Ek is gereeld beindruk deur groepe wat met .22LR op langer afstande geskiet word en hoe dit voordurend verbeter. Ek het besluit om rekord te hou van groep grootte en toerusting op die volgende manier:- skiet ‘n 10 skoot groep op 275m, neem ‘n foto en plaas dit hier tesame met ‘n beskrywing van die toerusting wat gebruik is. 275m = 300y wat goed sal werk om resultate te vergelyk met wat in VSA gebeur. Enige persoon kan deelneem / bydrae soveel keer as hy wil. Slegs die beste groep sal vir enige geweer/ammo/persoon kombinasie gehou word:- maw indien jy reeds resultate geplaas het en jy verbeter jou vorige inskrywing met dieselfde toerusting sal dit vervang word in die 2de plasing. Indien jy egter met ander toerusting inskryf sal jy meer as 1 keer op resultate verskyn (al is dit net ander ammo uit dieselfde geweer).
Die riglyne is as volg:
• Enige .22LR kan gebruik word.
• Skiet van enige posisie.
• Enige ondersteuning kan gebruik word.
• Moet op 275m geskiet word.
• Moet ‘n 10 skoot groep wees.
• Neem ‘n foto van die teiken en plaas dit op hierdie draad.
• Daar moet ‘n skaal op die foto wees bv. ‘n liniaal (of groep gemeet met bv. SubMOA tipe program).
• Gee beskrywing van toerusting (geweer, scope, ammo - kan selfs ‘n foto plaas).
• Gee beskrywing van kondisies.
Ek sal dan die 2de plasing op hierdie draad gebruik vir resultate (groep grootte, naam, geweer, ammo & plasing datum). Sodra iemand teiken plaas op hierdie draad sal ek die 2de plasing “edit” om resultate by te voeg.
Hierdie is nie ‘n kompetisie nie, maar eerder ‘n manier om resultate op langer afstand te vergelyk en te bepaal hoe effektief sekere toerusting op hierdie afstand is. Ek sal dan ook elke kalender jaar se resultate apart hou.
275m .22LR Groepering
- Ammion
- Hero Member
- Posts: 528
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
- Location: George
- Ammion
- Hero Member
- Posts: 528
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
- Location: George
Re: 275m .22LR Groepering
RESULTATE 2024
01) - 98mm / 1.22 moa (Ammion / Vudoo 360 / RWS R100 / 27-03-2024)
02) - 147mm / 1.84 moa (Ammion / Vudoo 360 / SK Long Range / 08-04-2024)
01) - 98mm / 1.22 moa (Ammion / Vudoo 360 / RWS R100 / 27-03-2024)
02) - 147mm / 1.84 moa (Ammion / Vudoo 360 / SK Long Range / 08-04-2024)
- Ammion
- Hero Member
- Posts: 528
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
- Location: George
Re: 275m .22LR Groepering
Hierdie groep het ek Donderdag oggend in goeie kondisies geskiet - Vudoo 360 en RWS R100 ammo.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
- Hero Member
- Posts: 1350
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
- Location: Pietersburg
Re: 275m .22LR Groepering
Lekker inisiaief/uitdaging...
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Geno
- Administrator
- Posts: 13515
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Location: Bloemfontein, Vrystaat.
- Contact:
Re: 275m .22LR Groepering
Jis daai Vudoo skiet mooi Paul. Jy verstaan ook om hom te dryf!
Goed, beter, 6millimeter!
- Ammion
- Hero Member
- Posts: 528
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
- Location: George
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20980
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: 275m .22LR Groepering
lyk my asof 'n .22 sporter met Remington ammo so 5x5 meter skyf sal nodig hê !!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member
- Posts: 12947
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: 275m .22LR Groepering
Ek het nooit gedink ek sal lus raak vir so topend .22 nie ma na ek al jou groepe en Geno se geweer gesien het begin ek heel anders oor dit voel. Baie goed geskiet Paul, jy mag maar n groep skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Ammion
- Hero Member
- Posts: 528
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
- Location: George
Re: 275m .22LR Groepering
Dankie Siebert, ek het 'n rukkie gevat om die Vudoo te regverdig - eers 'n custom CZ laat bou ens. Maar op hierdie stadium is dit die beste geld wat ek nog op speelgoed spandeer het. Veral as jy baie skiet:- jy gaan seker nooit 'n .22LR se loop uitskiet nie (om te dink ek het my 6.5 x 47 Lapua se loop in 9 maande klaar geskiet).Capt. Yoda wrote: ↑Thu Mar 28, 2024 2:18 pm Ek het nooit gedink ek sal lus raak vir so topend .22 nie ma na ek al jou groepe en Geno se geweer gesien het begin ek heel anders oor dit voel. Baie goed geskiet Paul, jy mag maar n groep skiet
- Ammion
- Hero Member
- Posts: 528
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
- Location: George
Re: 275m .22LR Groepering
Hierdie groep met SK Long Range geskiet op 275m. Dit was die eeerste keer dat ek SK in my geweer probeer het en dit skiet op korter afstande baie goed. Die ES is heelwat meer as die RWS R100 waarmee ek vorige groep geskiet het, wat moontlik die groter vertikale afstand van die groep verduidelik.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.