Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2062
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by JAGTERSREG-JRM »

Minuscus, Beska en Grootfontein se Grote

Minuscus
Wil graag so stukkie deel van een van die Einas in die lewe en n baie moeilike en ongemaklike tyd in my lewe. Ons almal dink mos maar ons bly jonk al wil die lyf ok nie meer doen wat die kop se hy kan doen nie. Dit is maar egter deel van grootword maar glo nie die kop en lyf gaan ooit dieselfde taal meer praat nie. Die begin van die storie was Standard 8 of tewel grad 10 soos dit nou bekend staan…..Rugby en Atletiek was daardie tyd baie meer belangrik as skollwerk alhoewel dit nie die heel belangrikste was nie. Op n vroee ouderdom het ek reeds vir die dorpspan gespeel en was een van 2 skool laaities wat saam met die ouer manne gespeel het. As ek reg onthou was ek en Bennie (verlangse neef) maar 16 en die jonkste van die res was in die omgewing van 27 jaar oud.

Dit was harde rugby maar was bitter lekker….maar saam met die grootman sport het daar maar ook beserings gekom. Die Dok het daaityd vertel dis ma nodig vir n operasie maar dan wwas ek uit met die hele rugby speel storie…..uit die aard van die saak het ek dadelik daardie opsie van die tafel af gegooi “sucked it up” en rugby en atletiek gedoen al was dit soms redelik donders seer. Beina 2 jaar terug staan ek langs die netball baan in Nylstroom en daar uit die bloute uit sonder enige waarskuwing hak die knie vas en besef nou is daar poef, die ding is stockstyf en ry ma so gesukkel sukkel terug Pretoria toe na die sportsdag. Ek weet toe sommer dadelik hier kom dit nou!! So is ek dokter toe spesialis toe en toe hospital toe. Mnr van den Berg jy operasie is nie so erg nie jy kan na die operasie huis toe loop of so se die Spesialis. Nog erg deur die weer van die operasie kom ek by en begin aantrek (nog lekker verdoof natuurlik) en hulle vra my wat ek wil eet vanaand? Eet vanaand julle verstaan verkeerd die Dr het gese ek kan huis toe…..Nee Mnr van den Berg jy kan nie opstaan nie jy moet eers eet. Ek sit toe maar paar stukke kos in die lyf, trek aan maar soos ek op daai been staan besef ek die blixem het gejok…Loop gaan nie gebeur nie. Boek myself uit en word met n rolstoel na mamma se blou Cross gevat…..So saggie saggies vloek ek die rook uit daai Dok uit maar nouja. By die huis kom die lewe mooi terug, min slap en baie rondrol want ek slap gewoonlik om my linker sy (en dis die been wat gekap is). Lang storie kort die klomp het my verbind van bo in die lies tot onder op die enkel en daai wille plyster op harige dele is nie n grappie nie.

Beska
So gebeur dit dat ons gesins jag opkom soos elke jaar n skamele 2 weke na die operasie…..Jag sal ons ma jag maar besef ek loop nerens nie. Ek ry die mense rond, laai hulle af en besluit dis n goeie geleentheid om tyd saam my meisiekind te spandeur in die hide (sy nog bietjie kort vir loop en jag so ek het gese sodra sy groter diere wil skiet as Rooibok en Vark moet da geloop word). Die knie werk nie so lekker saam met die klim in die boomhuis nie en hy hang so by die deur uit want da nie werklik baie spasie daar binne nie. Eerste kry ek geleentheid met die 444 Marlin so bo my been by die deur/opening uit en die hong vark val net daar neur. Volgende kom daar drie ramme en n ooi in en kan sien al drie die ramme sal definitief Rowland Ward plus wees maar probeer dit ma inhou en se vir Katryn sy moet kies watter een vir haar die mooiste staan. Die ramme stap heel rustig na die koelte bome oorkant die pan en so binne my kry ek n effe van n bewerasie maar hou dit ma binne. Patroon nou watter een gaan jy skiet fluister ek…..pappa daai een staan mooi….

Nou druk nie sneller stadig af as jy reg is…..Die Ruger Ranch 7.62x39 blaf en met n gejuig vlieg die ram oor die damwal maar kom nie ver nie. Die oudjie lug sy kop een keer na hy grond toe is en kon toe dadelik sien dis verby. Toe die skoot geklap het kon ek aan reaksie sien sy het ha plek gevind end it op ha twede rooibok en sommer n meneer. Ons sit vir so oomblik rustig maar kon sien die opgewondenheid loop oor by haar. Met n gespook en gespartel klouter ek a fen help haar ook af da tons kan gaan loe en paar fotos neem. Daai dogtertjie se gesig kan ek net nie beskryf toe sy sien waste ram dit is nie (sy het nie eens na die horings gekyk nie maar gefokus op die skoot wat natuurlik die aangewese manier is).
Ons neem so paar kikis en kry toe weer ons sitplek in die ou staal konstruksie boomhuisie. Seker 10 minute later kom daar klomp varke in gehol en die sog suip met ha kop reguit na ons kant toe. Sussa skiet ha in die kop….”nee pappa het gese ons skiet nie in die kop nie” so vat dit toe half n gestryery dat sy die oudjie moet skiet. Die skoot klap soos van tevore en die sog hop rond of sy n spring ingesluk het en kom tot ruste in die pan (skoot was so bietjie af van die mikpunt af maar het darm toe mooi uitgewerk). Nou is dit fotos en laai…….nee nee pappa gaan seerkry pappa kan nie die diere laai nie. Koppig soos ek is stoot ek die bakkie terug, slaan die flap oop, hak my linker arm om die tralies, rus met my regterbeen op die klap (linker been is geskroef) en trek die rooibok met my regterhand op die bakkie. Dieselfde situasie met die vark maar nou le die ding in die pan…..ek vat ha met beide hande aan die tande, trap regs vas en linker been in die lug en le agter toe….so paar keer geval en vol modder herhaal ek toe weer die bobbejaan streek op die bakkie maar die goed is nou op. Kom so by die slagkamer toe kry ek eers n oorvol van my skoonma….maar wie anders gaan dit doen as ek.

Grootfontein Grote
Twee weke na die gesins jag is daar weer n geleentheid waaroor daar lank gesels was en beplan is…ongelukkig sluit beplanning nie altyd knie operasies in nie. Met die knie binne n stut vat ek die pad noorde toe (gelukkig na die Nylstroom storie het ek my gat gewip en van die Manual Hilux ontslae geraak en n Ranger Auto aangeskaf)…..so gaan ons leeujag. Ek weet van vorige ondervinding dat n kat nie altyd die bostelegraaf ontvang nie en soos normaalweg gebeur volg hulle hulle eie beplanning en maak dit n lekker uitdaging. Sondag kom ek aan op die plaas en kry maar soos altyd al die goedjies gereed dat n man nou nie moet sukkel nie…..geniet n rustige aan en eet ordentlik so langs n hardekool vuur en vroeg maandag is ek op e naan die gang.. Die roer is gereed, die water, die twak en natuurlik so pynpil of 6 want weet dit kan n lang dag raak.

Voor die son sy kop uit steek is daar n boom after die bakkie en ons begin die paaie sleep aangesien n man moet bepaal waar daai kat is dat n man kan afklim en spoor begin vat. Die ure loop verby maar pad vir pad is daar nie n enkele spoor nie en is asof sy in die lug verdwyn het. So terwyl ons deur die pragtige bosveld ry begin my kop n draai vat na 2021 waar so wilde ding ok besluit het om berg se kant toe te gaan, ek sit en dink hoe die storie gaan werk om oor rondse en klippe te klim met n geskroefde knie. Wel ons is nou daar so ons maak die beste van n saak. Baie goed in die lewe kan my afsit maar stap was nog nooit een van hulle nie.

Die dag stap aan sonder enige sukses en die woorde word toe geopper……ons kry nie spore nie is daai kat nie in die berge nie. “Wel daar is net een manier om uit te vind” ons moet ma gaan kyk! So werk ons die twee koppe so stuk vir stuk deur en dis ruig en so bietjie pynlik maar niks wat nie oorkombaar is nie….paar ure later is ons redelik seker dat daai kant nie daarbo is nie. Vat ma weer die lorrie en begin van die paaie wat ons nog nie gedek het nie ook deurry maar so half vir voorbereiding vir Dinsdag se sessie. Ek is vir eens in my lewe bitter bly ek het nie my ou staatmaker 470 saam gebring nie, daai gewig sou die knie verder laat buig het. Die Remington Marlin in 45/70 is n plesier op die skouer en werk ideal vir ruigtes op daai plaas. Alhoewel ek baie gemakliker voel met my 470 op my skouer doen die 45/70 sy werk goed en n man kan darm vining n paar koele agter mekaar uitkry (vinniger as enige dubbel of slotaksie).

Dag kom tot n einde en die stof le dik op al die plekke denkbaar…dit is tyd om nog n strategie in plek te sit maar wat?n Man loop soms met die hoop om n vars spoor te kry maar die effektiefste plan is maar om te ry en ry en hoop die kat kruis n pad of los tog net n teken dat sy wel nog lewe!!Die kat het al so bietjie van n geskiedenis en het die liefde ontwikkel om baie vining na mekaar n bok plat te trek en het al n jagter of drie onduik met ha manier van verdwyn sodra sy agterkom daar is iets nie pluis nie. Week van tevore het sy n groot Kudu koei gevang en opgevreet so ek wonder of sy so gou na die tyd weer sal vang….

Dinsdag oggend vroeg is ek op na n ietwat van n rondrollery op die koning grote bed maar ek is op en kry alles reg dat ons met moed die nuwe dag aanpak. Die voels is besig en besef net weereens hoe bevoorreg jagters is, die natuur is so eg uit God se hand en kan nie vir een oomblik dink dat daar mense is wat nie jag of in die bos kom nie. Die bosveld en natuur is diep diep in my ingegrawe en voel kompleet of ek tuis is as ek in die bos is. So gaan ons deur die hekke, hak n boom en begin weer stelselmatig die roetes doen. Kudu, Rooibokke, Swartwitpense en self die Ou Buffelbulle wys hulle oe maar nie n enkele teken of spoor van n kat nie. Met sulke jagte is daar maar hoogte punte en laagte punte en man kan nogals negatief raak as jy die hele dag op jou bas sit en kyk hoe die stof waai after die boom wat stuk stuk breek en alle tekens van spore op die grondpad verwyder.
Ons ry selfs op nuwe paaidjies met die hoop om iets op te tel maar niks. Die laaste pad is gesleep en besluit toe om weer so draai te maak onder die koppe deur net om seker te maak sy het nie dalk af beweeg en n watertjie gaan drink nie maar niks. Ons besluit dis seker tyd om n kossie in die pens te kry en ry af na die rivier toe (ek sien die spore van hyenas langs die draad en wonder vir n oomblik ma nee). Ons ry die krokelpaaidjie op die rivier se walle en vra toe dat ons net n draai gaan maak langs daai draad iets is nie pluis nie!

So gemaak en so gedoen (die Hyenas het op en af gestap teen daai draad asof da iets is wat hulle lok), uit vorige ervaring weet ek dat die algemene wind rigting na die draad se kant toe stoor en erens hier binne my kry ek die gevoel dat die kat erens hier binne op n karkas is. Osn draai n klein paaidjie af wat skyns van die draad af inloop en wragtig vroeg oggend het ons die spoor gemis….op die kant van die pad is daar n enkele spoor van die kat (half weggesteek onder oorhangende gras) en net daar besluit ons die “brunch” kan so bietjie wag dat ons net gou loer.

Roere op die skouer, kamera op die kop, water aan die sy en daar gaan ons….Die bos is ruig maar ons hou elke skaduwee met valk oe dop en eweskielik sien ons net die agterkant want n kolosale wyfie wat in die lang grasse verdwyn so half onder n doringboom deur. Daar is dit nou en ons beweeg bitter vining na die linkerkant toe om net n oog op haar te kry. Dis n drafstappie en geloer deur elke bos en dooie bome en n groot gesukkel om enigiets te sien….Die volgende oomblik is da n geel streep en en ons draf na die naaste padjie om te sien of sy gaan kruis maar so in die hoek van die oog sien ek sy maak n draai toe sy die oopte sien. Voor ons is groot bome met baie ruie bos en staan en kyk vir beweging maar niks, die volgende oomblik sien ek hoe n vorm die son se strale breuk so tussen die bome in wag vir die silhouette van die kat om neus na die bome deur te druk en so gebeur dit die eerste skoot vale n die silhouette word n reuse wyfie en sy spring en grom verwoed n twede skoot vind sy plek n derde skoot slaan n boom en hoor hoe skree hy in die verte….daar word vining weer twee pille in die roertjie ingedruk en die opvolg begin……n skamele 50 meter verder sien ons die groot geel dier le tussen doringbome en sy het haar laaste uitgeblaas. Die verligting is groot en soos dit maar gebeur het dinge bitter vining gebeur en man moes vastrap en die uitkoms verseker. Dis so asof jy n helse sug van verligting gee as jy besef die kat le en jou skote het hulle plek gevind. Die ou 45/70 met sy Aimpoint het weer sy werk gedoen en is bitter bitter gelukkig met die resultate. Eerste skoot het ha reg agter die blad getref in die middle en die twede skoot skuins van agter net onder n derde van bo af vorentoe. Ek is verstom aan die grte van die kat en is by verre die grootste wyfie wat ek nog onder oe gehad het. Tot n volgende keer en mag ek weer so bevooreg wees om God se hand in die natuur te kan sien en elke oomblik in te sui gen te waardeur.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2062
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by JAGTERSREG-JRM »

Uittreksels van die Tacticam met die 1ste twede en derde skoot....no 3 is die begin
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2062
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by JAGTERSREG-JRM »

Die ou grote en met groot waardeuring en verseker baie goeie herinnering aan die jag
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1238
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Location: Lichtenburg

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by Riaan Kriel »

Baie mooi die storie vertel en 'n mens kan dit lekker saam beleef.. Well done !!

Dankie vir die deel
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12525
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by Capt. Yoda »

Baie goed gedoen Kobus, dis n bitter mooi Rooibok daai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6793
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by DWB »

Lekkker!!!!!!!! Welgdaan!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 805
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Location: George

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by partner »

Dankie Kobus. Pratige fotos. En mooi storie.
User avatar
Rawstorne
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Location: Polokwane

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by Rawstorne »

Pragtig!
Dankie vir die deel.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2023
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by Koos Barnard »

Netjies Kobus! Lekker storie.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2062
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Re: Minuscus, Beska en Grootfontein se Ou grote

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dankie almal, skies was bietjie van n hoofpyn week gewees......
Dankie vir almal se terugvoer en dis vir my lekker om my ervaring te deel.......

Voel my soms of ek helemal ander aanslag het as die algemene jagter, ek hou daarvan om my gat af te werk en uit die aard van die saak elke keer iets nuuts te beleef of leer. EN da is ma net een manier om daai liefde te stimuleer en dis op die voete tussen stof en sweet!! Soms natuurlik pepperticks en bloed ook
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply

Return to “Dangerous Game Hunting/ Gevaarlike wild jagte”