeds momentum het. Hopelik tref ek die skottelskaar maar ek glo ek sal.

- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20878
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Buskruit pret.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2709
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Buskruit pret.
Netjies Ferdi, yster.
Iets wat ek nie ken nie.
Beste.
Iets wat ek nie ken nie.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk
- Ferdi Bam
- Sr. Member
- Posts: 332
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
- Location: Steynsrus, Vrystaat
Re: Buskruit pret.
Lategan1 dis n skietwêreld van sy eie. Alles gebeur meer as die helfte stadiger as n nitro geweer geweer. Die koeëls wat trek, die wind wat jy lees, die voorbereiding vir die volgende skoot, laai van patrone ens. Maar o magtig dis lekker. Jy moet ook n "skieter" wees in murg en been anders kan jy maar los.
En moet nie vir n oomblik dink dat die gewere nie n groepering kan skiet. Jy sal verbaas wees.
So terloops die blou gong is 200m en die grootte is 500m.
Groete.
En moet nie vir n oomblik dink dat die gewere nie n groepering kan skiet. Jy sal verbaas wees.
So terloops die blou gong is 200m en die grootte is 500m.
Groete.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Ferdi Bam
- Sr. Member
- Posts: 332
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
- Location: Steynsrus, Vrystaat
Re: Buskruit pret.
Buskruit pret 2.
Ek het vandag met my Martini Henry, ook in 45-70 Sharps, geskiet. Hy is heelwat meer "ge-throat" as die Ruger en kan n bietjie meer kruit vat. Ek moet eintlik die 530gr Postell koeël in hom skiet maar ek moet myself eers weer opskerp met die herlaai van sy patrone. My ontnugtering vandag was my oë en die minder goeie sneller vd Martini Die geweer het ook n
33"1-18T en 8 groef Pacnor loop. Aangeheg is n foto van n groepering op 100m wat maar swak is en ook n foto vd geweer.
Groete