Oopvisier-bokke

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2023
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Oopvisier-bokke

Post by Koos Barnard »

Al waaraan ek deesdae dink, is jag want ek vertrek op 8 April Groot Karoo toe om tussen Merweville en Beaufort-wes te gaan jag. Twee weke daarna, op 26 April, vat ek die pad Suidwes toe... eers 'n bietjie rondry en dan gaan ek suid van Windhoek in my grootword-omgewing jag. Soos julle almal maar te goed weet, is die beplanning vir 'n jag een van die groot lekkerkry-dinge en glo my ek beplan sonder ophou. Dan spandeer ek ook taamlik tyd agter my roere want die koeëls moet reguit trek as jy in die veld is.

Ek plaas 'n paar foto's van bokke wat met oopvisiergewere geskiet is.

Die springbokram het ek met my .375 H&H geskiet een laatmiddag (dis juis op die jagtog toe Katte Katzke my uitgedaag het om verder net met die oopvisier te jag nadat ek twee ander bokke met teleskoopgewere geskiet het).

Die ander twee foto's is van Dandrej, my oudste seun, toe hy 13 jaar oud was (amper 14). Hy wou baie graag met sy oupa Grootkoos se .303 jag en het toe hierdie vlakvark en springbokram geskiet. Die vlakvark is op redelike kortafstand geskiet, seker so 30 tot 40 treë en die springbok op 120 treë. Hy het die springbok skuins van voor geskiet op die blad en agterna die pens uitgehaal met 'n mes wat hyself gemaak het. Sommer so 'n garage special wat hy met 'n vyl en grinder gemaak het.

Nog foto's volg in tweede post.
Mooi loop
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2023
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Oopvisier-bokke

Post by Koos Barnard »

Die duikerram is in die Moordenaarskaroo geskiet op die plaas Lammerfontein met my 7x57. Die ram het oor 'n klipriffie vir my staan en loer op seker so 50m en die koeël het hom van voor in die kop getref. Die 7x57 is weereens gebruik om hierdie springbokooi te skiet, ook op Lammerfontein. Ek het vir dae probeer om naby genoeg aan springbokke te kom om een met die oopvisier te skiet. 'n Troppie het my uiteindelik die kans gegee nadat ek hulle ver gevolg het... die bokke is agter 'n kliprif in en ek het die laaste klompie treë letterlik gehardloop om binne skietafstand te kom. Toe hulle agter die klipriffie uitpeul was ek so 70m van hulle af en het toe hierdie ooi geskiet. Toe ek haar op haar rug draai om die pens uit te haal, het ek my rug beseer (die ding het in 'n spasma gegaan en ek dink dit was maar van al die bekruipery die vorige paar dae). Daar was nie paaie naby nie en ek moes die bok ongeveer 700m of so oor 'n rant dra want daar was ook nie enige plaaswerkers op die plaas om te kom help nie. My vriend Piet was ook in Laingsburg. Dit was voorwaar 'n moeilike stukkie werk en een wat ek die volgende klompie dae berou het.

Die rietbok was my eerste stuk wild met my ,375 H&H wat ek in 1997 laat bou het. Toe het die geweer nog 'n plasiekkolf gehad. Hierdie ram is in die suide van Natal geskiet kort nadat ek voltyds by Magnum begin werk het. Dit was op Eric Egland se plaas. Dit was ook laatmiddag in reënerige weer. Die eerste skoot was skoon mis, maar gelukkig was daar donderweer aan die lug en die ram het seker gedink dis die weer wat dreun. My tweede skoot op net so oor die 100m het hom van voor in die nek getref. Kort daarna het 'n digte mis oor die berge afgerol in die vallei en toe ek wou kortpad vat deur 'n stuk digte bos het ek liederlik verdwaal in die mis. Ek het eers donker by die plaashuis aangekom, net toe Eric by die werfhek uitry om my te kom soek. Die foto is die volgende oggend geneem toe ons die ram gaan haal het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4801
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Oopvisier-bokke

Post by Frederik »

Dankie vir die deel daardie Rietbok het waarlik dik horing bassise.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6793
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Oopvisier-bokke

Post by DWB »

Lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 805
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Location: George

Re: Oopvisier-bokke

Post by partner »

Weer dankies Koos. Vir Mooi fotos en Lekker vertel.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”