Wat sal ek aanskaf?
Moderator: Global Moderator
- RUPERT
- Hero Member
- Posts: 1169
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
- Location: Germiston
Wat sal ek aanskaf?
Vir die manne wat meer weet as ek
Manne ek het beslluit die tyd is reg om myself te bewapen vir selfverdeediging.
Nou ek sal nou nie se ek ken handwapens nie en wil nou ook nie se ek ken hulle nie.
Wat sal julle aan beveel vir n man wat vir eers net n handwapen wil he vir as iets by die huis gebeur?
Permanent aan my dra sal seker nog aan my groei of ek sal dit net moet begin aan leer.
Watse brand, model in 9mm sal julle voorstel sal n goeie begin punt vir my wees?
Julle opinies en ondervinding sal baie help.
Dankie

- Grenslyn
- Sr. Member
- Posts: 354
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
- Location: Kalahari
Re: Wat sal ek aanskaf?
Hallo Rupert
Jy kan my kontak op 084 trippel 5 8144 dan gesels ons bietjie.

Hein
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1388
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Wat sal ek aanskaf?
My opinie... Koop 'n goeie, betroubare handwapen wat moontlik is om elke dag te dra in jou omstandighede. Selfs al beplan mens nie om te dra nie, kan dinge in mens se lewe verander en dan het mens nie tyd om aansoek te doen vir 'n nuwe lisensie nie. Dink bv aan 'n vlaag huisbrake in mens se straat ewe skielik.
Ek is nie 'n kenner nie so ek gaan nie te veel sê nie. Maar kyk na die algemeen beskikbare handelsmerke in iets wat nie te groot is nie en verkieslik 9mm vir beskikbaarheid van ammunisie. 'n Glock 19 is wat ek elke dag dra maar ek is ook in die veld elke dag so my omstandighede is anders as meeste mense sin.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk

-
- Full Member
- Posts: 187
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
- Location: Stellenbosch/ Maltahohe
Re: Wat sal ek aanskaf?
Ek het n Glock 19 aangeskaf vir my. Dit dra gemaklik (17 te groot en die kleintjies is weer te klein vir my hand). Ek het iets sonder n hammer gesoek wat darem bietjie minder in my love-handle vassteek. Bekende maak, parte oral beskikbaar en die wapen het hom darem al bewys.
Ek dra hom nou 5 jaar en eks tevrede met dit.
Niks fout met die ander make nie. Dit was maar my keuse.
Ek dra hom nou 5 jaar en eks tevrede met dit.
Niks fout met die ander make nie. Dit was maar my keuse.
-
- Hero Member
- Posts: 2050
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Wat sal ek aanskaf?
Nog n glock19 vote. Hys nie so mooi op die oog maar prakties. Min skerpkante om die vel gas te gee.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
- Jr. Member
- Posts: 74
- Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm
Re: Wat sal ek aanskaf?
Daar loop baie opinies rond, maar geen fabrikaat het dieselfde track record as Glock nie. Oral beskikbaar.
As jy hulle gaan skiet sal die G19 waarskynlik soos die beste een voel, maar baie gunshops sal jou vertel hoeveel mense hul inruil vir n dunner een. G43x en G48 is in my opinie die beste gun wat jy kan kry vir langtermyn eienerskap. Ek hoef seker nie vir jou te vertel nie, maar die novelty van iets interessants koop hou net n jaar, maar daarna moet jy elke dag saam met die geweer leef.
Slimline Glock sal jou beste companion wees vorentoe.

308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
-
- Sr. Member
- Posts: 439
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
- Location: Tulbagh
Re: Wat sal ek aanskaf?
Skaf 'n 9mmP aan en tweedens gaan jy 'n G19 moeilik klop Ek het later ook 'n 12 boor pompaksie vir snags by die huis aangeskaf.
Mooi naweek!
Mooi naweek!
-
- Newbie
- Posts: 26
- Joined: Tue Oct 24, 2017 7:41 pm
Re: Wat sal ek aanskaf?
Ek het G26 gegaan en hom leer skiet na ek baie gesukkel het met die kort grip. Rede was gemak en hy steek goed weg. Die G19 was gemakliker in my hand maar G26 gemakliker gevoel aan my sy. Gaan voel hulle, skiet hulle en dra hulle daar in die winkel en vat alles wat hy moet doen in ag. Ek dra hom met sy kort mag en pop 'n 19 mag in as dit nodig is
- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1626
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Wat sal ek aanskaf?
Kyk na die groote van wapen. Vir conceal carry iets in die lyn van Glock 19, CZ PO7, Smith & Wesson, Sig Sauer, Beretta of Ruger. Almal baie betroubaar. As dit my keuse was is dit tussen G19 en PO7. My raad verder sal wees raak vetroud met wapen en dra dit permanent indien jou omstandighede dit toelaat. Geniet die besluit en koop. Altyd lekker as nuwe roer op pad is.
Maak 'n verskil
- Rawstorne
- Full Member
- Posts: 105
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
- Location: Polokwane
Re: Wat sal ek aanskaf?
Daar is baie goeie opsies.
Soos genoem, gaan toets almal.
Huntex is om die draai, dalk is daar weer goeie aanbiedings.
Laat hulle almal voor jou uitpak. Vat een vir een en kyk wat pas jou hand lekker.
Die CZ P-10C het vir my vrou gewen. Die hoek van die greep laat haar net natuurlik die wapen reg rig, sy kan dit maklik oorhaal en sy hou van die greep.
Die Glock 19 was aanvanklik my keuse. Maar, ek het haar punt ingesien en toe ek met die G19 skiet het ek saam gestem.
Nou-ja. Alle pistole in die huis is CZ en almal is 9x19.
Probeer dat die magasyne vir alle pistole pas, jy wil nie onder druk met die verkeerde rondtes of magasyn sukkel nie. Kry 'n standaard, of bêre dit ver van mekaar.
Die pistole wat nie 'n haan of stert (beaver tail) het nie is ook in my opinie gemakliker om te dra. Soos bo benoem.
Indien jy iets anders as die gewone oorweeg, kyk wat kos ekstra magasyne en parte. Jy sal gou weer na die norm kyk.

- Posts: 1804
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Wat sal ek aanskaf?
Naand Rupert, ek het 32jaar gelede begin dra, en ek het al n hele klompie mense leer skiet, of gehelp om handwapens aan te skaf. Ek het ook al n hele verskeidenheid van handwapens gedra in die tyd.
Hier is enkele gedagtes wat kan help:
1. Het jy al handwapenbevoegdheid? Indien nie, kan jy dit solank doen. Dit gee jou agt maande om n handwapen uit te soek.
2. Geniet die soektog! Skiet meer as een keer met elke denkbare kandidaat, en kyk waarmee jy gemaklik is. Hier is genoeg mense op die forum, en in die plaaslike skietklubs wat graag sal help om jou breë blootstelling te gee. Kyk wat gebruik die mense wat regtig baie skiet - dit is n getuienis vir die gehardheid van n sekere fabrikaat.
3. Daar is n rede waarom die groot ou staal-handwapens can die 1970's so lank in kluise gelê het - hulle is regtig ongemaklik om te dra. Ses of agt skote met n handige klein pistooltjie in jou sak is baie sinvoller as vyftien skote in die kluis.
4. Doen moeite om n goeie gordel en holster te kry. Daarvoor sal jy baie moet lees, en kyk waarvoor jy kans sien. Sit uit die staanspoor die gordel buite-om die wapen want dan rem hy nie so kwaai grondwaarts nie.
5. Akkuraatheid en betroubaarheid is baie belangriker as die kaliber. (Kry dus vir jou n 9mm ) Op n ernstige noot: 9mm K (.380ACP) ammunisie is duur en soms skaars.
6. Doen nou reeds die nodige kopwerk om baie te oefen (droë oefeninge tuis) en berei voor om hom te gebruik as dit sou nodig raak. SV beteken dat jy nou reeds die besluit neem om n ander mens te skiet indien dit sou nodig raak. Ek stel dit hard en duidelik, want wanneer die rooftog plaasvind is daar nie meer tyd om daaroor te wonder nie. Uiteraard hoop ons dat dit altyd net teorie sal bly!
7. Kry n handwapen waarmee jy gemaklik is, en waarvoor jy kans sien, en wat by jou situasie en liggaamsbou pas. Ek self sou aanbeveel dat jy na kompakte of subkompakte 9mm kyk, maar kyk eers mooi voordat jy koop.
8. Bly by die bekendste betroubare fabrikate, bv Glock, S&W, CZ, Sig ens. Girsan en HS (Springfield) is blykbaar ook baie goed. Ja, dit gaan duurder wees, maar kwaliteit kos geld. Hulle na-verkope diens en parte is oor die algemeen ook makliker bekombaar.
9. As ek vandag iets moes koop sou ek waarskynlik n subkompakte 9mm gekoop het: G26 of 45, of CZ P10-C, of die Hellcat, of so iets. Hulle skiet akkuraat en die kleiner grootte maak tog n baie groot verskil as jy hom permanent en veral versteek wil dra.
Vra gerus - ons sal graag raad gee.

- Dumbluck
- Hero Member
- Posts: 547
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
- Location: Langebaan
- Contact:
Re: Wat sal ek aanskaf?
Ek het 'n Glock 19 al baie jare, as ek nou iets moes koop sou dit 'n Glock 43X wees.
Pistool is niks werd in die kluis nie, my 19 is partykeer net daai bietjie groot om op my te sit.
Het vir my vrou 'n 43X gekoop en nou al met hom geskiet.
Ek sal daai pistool altyd by my kan dra, sal hom sommer 'n my PT short se sak kan gooi in 'n remora holster as ek met die hond gaan stap.
10 Skote op jou is meer werd as 15 in die kluis.
Kyk ma bietjie Youtube, dit is 'n baie populere EDC , en jy kan baie akkuraat wees met hom.
Ware selfverdediging gaan op 2meter gebeur, jy gaan nie eers deur die sights kyk nie.
https://youtu.be/U6a0r-OgP44?si=YArFxJI9d8ijkcVO
https://youtu.be/XvTWgJq-Y3k?si=RZeJ3jGWyKChiICm
https://youtu.be/UdTOotGzVcY?si=4A6Or5YDV5jU2jbw

- Frederik
- Hero Member
- Posts: 4876
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- Location: Pretoria
Re: Wat sal ek aanskaf?
EK gaan nou spanner in die werke gooi maar ek is baie gelukkig met my nuwe carry wat ek elke dag drae.
Taurus GC3 ek het 15 rondte magasyn ekstra gekoop die geweer kom saam 3 x 12 rondtes magasyne en klein kompak en met one up conceal ek lekker en het 16 rondtes reg vir aksie.
Ek drae hom met Remora Holster en nemand weet ek is gewapen nie gemaklik as ek ry ook.
Nou die dag 'n kursus geharldoop met die pistool en hy het baie goed gedrae akuuraatheid en handling.
Alhoewel sub compact pistole moeiliker is om te skiet as gevolg van extra muzzle flip het ek baie goed geskiet teenoor meeste ander wat nie compact was nie.
Loer maar reviews oor die geweer en sy prys is ook nie sleg nie.
- LUAN
- Hero Member
- Posts: 3084
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
- Location: Port Elizabeth
Re: Wat sal ek aanskaf?
Onthou net die 43x het die langer greep as die 43 en is dan net so lank soos die G19. Hy is wel smaller wat hom gemakliker maak om te dra. Dit is jou greep lengte wat n punt kan druk in jou hemp en jou weg gee dat jy dra. As jy na sub compacts kyk en hulle breedte jou nie so baie pla kan jy gerus na die Beretta apx centurion kyk. Glock is bekend vir sy betroubaarheid en Beretta is darem al 500 jaar oud ook. Glo nie jy kan fout maak met enige van die 2.
-
- Hero Member
- Posts: 883
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Wat sal ek aanskaf?
Mense en hulle keuses verskil. My persoonlike drawapen sedert 1990 is 'n Norinco .45 ACP (1911A1). Na derduisende skote het ek volle vertroue in die wapen se betroubaarheid. Wat is die gewig en grootte probleem waarvan julle praat?
Probeer om 'n addisionele wapen ook op sportstatus te kry. Indien jy in 'n selfverdedigingsaksie betrokke raak, is die kans uiters goed dat daar vir 'n lang tyd beslag gelê gaan word op jou wapen. Sou iets breek, jou wapen word geroof of iets dergeliks, is dit ook goed om 'n addisionele wapen te hê.
Ek het ook 'n CZ75 vir kompetisie skiet weens die hoër magasynkapasiteit en 'n kompakte Glock 30S (ook .45ACP). Beide is goeie wapens.
Daar is niks fout met die Taurus wat Frederik hierbo aanbeveel nie. My vrou het al so 6 jaar 'n Taurus PT111G2 en ek het geen klagtes oor die wapen nie. Sou jy egter kompetisie wil skiet en jy benodig onderdele, sal jy waarskynlik sukkel om dit te kry. Geen persoon wat so wapen dra vir selfverdediging gaan hom opskiet nie.
As ek wapens sou aanbeveel vir jou doeleindes, sou dit 'n kompakte 9mm CZ of Glock wees in 9mmP. Sulke wapens is gemaklik om te dra en onderdele vir beide fabrikate is volop.

- Posts: 381
- Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
- Location: Alberton/Gauteng
Re: Wat sal ek aanskaf?
Ek het laasjaar n canik mc9 gekry vir my nuwe dra gun, ek is nie eendag spyt nie, lekker klein, genoeg kapasiteit en na 2000 skote nog nie een probleem nie.
Te veel gunne en te min geld
-
- Newbie
- Posts: 39
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: Wat sal ek aanskaf?
Ek dra gereeld my wapen by my en is nie een dag spyt ek het 'n CZ P07 gekies nie. Na my mening is hy lig en lekker kompak vir dra maar skiet hanteer en prys beter as die Glocks.
Die Canik's is ook iets wat ek sterk sou oorweeg as ek nou weer na 'n handwapen kyk
Sent from my iPhone using Tapatalk

- Capt. Yoda
- Hero Member
- Posts: 12782
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: Wat sal ek aanskaf?
Probeer ma alles skiet wa na jy kyk, hierie klein supcompacts skiet baie 11.1.11 veral as jy groot hande het en alhoewel hul lekker dra moet jy tog nou en dan bq oefen ook. Eks ma n fullsize tiepe ou al dra hulle nie altyd so gemaklik soos die heel klein pistole nie. Oor die hammer of geen hammer, ek verkies n pistool met n hammer wat daai eerste skoot bq meer krag vat om te trek as jy 1 up dra met die hammer “af”. As dinge skeef loop en jy point daai pistool op iemand pomp jou adrenalien vreeslik
As ek nou weer n pistool koop sal dit die CZ PO7 wees

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Boogjagter
- Full Member
- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
- Location: Otjiwarongo
Re: Wat sal ek aanskaf?
Ek het lank n Glock 17 gedra en moes dit verkoop toe ek Namibië toe trek. Hier kon ek net n Ruger Security 9 vinnig genoeg en binne my begrooting kry, en dit toe gekoop. Ek dra dit elke dag ooral - baie gemakliker as die glock. Dit het n beter sneller druk as die Glock wat ek gehad het en skiet net so akkuraat soos my broer se P7 en akkurater as die glock. Die slide se blueing is dalk nie so goed soos die duurder make s'n nie en ek sal dit nog laat ceracote, maar ek is baie tevrede met die pistool.