Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het enige van julle manne al die "Ultrasonic apparaat" probeer om jul doppe mooi skoon te kry.
Dit lyk na 'n goeie idee om te gebruik in plaas van tumblers of iets anders.
Op die stadium gebruik ek Hein se metode met tartaric acid, agterna maak ek verder die doppe mooi blink met "Brillo"
Brillo maak die dop mooi skoon buite, maar wat van binne??
Ek het vir my 'n nylonborsel (die wat jy deur die loop trek) gemodify op 'n langer steel. Voor aan 'n elektriese boor maak hy nogal daai dop silwerskoon binne. Jy moet die dop op 'n meganiese manier binne skoonmaak om die carbon uit te haal. Dit is krities belangrik dat jy die nekgedeelte so aan die binnekant moet skoonmaak VOOR jy resize.
Hoop dit help
Hein M.
Last edited by Hein M. on Fri Mar 19, 2010 8:32 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Ek neem aan hier is nou al 'n paar manne wat vir hulle een van die ultrasonic cleaners gekry het? Sal julle se dit is die moeite werd? Ek kyk nou na so opsie, maar wil eers seker maak daar is nie probleeme nie.
Watter models en make het julle? Ek kyk nou tans na die Hornady en Lyman.....
Raven ek het die hornady .Ek vind hom bietjie klein. Doen so 50 .270 doppe op n slag so vier keer deur die siklus om mooi skoon te maak . koop ook die ultra sonic case cleaner dit maak n verskil .Ek deprime eers maak primer pockets skoon en tumble vir so uur dan sit ek dit eers in die ultra sonic cleaner deur dit so te doen gaan die doppe skoner in die ultra sonic cleaner in en jou vloeistof [skoonmaak middel ] hou langer
Na hulle droog is FL resize ek hulle en dan terug tumbler toe om die lube af te kry. mooi blink doppe binne en buite
Lyman Turbo Sonic Ultrasonic Case Cleaner is grooter Die Hornady is so 1.4l ek dink die Lyman is 2.5l moenie na die specs kyk van 200 + doppe nie dit vat te lank en die masjien kan net so drie keer loop dan moet hy afkoel so 50 doppe in die hornady werk goed
Watter maak en Model US cleaner sou julle aanbeveel?
Ek stel self belang in die Lyman, maar daar is nie nou in die land beskikbaar nie. Daar is wel Hornady beskikbaar en ek dink smart reloader.
Het jy Nicolas Yale probeer? Ek het gehoor hulle sou binne die laaste week of wat nuwe besendinge ingekry het. Sal bietjie hier by een man hoor of hy nie kan kry nie
Mooi loop
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
Ek het gister met VLT gepraat hier in Pretoria, hulle kry die Lyman Ultrasonic cleaner oor 2 weke in. Hy kos R1000 en R117 vir die solution. DIt is juis die een waarin ek nou belangstel
Nou die masjien, moet jy die doppe meer as 1 keer nou daarin sit om skoon te maak? Hoe lank hou daai solution dan en hoe lank vat 'n cycle? Sit jy die doppe in voor jy hulle size of eers nadat ju hulle gesize het, want ek sit juis met die probleem van doppe wat op die grond val gedurend die jag, dus moet ek hulle was voor ek size.
So my plan was of is om hulle in die cleaner te sit voor ek size en dan weer na ek gesize het, klink dit reg so?
Dankie almal, ek dink ek gaan maar daai Lyman aanskaf die einde van die maand. Het weer met VLT gepraat vandag, hulle het nog nie die Hornady nie, maar die Lyman stok het vandag gedok.
Ek gebruik NY se smartloader, die kleintjie. Nogal spyt oor die kleintjie, want KD pas nie in nie. My skoonmaak middel is wynsteen suur en sunlight opwasmiddel met water bietjie lou. Skoonmaakmiddel is goedkoop so na ogeveer 5-6 siklusse lyk my doppe nuut binne en buite. Ek weet nie of my middel goed of sleg vir doppe is nie, laat weet maar as iemand iets weet.
More Manne
Ek wil net graag weet watse goed gooi julle alles in die ultrasonic cleaner om die doppe mee skoon te maak. Wees tog so gaaf om jul formiele met my en die res van die forum te deel asb. Ek gebruik Water, eetlepel sunlight liquid en dan so n halwe koppie asyn
Ek het juwele gemaak vir so 9 jaar lank en ek moet s? dat die ultra sonic en die tumbler 2 totaal verskillende funksies het. Juweliers gebruik dit al jare lank in hul werkwinkels. Dis soos 'n graaf en 'n tuinfurk. Beide dolwe die grond om maar elke een het sy funksie wat hy beter doen as die ander een.
Die tumbler word hoofsaaklik gebruik om metale te poleer en mooi te maak. Massa produksie juwele word deur verslikkende mediums getuimel totdat die goud/silwer letterlik blink soos wat jy dit koop in die winkel. Slegs fyn finale polering word met die hand op poleerwiel gedoen.
Die ultrasonic word weer gebruik om vuilgoed soos poleermiddel, vette, koolstof en enige aanpaksel van die oppervlak te verwyder. Die ultrasonic het geen poleer/blinkmaak eienskappe nie.
Die idiaal sal wees om eers doppe in ultrasonic te plaas totdat alle oppervlakkige vuilgoed af gekom het en dan die droe? doppe te tuimel om hulle blinker te maak.
Enige seep oplossing werk in die ultrasonic aangesien die oplossing net help om skoon te maak maar dis die vibrasies wat na regte die werk doen. Probeer om 'n vuil dop in skoon water in die ultrasonic te plaas en sien hoe kom die koolstof uit die primer pocket uit as jy hom aanskakel. Die skoonmaak middel versnel net die proses so effe.
Pas net op as jy klomp doppe in die ultrasonic gooi maak hulle sulke dowwe merke teen mekaar waar hulle teen mekaar vibreer. Die tumbler sal dit weer uithaal.
Hein2506
Uit vorige post
Die sonic cleaner werk vir my beter as die wynsteensuur en sunlight
Doen so 50 .270 doppe op n slag so vier keer deur die siklus om mooi skoon te maak . koop ook die ultra sonic case cleaner dit maak n verskil .Ek deprime eers maak primer pockets skoon en tumble vir so uur dan sit ek dit eers in die ultra sonic cleaner deur dit so te doen gaan die doppe skoner in die ultra sonic cleaner in en jou vloeistof [skoonmaak middel ] hou langer
Na hulle droog is FL resize ek hulle en dan terug tumbler toe om die lube af te kry. mooi blink doppe binne en buite