Peregrine vlr5 vs vrg2 groeperings

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1363
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Peregrine vlr5 vs vrg2 groeperings

Post by Giepie »

Ek sit met 'n problem. Ek wil 'n "all rounder" patroon vir my 30-06 ontwikkel, met monolitiese koeëls wat ek maklik in die hande kan kry. Ek het op Peregrine vlr-5 171gr besluit om ladings te ontwikkel, waarmee ek ook kan teiken skiet en oefen. Maar dit lyk vir my my Howa 30-06 hou nie van daardie koeëls nie. Die beste groepe wat ek na baie gesukkel kon kry was 3,6moa op 100m. Ek het 'n paar vrg-2 171gr koeëls gehad wat ek toe ook gelaai het met eenderse dope, primers en kruit. Maar hier kry ek 1moa op dieselfde dag, selfde geweer en skut. Ek het die loop deeglik skoon gemaak voor ek die Peregrines begin gebruik het. Het van julle dit ook al ondervind dat 'n geweer van kort "bosveld" koeëls hou en nie van die lang, hoë bc, koeëls nie.

Terloops, ek het Barnes TTSX 168gr koeëls ook probeer en dit wou ook nie mooi groepeer nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm
Location: Malmesbury

Re: Peregrine vlr5 vs vrg2 groeperings

Post by thys308 »

Jip ek ook al onder vind onlangs dat my 222 hou van 50gr v-max en nie van 53gr v-max wat langer punt/ profiel het as 50gr. Van 6" gespring na 1" sonder sukkel tussen 2 punte. Dis mr wat jou geweer van hou.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk

User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1035
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Location: Pretoria

Re: Peregrine vlr5 vs vrg2 groeperings

Post by heywillie »

Het jy al ligter monometaal punte probeer bv. 150gr?

Ek ondervind weer dat my 30-06 glad nie lood kern punte wil skiet nie. Van 150 tot 220gr probeer.
Monometaal punte (GS Customs 150gr en Peregrine 167gr), eet hy weer soos 'n verjaarsdag koek.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 60
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm
Location: RIEBEECKSTAD

Re: Peregrine vlr5 vs vrg2 groeperings

Post by avo »

ek laai Kriek 165gr monos in my 3006 en skiet hulle teen +-2900vts , my geweer wil niks weet van 150 gr punte nie. die enigtse 180gr wat behoorlik groepeer is hornady . maar verkies krieke. Volop beskikbaar en prys is baie goed.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1363
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Peregrine vlr5 vs vrg2 groeperings

Post by Giepie »

Ek was by Peregrine gewees om vrg-2 te gaan oplaai, toe vining met JD Els daar gepraat oor my problem. Hy sê dit is redelik algemeen by fabrikieks gewere met groot kele of die loop is effens groter, maar steeds binne spec. Flat base koeëls gaan nie sommer dieselfde probleme gee nie, loodkern koeëls ook nie.

Ek het gaan Google en op hierdie artikel afgekom. https://www.gunsandammo.com/editorial/ ... les/375628 Veral die slotsom was interessant vir my.
The Schlieren images show that some propellant gases blow past the boattail projectile before it seals the bore. This can have adverse effects on the projectile. The gases that travel past the projectile are very hot and travelling very fast.

Despite how brief this propellant gas blowby is, it can result in non-­uniform deformation of the projectile, or flame cutting, of the jacket. This can result in erratic flight of the projectile and is the cause of the troubling fliers we have all seen in our shooting groups from time to time. I’m not saying these things always happen, but it does create the potential for them to happen.
en
As you can see from the images and the analysis, the boattail projectile has much greater potential for undesirable things to happen. The boattail projectile has a greater sensitivity to factors not being perfect, either in the barrel or at the muzzle. The boattail projectile would be more sensitive to a large throat, throat wear, a damaged crown or worn rifling at the muzzle. If you have a rifle that won’t shoot very good groups with a boattail projectile, try a flat-base bullet and see if it results in better groups.
So my geweer het waarskynlik 'n groterige keel. Dit sal daarom soos dit nou is nie 'n lang afstand geweer kan wees wat hoë bc koeëls akkuraat sal skiet nie. Ek sal dus vrede daarmee moet maak en kyk watter koeëls werk die beste, of aan die geweer se kamer laat werk. Ten minste het ek nou 'n verklaring daarvoor. Ek wil graag weet. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”