45 ACP vir Jag?

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7800
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

45 ACP vir Jag?

Post by Arnold »

Ek sit en wonder nou hierso en is vir een of ander rede baie lus vir n .357 Mag met 4" loop as n all-rounder.

Ja, selfs dalk n bok skiet as die geleentheid opduik maar wonder toe hoe sal n 45 ACP vaar.

'n Wichester Ranger in .45 - 230gr @ 900fps behoort seker mooi te maak teenoor 'n .357 - 125gr Ranger @ 1200fps

Kom ons neem aan ek jag nie met n semi-auto pistool nie en als is volgens regulasies

Enige gedagtes hieroor en sou jy 'n BWB aandurf met 'n 45 ACP?

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 905
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by OosKaapJagter »

Die probleem is dat die .45 Winchester Ranger nogal kwaai oopmaak wat 'n negatiewe impak op penetrasie gaan hê. Dit is perfek vir selfverdediging, maar jy word nie aldag deur 'n blouwildebees aangeval nie.

Ek sou nie oorweeg om 'n blouwildebees met 'n 45 ACP te jag nie. In 'n situasie waar die dinges die waaier getref het en jy geen ander keuse het nie, glo ek 'n volmantel of selfs 'n soliede loodkoeël sal beter presteer.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1815
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Alwin »

Arnold wrote: Sun Dec 31, 2023 4:31 pm Ek sit en wonder nou hierso en is vir een of ander rede baie lus vir n .357 Mag met 4" loop as n all-rounder.

Ja, selfs dalk n bok skiet as die geleentheid opduik maar wonder toe hoe sal n 45 ACP vaar.

'n Wichester Ranger in .45 - 230gr @ 900fps behoort seker mooi te maak teenoor 'n .357 - 125gr Ranger @ 1200fps

Kom ons neem aan ek jag nie met n semi-auto pistool nie en als is volgens regulasies Image

Enige gedagtes hieroor en sou jy 'n BWB aandurf met 'n 45 ACP?
Kom ons begin by die 357 Mag. Oor die algemeen word 'n 6" 357 aanvaar as die minimum vir jag van klein en medium bokke, tot ongeveer Rooibok grootte. Ek sou byvoorbeeld baie versigtig wees met Bosvarke en Vlakvarke, gebruik eerder 'n 44 Mag vir hulle. Dis nou as die handwapen jou primêre jagwapen is.

Vir die toediening van doodskote is 'n 4" 357 uitstekend. Dit word gewoonlik op kort afstand (+/-0 - 5m) gedoen. Die kort visier radius en loop pla hier glad nie. Hierdie is nou 'n sekondêre jagwapen, m.a.w. jy jag met iets anders (geweer, boog) en dra die handwapen saam in 'n holster.

Vir hierdie tipe jag doeleindes is 'n 125gn JHP patroon 'n uiters swak keuse. Dis wel uitstekende selfverdedigingspatrone. (Die vereiste vir penetrasie verskil.)

Plat neus of SWC tipe koeëls van 158 gn en swaarder is baie meer geskik. My jag lading is 'n 180gn Hornady XTP teen 1250 fps uit 'n 6" loop. Ek sal ook maklik Frontier se 180gn CMJ of gegote lood koeëls van 170 - 200gn gebruik, veral vir doodskote op kort afstand. Penetrasie is hier uiters belangrik, en hierdie tipe koeëls behoort diep genoeg te kan penetreer om die af-skakelaar te bereik.

Nou die 45 Auto. (Kaliber is 45 Auto en as jy gelukkig is besit jy 'n .45 Auto Colt Pistol [ACP]).
Die tradisionele lading is 'n 230gn koeël teen +/-900fps, soos genoem. Hierdie lading is nie bekend vir goeie penetrasie nie, nie in verskeie toetsmediums nie en ook nie 'n lewendige weefsel nie. Vir sy ontwerpsdoel, nl. om mense te skiet, is sy penetrasie voldoende. Vir jagdoeleindes het hy sy beperkings. Jy moet dus jou prooi dier en skootplasing baie mooi uitsoek. Onthou ook dat die stadige koeël nie enige weefselskade rondom die koeëlgat maak nie. Die voordeel is natuurlik dat jy tot reg teen die koeëlgat kan eet.

Jy kan dus jou 45 Auto pistool in die jagveld dra en jy kan sekere skote op wild vat (waar toegelaat), as jy jou huiswerk goed gedoen het. Jy moet net die beperkings verstaan.

Hou ook in gedagte dat die tipiese pistool jou doppe in die veld gaan weg gooi. (Rewolwers ly nie aan daardie kwaal nie.)

As jy bv. 'n subsoniese wapen soek vir sekere probleemdier beheer toepassings, sal 'n 45 Auto jou help, want die ammu is omtrent deur die bank subsonies gelaai.

My gunsteling lading in 45 Auto is 'n 200gn gegote lood SWC teen 950 - 1000 fps. Hierdie koeël het ook 'n klein sny-rand waar die ogief en dravlak bymekaar kom, wat teoreties 'n beter wondkanaal behoort te sny as 'n ronde neus koeël. Ek het hulle egter nog nooit op wild getoets nie.

Ek sou ook nie 'n gesonde Blouwildebees aandurf met enige een van die 2 nie. In my beperkte ervaring is 'n Bwb 'n besonderse taai ding. Ek dink 'n 9,3 x 62 of groter is goeie Bwb medisyne.

Hoop dit help?

Voorspoed!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1883
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Ds J »

Volgens Wikipedia:

45ACP skiet n 165gr koeël teen 1060vps vir 559J, en 230gr teen 960vps vir 639J.

45-70 skiet n 300gr koeël teen 2275vps vir 4676J.

45ACP het dus ongeveer n vyfde of n kwart (?) van die slaankrag van die 45-70.

n 223 het ongeveer 1700J. Sou jy n BWB aandurf met iets wat ⅓ van n 223 se slaankrag het?

n 45ACP ui n 18" karbyn dalk nog, maar nie uit n handwapen nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12928
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Capt. Yoda »

Die 125gr teen 1200fps voe dam vir my n bq lig uit n 357, die laaste 180gr Federal winkel patrone wat ek gecrony het uit n 4” 357 het by die 950fps rond gegaan en met die regte kruit kan jy hom nog bq druk wat hom heel aanvaarbaar maak vir kleiner wild met n goeie koel.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1815
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Alwin »

Ds J wrote: Mon Jan 01, 2024 12:33 am Volgens Wikipedia:

45ACP skiet n 165gr koeël teen 1060vps vir 559J, en 230gr teen 960vps vir 639J.

45-70 skiet n 300gr koeël teen 2275vps vir 4676J.

45ACP het dus ongeveer n vyfde of n kwart (?) van die slaankrag van die 45-70.

n 223 het ongeveer 1700J. Sou jy n BWB aandurf met iets wat ⅓ van n 223 se slaankrag het?

n 45ACP ui n 18" karbyn dalk nog, maar nie uit n handwapen nie.
Die berekende energie in Joule, ek dink nie dis sinvol om dit sommer net so "slaankrag" te noem nie. Dis bloot net energie, m.a.w. die vermoë om werk te doen. Die manier of metode hoe daardie werk gedoen word of hoe die energie omgesit word in weefselskade kan nogal verskil. Dit kan varieer van 'n verhoging in temperatuur tot ernstige skade, na gelang van die oordragmeganisme. Ja, ek weet ek kloof nou hare oor tegniese goed, maar 'n 3kg baksteen met 600J kinetiese energie en 'n 25gn lood koeël met 600J kinetiese energie, verskil aansienlik.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 905
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by OosKaapJagter »

Om Alwin se punt te illustreer, gaan ek twee voorbeelde noem.

So bietjie navorsing toon dat 'n jagboog van 65 voetpond aanbeveel word vir die jag van buffels. Dit is bykans 90 Joule. https://www.bowhunting.com/bowhunt101/h ... owhunting/

Daarteenoor beweer Wikipedia dat 'n .22 Magnum sowat 410 - 440 Joule lewer. https://en.wikipedia.org/wiki/.22_Winch ... um_Rimfire

Op papier dus is die .22 magnum dan 4 - 5 keer kragtiger as die jagboog wat vir buffels aanbeveel word. Ek self sal egter nie met enige van die twee na 'n buffel wou skiet nie, maar as daar geen ander keuse is nie sou die jagboog seëvier.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1883
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Ds J »

Alwin / OosKaapJagter, julle is heeltemal reg. Die Joule-storie is n onbeholpe vergelyking; dit is egter n appel-met-appel vergelyking, want koeëls uit n 45ACP en n 223 werk op dieselfde manier. Die feit van die saak is dat n 45ACP stadig is, en dus n kettie-trajek het. Boonop penetreer hy blykbaar nie goed nie, en daarom is dit vir handwapenjag nie n sinvolle jagkaliber nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 905
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by OosKaapJagter »

Ek glo ek en Ds J is eintlik op dieselfde golflengte.

Moenie 'n .45ACP onderskat nie. Dit is dodelik om gekweste wild van kant te maak. Pentrasie is ook baie beter met soliede loodkoeëls en volmantels as met holpunte. "Dooie" bokke wat opstaan kan nogal gevaarlik wees. As jy reeds by so bok is, gebruik ek eerder 'n handwapen as my geweer. Ek weet van 'n ou wat sy oog so verloor het. Die geweerkoeël is deur die gekweste bok, het die grond getref en 'n stuk van die mantel het teruggeskram.

Ek sou egter nooit oorweeg om na 'n gesonde dier te skiet daarmee nie.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1177
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Nylstroom

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Toxxyc »

Ek dink mense onderskat hoe sag 'n bok is as jy hom op die regte plek skiet. Skootplasing is bitter belangrik, soos ons almal weet.

Ek persoonlik dink wel die .45ACP is dalk bietjie te stadig, en daar is beter opsies. Rewolwers, ja, maar diegene wat Keith Warren op YouTube volg, sal al gesien het hoe die Oom skoonmaak met sy Glock 20 in 10mm.

https://www.youtube.com/watch?v=wK-FRNWNQ24
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1815
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Alwin »

Toxxyc wrote: Fri Jan 05, 2024 8:29 am Ek dink mense onderskat hoe sag 'n bok is as jy hom op die regte plek skiet. Skootplasing is bitter belangrik, soos ons almal weet.

Ek persoonlik dink wel die .45ACP is dalk bietjie te stadig, en daar is beter opsies. Rewolwers, ja, maar diegene wat Keith Warren op YouTube volg, sal al gesien het hoe die Oom skoonmaak met sy Glock 20 in 10mm.

https://www.youtube.com/watch?v=wK-FRNWNQ24
Op wild, insluitend Afrika wild, blink die 10mm Auto uit vir die toediening van 'n doodskoot. Baie mense koop hulle vir die doel, o.a. ook heelwat beroepsjagters. Die enigste nadeel is dat hy jou relatief skaars doppies weggooi.

Selfs die 9mm P is nie te versmaaie nie, aangesien hy ook goeie penetrasie kan lewer met die regte ammunisiekeuse. Hy is wel heelwat agter die 10mm, hoofsaaklik omdat sy koeëls kleiner en ligter is. Sy doppies is ook volop en goedkoop.

Onder die rewolwers is die 357 Magnum uit 'n relatief kort (2,5 - 4") loop redelik gewild. Laai 158gn of swaarder koeëls, verkieslik nie die holpunt tipe nie. Hy gooi ook nie sy doppies weg nie.

Die koning is waarskynlik die 44 Magnum. 'n 4" loop 44 Mag is nogal 'n handvol om te hanteer, dus dalk nie ideaal vir almal nie. 240 - 320gn platneus lood koeëls werk puik.

Vir die toediening van 'n doodskoot, is skootplasing belangrik, maar soms uiters moeilik. Hier waar ek bly is daar baie ruigtes, meestal sekelbosse of ander stekelrige bosse of struike (Dink aan soetdorings, knoppiesdorings, wag-'n-bietjie ens). 'n Gekweste dier kruip maklik in so 'n boskasie in en dan moet jy hom daar uithaal. Soms is dit iemand anders wat die kweswerk gedoen het, of die dier het 'n goeie hartskoot gekry en steeds besluit om gou daar in te kruip voor die ligte afgaan. As jy op jou maag daar in kruip, weet jy nooit wat jy daar binne gaan kry nie. 'n Lang geweer is net in jou pad en gaan soms ook erg verniel. 'n Handwapen in 'n geskikte kaliber is baie meer handig. Die probleem is dat jy nie altyd jou skote kan kies nie, jy moet 'n doodskoot skiet van waar jy is, ongeag die dier se posisie. Soms skiet jy teen baie snaakse hoeke. In so 'n geval help 'n bietjie ekstra penetrasievermoë baie. As ek net 'n 45 Auto gehad het, sou dit steeds beter geskik wees vir die doel as jou jaggeweer, maar dit maak die situasie nog moeiliker. (Hier is sommer 'n paar idees vir jou motivering ook ingesluit.)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7800
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Arnold »

Julle manne gesels so lekker dat ek maar hier sit en lees.

Ek het so bietjie gekyk na ballistiese toetse vir SD ammo en daar is bitter min praktiese verskil tussen 9mmP, 357 Mag, 10mm en 45ACP. Afhangende van die gewig, spoed en konstruksie is die penetrasie en expansion n gevolg. Koeëls wat nie uitsit nie penetreer dieper en as hulle aanvanglik n hoër spoed het is die penetrasie meer.

As mens hierby kyk na seksionele digtheid, is dit baie moeilik om n 357 met n 180gr koeël te klop. In .44" moet mens bv. opstap na n 280gr koeël om by dieselfde SD te kom. Natuurlik gaan die 44 meer energie hê en dus beter penetreer.

Ek het nognie baie gelees oor hoe mens penetrasie sou vergelyk nie maar as ek moes dink is verwant aan momentum. Indien Spoed X Gewig X SD n indikase van penetrasie sou wees en mens hou die spoed en SD konstant is, dan is penetrasie direk eweredig aan gewig, wat beteken die 44 met 280gr koeël gaan 1.55 keer dieper penetreer as die 180gr in 357.


Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7800
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 45 ACP vir Jag?

Post by Arnold »

Ek sal dan nou maar papier bokke skiet met die outjie 8)
20240110_132835 small.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply

Return to “HandWapen/Handgun”