Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

Ek het n Howa 223 8 twist kort aksie varmint. Hy werk baie mooi met 53gr V maxe en 73gr ELDM’s. 75gr ELDM’s werk glad nie. Wil hoor of enige iemand anders n 8 twist Howa het en of 80gr ELDM’s werk?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by tripodmvr »

Volgens Quick Load sal die giroskopiese stabiliteit van 'n 80gr ELDM 1,56 wees. Afhangende van jou hoogte bo seespieel kan dit marginaal wees. Die syfer vir die 75 ELDM bereken op 1,52.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by tripodmvr »

Spoed by 2800vps
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 884
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Location: Pretoria

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Hercules Louw »

Meet jou groefdraai.
Een van my vriende het dieselfde Howa as jy gekoop en sy resultate was ook dieselfde. Sy groefdraai het op die einde een draai in 10.5 duim gemeet.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

Hercules, ek het dit nou gemeet en dit is inderdaad 1 in 8. Hy stabiliseer die 75gr’ers maar hulle groepeer net nie. Wonder nou net of 80gr meskien sal werk.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 773
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Location: Durbanville

Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Heinds »

75gr punte werk nie in meeste standaard 223s nie aangesien jy hulle nie vinnig genoeg kan skiet om die lang punte reg te stabiliseer nie. Nou al in n paar 1:8 223s probeer en die resultaat is dieselfde.

73gr en ligter sal die job doen.
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 884
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Location: Pretoria

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Hercules Louw »

Gelukkig is jou groefdraai reg. Wat is jou sprong na die lande? My ervaring in my Tikka 223 met 1 in 8 loop en in van my vriende se 22-250's is dat die 75gr koeëls van +-1mm sprong hou. Die patroonlengte is dan langer as standaard magasynlente vir 223.

Die 75gr, 80gr en 88gr Eldm koeëls het almal die lang neuse wat maak dat hulle nie geskik is vir gebruik in standaard 223 kamers en pas binne standaard magasynlengte met max oal 57.4mm nie.

Ek het n langer magasyn en al drie die betrokke Eldm koeëls stabiliseer in my geweer, maar die patroonlengte is langer as 60mm. Met beperkte ladingontwikkeling lewer 75gr die beste resultaat tot dusver.

Wat ek ook gevind het is dat die lang neuse van die 75gr en swaarder Eldm koeëls baie maklik seerkry indien die nekspanning van jou doppe effe te hoog is, die dryfmiddel te veel gekompakteer word of jou "seating stem" nie bedoel is vir die lang spits neus koeëls nie. Indien daar n effense ring in die neus van die koeëls gedruk word kan jy maar vergeet van groepeer.

Die 73gr Eldm is heelwat korter met n korter neus wat bedoel is vir standaard 223 gewere en magasyne. Die koeëls werk dan ook gewoonlik baie beter in 223 gewere, maar jy het n laer bc.

Lang storie, maar jy gaan met die 80gr koeëls waarskynlik ook nie sukses kry as die 75gr nie werk nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20825
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by tripodmvr »

GS verbeter na 1.6 met die 73gr koeël.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

More Herculaas, ek kan die 75’s lekker ver uit laai. Op 62mm het hulle 1mm jump gehad en dis hoe ek hul gelaai het. Ek is in Pta so ek twyfel of stabiliteit die probleem is. Dink die geweer hou maar net nie van die 75gr eldms nie.dis n jammer want hulle het so n lekker bc.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12792
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Capt. Yoda »

Heinds wrote: Sun Nov 05, 2023 9:18 pm 75gr punte werk nie in n 223 nie aangesien jy hulle nie vinnig genoeg kan skiet om die lang punte reg te stabiliseer nie. Nou al in n paar 1:8 223s probeer en die resultaat is dieselfde.

73gr en ligter sal die job doen.
Nou wonder ek al die mense wat F-TR met n 223 skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 773
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Location: Durbanville

Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Heinds »

Capt. Yoda wrote:
Heinds wrote: Sun Nov 05, 2023 9:18 pm 75gr punte werk nie in n 223 nie aangesien jy hulle nie vinnig genoeg kan skiet om die lang punte reg te stabiliseer nie. Nou al in n paar 1:8 223s probeer en die resultaat is dieselfde.

73gr en ligter sal die job doen.
Nou wonder ek al die mense wat F-TR met n 223 skiet
Verwys hier na rakgewere soos howa en tikka. Ons skiet die 223 veldskiet klas al jare en jy kan enige van die protea skuts of ander se opinie vra oor n 75eldm, berger of 80gr.

As die punte werk in jou geweer is dit die uitsondering en nie die reel nie. Hornady self stel voor dat jy die 75gr eldm met n 1:7 twist skiet. Hulle werk in die 22-250 want jy skiet hom teen 3300fps plus. In die 223 kry jy 2900.
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by JF123 »

Dan is my standaard Tikka seker ook in die minderheid. Skiet redelik met die 75 ELDM. Nou nie so goed soos die Berger 75gr nie, maar gemaklik onder 1 MOA.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1815
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Alwin »

Ek vind dat die Tikka 24" 223 1:8"gewere redelik goed skiet met die 75gn ELDM.

Die Howa 24" 223 1:8"gewere wil glad nie met die 75gn ELDM groepeer nie.

Die 80gn ELDM is effens langer, dus sal hy waarskynlik nie in 'n Howa 1:8" werk nie.

Die Howas werk wel skaflik met Lapua Scenar en Sierra MK 77gn asook Nosler CC 80gn. Hierdie is almal korter as die 75 ELDM.

Dit gaan nie oor gewig nie, maar oor lengte. Lugdigtheid (hoogte bo seevlak) het ook 'n invloed.

Volgens wat ek hoor, maar nog nie self getoets het nie, behoort die Hornady 73 gn ELDM goed te werk in die Howa.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Location: Cradock

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Izak H »

Hornady 73gr eldm, Nosler 70gr rdf, berger 70gr werk van die beste in die 223 1:8

Sent from my SM-G990E using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2961
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Apie »

Ek het ook al vrede gemaak met die feit sommige gewere net nie met sekere patrone wil skiet nie.

Ek het 2 x 22-250’s
‘n Custom Howa met 8 twist loop wat niks wil weet van 75gr Eld maar 80gr Eld pragtig skiet en dan weer ‘n Tikka 8Twist wat weer 75 greiners verkies en niks van 80gr Eld’s nie.

Ek dink die keel se ‘lead angle’ en die tipe ogief speel ‘n redelike groot rol.

As jou geweer van’n sekere koeël hou skiet hom. Moenie te veel tyd en geld spandeer op goed wat nie sukkel om te werk en as hulle werk dalk jou geweer temperamenteel maak nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

Dankie Apie, ek stem 100% saam. As iets nie werk nie sukkel ek nie daarmee nie.
Nou wonder ek net. As die 80gr werk in die gewere waar die 75 eldm nie werk nie, meskien werk die 80gr in die Howa. Enigste manier is seker maar om dit te toets.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2662
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Lategan1 »

Altyd interessant om die .223 se nukke te volg.

As iemand lus is en van die onderskeie swaarder koeëls het, doen asb. as volg vir almal se kennis. Ek het nie, anders het self gedoen.

Meet 10 van elk se basis tot ogief met “comparator” en bepaal die ES. Hier staan o.a. sekere aspekte uit, stabiliseer, groepeer goed en swak, Howa en Tikka 1:8 se sukses met al die gemelde koeëls verskil.

Dit vorm net so deel van die sukses al dan nie wanneer ons praat van koeëlgewig en koeëllengte. Voor ons nie die feite weet of wil weet nie, praat ons dalk verby oor hoekom of hoekom nie. Sirkels ;)

Ek beweeg ook aan wanneer ek sukkel, road of least resistance, maar soms moet ons ook stilstaan!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

Howa 8 twist skiet die 53 Vmax verskriklik mooi maar die wind affekteer hulle nogal baie. Die 73 Eldms skiet ook mooi en dien beter in die wind maar as ek kyk na die 80 Eldms teen 2750fps dan sal hulle baie mooi doen in die wind met hul hoe bc en tot 1000m werk.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2961
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Apie »

Wat wil jy doen met jou 223? Watse tipe skiet?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

Apie, ek speel maar met hom en skiet gonge tot sover as wat ek kan. Doen eintlik alles maar ons skiet redelik kolganse so tussen 200m en 350m en partykeer waai die wind nogal.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2662
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Lategan1 »

@eight,

Jy het ‘n gemengde antwoord hier gekry. Het herlees omrede die .223 se kopsere my nommer het, soos jy weet.
Hiermee glo ek is die ontbrekende deel van jou antwoord in fabrieksgewere.

Dieselfde koeël reageer verskillend in verskillende gewere, met ‘n neiging dat dit ook kan verskil tussen of ‘n Howa of ‘n Tikka, selfde draai. Algemeen waar.

Volgens wat hier geplaas was, het niemand my uitnodiging opgeneem om die base-ogive metings van verskillende swaarder koeëls te meet en te vergelyk nie.

Soos skrywers hier uitgewys het, die .223 is sensitief vir koeëllengtes, al is die gewig teoreties geskik vir die loopdraai, Tripod se GS berekeninge werp verder lig hierop. Dit is dan ook die kruks van jou vraag.

Die riglyn vir die .223 met veral swaarder koeëls, ongeag watter fabrikaat geweer of kort keël of lang keël, (throat) blyk as volg te wees:

Die .223 met sy klein afmetinge is uiters sensitief vir enige veranderlike en onkonsekwentheid, maar veral vir lengte verskille van koeëls relatief tot sy klein afmetinge en nek deursnee. Kritiese dopvoorbereiding is NB, hierdie weet ons geld oor die algemeen, maar veral vir die .223.

Tolleransies tussen gewere se kamerafmetinge verskil, (algemeen waar) keëllengtes wat reeds kort is, ook. Die ruim kamer vs die stywe kamer scenario, nek deursnee ens. Nou hier lê die probleem.

• Onderskeie koeëllengtes,(algemeen waar en reeds genoem)
• “Base to ogive” lengtes,
• belangrikste, die dravlak/bearing surface lengte van swaarder koeëls.

Dravlakke van langer/swaarder koeëls relatief/proportioneel tot deursnee.

Die “bearing surface” van swaarder koeëls relatief tot die verskil tussen onderskeie gewere se tolleransies in hierdie klein kaliber is die enkele aspek wat uitstaan waarom dit presteer in die een en nie in die ander nie. Natuurlik gegewe alle ander sakies is in plek en gelyk om verder as 250m akkuraat te skiet.

Hoekom is hierdie so belangrik? Die .223 is soos hier op verskeie drade etlike kere genoem, wêreldwyd bekend vir sy swak SD/ES resultate. Dit, tesame met bogemelde dravlak kriteria en o.a. dopvolume verskille, gee aanleiding tot die bekende swakker as verwagte elevasie prestasie op die teiken. “It all adds up vertically” op die verder afstande.

Dus kan ons ‘n redelike gevolgtrekking maak dat die verskil tussen stuiwe en ruim tolleransies in hierdie kaliber drastiese verskillende resultate kan lewer met dieselfde koeël. Tipiese gedrag.

Terloops, die 26” loop .223 met beter ontbranding en hoër spoed, hanteer hierdie verskille skynbaar oor die algemeen effe beter vir presisie akkuraatheid. Die SA-Jaggeweer skuts behoort goeie terugvoer hieromtrent te kan gee.

Hoop dit gee beter duidelikheid.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Eight »

Hello Lategan, vir terugvoer. Ek het die 80gr ELDM’s gekry en kan hul met n TPL laai van 63mm en dan is daar n 1mm spring na die lande. Die onderstaande twee 5 skoot groeperings is op 214 yards ge skiet. Een met TPL van 63mm en een 62.5mm. Die 3 skoot groepering op 216 yards. Die 3 skoot groepering se nek tension was 1 thou meer as die ander en TPL was 63mm.

My volgende toetse gaan wees met die 1 of 2 thou meer nek tension en ek wil ook kyk wat gebeer as ek die sprong na die lande verminder na 0.5mm.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2662
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Howa 223 8 twist 80gr ELDM

Post by Lategan1 »

Mooi, probeer by 300m kom.

Moenie bang wees om goeie neck tension te gee nie, jy is op regte pad. Dit is duidelike insette wat ek gekry het, dink Yoda het dieselfde gesê.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”