Hulp met my 7mm Remington Magnum

Moderator: Global Moderator

Post Reply
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by GuyB »

Julle moet maar die ‘Ingils’ verskoon ek ken net die terme in ’Íngils’.

Ek het n Ruger M77 wat in 1979 (Die geweer is al 45 jaar oud) gemaak is in 7mm Remington Magnum. Die 7mm Rem Mag het ‘n “rimmed” dop en “’headspace” op die rim soos die 300 H&H waarvan die dop gemaak is.

Ek het lanklaas herlaai, aangesien ek n vooraad rondtes gehaad het om op te gebruik en alles het verander sedert daai tyd. Koels het skerper geword. Die balistiese-koefisient het verander. Koels, is bepaal, moes nou aan die “lands” raak, om akkuraat te wees, en Somchem is opgeblaas, O, en die wet het verander.

Nou gaan koop ek n “Hornady OAL gauge” om die afstand na die ‘land’ vas te stel en ek skrik my dood. My geweer se loop is uigeskiet. Ek het ‘Throat erosion’ wat skrik vir niks en die RemMag is bekend daarvoor.

Ek sit n vars koelpunt voor in die punt van die “OAL gauge”, n 175gr Nosler Accubond LR, en hy meet amper 10mm langer as die SAMI spesefikasie. Die rondte gaan skaars in die kamer kan inkom, never mind in die magasyn en ek sal nou n Ruger No 1 he, plaas van 3 in die magasyn.

Wat NOU? Ek sit n 175 Nosler Partition in die ‘OAL gauge’’ en ek skrik nog groter. Die is sowat 7 mm langer us wat ek in die ou dae gelaai het, en ook langer as die magasyn. Summier wil ek my geweer met n angle grinder bykom en opsny in stukke, en gaan inhandig by die Polisie. Dit moet die ergste vorm van throat erosion wees wat mens kan teekom. Maar miskien kan ek n nuwe loop kry! Maar dis blykbaar n nagmerrie.

Ek wend my tot 3 dae voor die TV, YouTube, Ron Spomer, die oubaas met 60 jaar se ervaring ek dink The real Gunsmith, ander Yanks wat slim klink en alles oor die herlaai van die 7mm RemMag. En ek tel net stompies op.

Die ouens vertel my baie, en daar moet baie stompies in Amerika wees, want hulle rook so baie Lexington, Gold Dollar, Peter Stuyvesant, Lucky Strike, Texan ens. Maar dit word nie bevestig nie.

Ek vra plaaslik vir hulp by die paar ouens wat ek weet ook herlaai, maar ek kry nie antwoorde nie.

NOU VRA EK JULLE slim ouens!
1. Het ek throat erosion op my M77? Of, het hulle toe hulle my geweer gemaak het in 1979 die ‘throats’ dieper gemaak as wat hulle moes, soos die een roker my vertel, en dan ook die koels dieper ingesit in die doppe as wat hulle moes om te spaar op die magasyn en dus lengte van die geweer.
2. My geweer het sowat 700 rondtes deur hom, dalk meer, want ek het hom redelik nuut, maar tweedehands gekoop.
3. Ek weet dat die nuwe koels n skerper ‘ogive’ het en dat hulle dus dieper sal sit at is die ou punte.
4. Is daar n verbetering in akuraatheid, as die geweer die ‘Lands” raak? Of is dit n miete?
5. Wat is die verbetering?
6. Toe ek laas met hom geskiet het, was die met n ‘’cull’’ in die Vrystaat en moes ons net kopskote skiet. Ek het n Blesbok, so op 90 tree deur die hop geskiet en n Swart Wildebees op so 80 tree, ook deur die kop. So die geweeer skiet ten spyte van die groot ‘free bore’’ tog akuraat?

Ek sal die geweer een of ander satdium na n geweersmit toe vat, laat hy met n ‘bore scope’ kan kyk en bepaal.
Maar wat se julle slim manne?
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by GuyB »

[youtube]https://youtube.com/shorts/LXA9T7855SE?feature=share[/youtube]

Bewys dat die geweer nog akkuraat skiet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21058
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by tripodmvr »

Some info as to my history. Born and bred in Durban and finished school in 1971 at Pinetown High School. Now resident in Vereeniging where I have been since 1981. Practice as a professional land surveyor (not retired as yet) and hence my love for the outdoors and things scientific that assist with my hobby.
 
1. Forget about the absolute COL and load the cartridges to fit your magazine and ensure 100% feeding. Use your old COL as guide line.
2. Give info on bullets to be used as well as propellant. Magnum primers might be the best bet with the larger volumes used by the 7mm Rem.
3. Prepare cases as per your normal reloading procedure. It might be wise to anneal them as they might have become brittle with age.
4. Read up under "Reloading for Quick Load" on this forum and supply measured barrel length and the case volume of an un-altered one that was fired in the rifle (not resized). Method of measurement is mentioned.
5. Load a starting load, shoot over a chrony and we can start calculating to get a safe and accurate load.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13019
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by Capt. Yoda »

Vergeet eers van youtube en die slim mense daar en kry n vertrek punt om van af te werk, as die geweer se werk in daai 80 tot 100 tree afstande gaan wees sal dit nie moeilik wees om n lading te kry wat goed in hom sal skiet nie.

Vir n jag geweer kan ek nie sien laat jy die loop kon klaar skiet in 700 skote nie, ja daar sal throat erosion wees maar dit gebeur in alle lope/kalibers.
Daar is geen rede dat jy jou koels moet laai in daai geweer om die lands te raak nie

Wat se komponente het jy om te laai?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2778
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by Lategan1 »

I shoot 7mmRM.

Your rifle most probably had long throat in first place. Round nose bullets probably also never touched the lands.

As per Tripod and Yoda, mag length & ignore lands.

Load to max mag length. Determine optimal COL from max mag to shorter for best groups. 7mmRM has plenty case space, won’t be problem,
Headspace on shoulder, not belt. Keeps everything nicely centered in chamber, not to have rattle-fit.
Heavy for caliber seems to work well in mine with the long throat, i.e. normal spitzer 175gr.
After anneal & full size, neck size might work well for better groups with the long throat and shoulder headspace. You have to check bolt closure constantly. (I prefer full size far as possible, but has seen better groups with neck sizing in mine)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21058
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by tripodmvr »

Guy, Lategan has practical experience with the 7mmRem and he has given good advice as to resizing. This is to avoid case separation. We can get into finer details at a later stage once we have the basic recipe going. His input will then be valuable.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
GuyB
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Apr 01, 2024 8:56 pm

Re: Hulp met my 7mm Remington Magnum

Post by GuyB »

Dankie Lategan en ter bevestiging tripodmvr!
Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”