Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Moderator: Global Moderator

User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Dankie Toxxyc, dit klink goed vir Ron se projek vir die hervestiging van verwoeste bome in die KNP.
Hierdie gou op Google gesien en die Apiesdoring is groot bome wat die doel kan dien:
Acacia galpinii
The monkey thorn (Acacia galpinii Burtt Davy) is a large deciduous tree of Southern and Eastern Africa. A fast growing, long-lived tree, with a maximum height of 30 m, Acacia galpinii is the largest South African acacia. The trunk is 2 m in diameter. The bark is whitish-yellow in young trees and darkens with maturity.
Die sade in daardie peule kan maklik met peule en al ingesamel word en as hulle droog gehou word kan hulle seker lank gestoor word.
Maak 'n klomp bymekaar vir Ron, dan kontak ons hom en hoor waar mens dit vir hom kan lewer - Postnet sak kan baie sade dra ;)

Manne in Limpopo en Mpumalanga Laeveld waar die tipiese Kruger Wildtuin bome natuurlik voor kom, hier is nou 'n voorbeeld wat navolgenswaardig is en ons nasionale park kan help herstel en bewaar.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Toxxyc, te danke aan jou positiewe terugvoering, wat ek aan Ron oorgedra het, kom hy terug met die volgende hierna:
... ... until SANParks agrees to support and cooperate with our tree re-seeding programme. Your previous observation about starting a PROPER elephant population reduction programme AT THE SAME TIME is equally important. But we’ve got to start “somewhere” and getting good-hearted South Africans to support the idea is the best place to begin. I am prepared to re-design the True Green Alliance work programme to make it the vehicle whereby all this can be made to happen.

I am prepared to “set-the-scene” in the new year and I propose that your interest in this programme should be the start of it all. Are you and your friends /[Jaracal lede] prepared to join the gang and see what can be achieved? We can start off with a full report on the idea – which can be spread throughout South Africa. If you are prepared to join the programme then I will get the information ready for distribution by the TGA.

I am encouraged by your enthusiasm.
RON
Jaracal lede, kom ons help die man, hy vra ons ondersteuning met die insameling van boomsade vir hervestiging van plantegroei in ons eie KNP, verspreiding van die idee, ondersteuning daarvan, ens., ter bewaring vir ons nasate en ook hulle betrokkenheid waar moontlik te verkry en, sodoende die jeug ook te leer van die bewaring van ons erfenis.
Ron is bereid om sy organisasie, TGA, se werkprogram aan te pas om 'n sukses van hierdie saak te maak.

Enige bereidwilliges hier onder ons?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12829
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by Capt. Yoda »

As hulle daai 30 000 olifante skiet koop ek vir julle somer die sade
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

by Capt. Yoda » 09 Dec 2023 21:39

As hulle daai 30 000 olifante skiet koop ek vir julle somer die sade
Die ou spreekwoord sê: "Daar is meer as een manier om 'n kat dood te maak."
In die Engelse taal praat mense meer reguit hieroor, nl.: "You can achieve your objective in more than one way."

Presies dit is wat Ron Thomson hier in gedagte het. Hy sê:
Your previous observation about starting a PROPER elephant population reduction programme AT THE SAME TIME is equally important. But we’ve got to start “somewhere” .... ....
Hervestiging van die gewese groot bome is die begin punt na die eind doel (Wel ompad langs), maar dit maak dalk net die sg. diereregte aktiviste en ander soorte 'Greenies' se oë oop, as die massas olifante net weer die nuwe aanplantings ook verwoes ;)

Probeer is die beste geweer, of hoe?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Location: Roodepoort

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by JDKey »

Jy kan net die natuur probeer herstel/red (bome plant ens.) na jy 80% van die olifante uitgedun het. Anders mors hulle hul tyd…. Ons weet egter dit gaan nie gebeur nie.
Ek sal gratis help skiet as dit sal help


Sent from my iPhone using Tapatalk
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1149
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Nylstroom

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by Toxxyc »

TFDADD wrote: Fri Dec 08, 2023 1:37 pm Dankie Toxxyc, dit klink goed vir Ron se projek vir die hervestiging van verwoeste bome in die KNP.
Hierdie gou op Google gesien en die Apiesdoring is groot bome wat die doel kan dien:
Acacia galpinii
The monkey thorn (Acacia galpinii Burtt Davy) is a large deciduous tree of Southern and Eastern Africa. A fast growing, long-lived tree, with a maximum height of 30 m, Acacia galpinii is the largest South African acacia. The trunk is 2 m in diameter. The bark is whitish-yellow in young trees and darkens with maturity.
Die sade in daardie peule kan maklik met peule en al ingesamel word en as hulle droog gehou word kan hulle seker lank gestoor word.
Maak 'n klomp bymekaar vir Ron, dan kontak ons hom en hoor waar mens dit vir hom kan lewer - Postnet sak kan baie sade dra ;)

Manne in Limpopo en Mpumalanga Laeveld waar die tipiese Kruger Wildtuin bome natuurlik voor kom, hier is nou 'n voorbeeld wat navolgenswaardig is en ons nasionale park kan help herstel en bewaar.
Die seisoen is nou verby en die sade het ek die keer gekompos, maar volgende jaar sal ek bymekaarmaak. Ek het die afgelope seisoen twee swartsakke vol peule en sade in die komposhoop ingewerk. Ek sien die apiesdoring as 'n pes hier by my (klein kinders en doringbome werk nie saam nie) maar hy bly 'n bitter mooi bosveldboom.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Dankie by voorbaat Toxxyc vir volgende jaar se bymekaar maak van die Apies doring sade ;)

Soos ek ook reeds aan Ron gesê het -
I have read your article on " ... reseeding the destroyed deciduous woodlands of Kruger National Park" and immediately, the following question comes up in my mind:
Would it make any positive contribution in the repair of these areas in the KNP, while the elephant numbers are still in the region of 34 000?
Stem dus saam met manne wat uitwys dat die oorbevolkte olifant getalle eerstens of dan minstens, saam met die hervestiging van verwoeste bome in die KNP, sal moet plaasvind.

Nogtans, dit verhoed ons nie om die positiewe saad insamelingsprojek van Ron te ondersteun nie.
Ek het reeds Maroela Media se instemming verkry om die projek in hulle aanlyn publikasie te promoveer, sodra Ron die nodige artikel materiaal aan hulle kan verskaf.

Nog manne wat bereid is om saam te werk met die insameling van tipiese Bosveld boom sade vir Ron se projek?

Let wel: Asseblief net nie Swart- en Geelhak asook Sekelbos peule en sade nie, want dit is indringerbos wat alle vreetbare grasse en struike heeltemal verdring sodat daar net mooi geen weiding beskikbaar is nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1149
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Nylstroom

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by Toxxyc »

My tuinier kom Donderdag. Ek sal hom aanse om dit wat hier is bymekaar te maak, dan sal ek dit mooi laat droog, verpak en stuur waar dit moet wees. Hier is darem iets.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Baie dankie Toxxyc, jy stel 'n baie mooi voorbeeld. Praat later weer hieroor sodra jy sade gereed het.
by Toxxyc » 12 Dec 2023 09:09

My tuinier kom Donderdag. Ek sal hom aanse om dit wat hier is bymekaar te maak, dan sal ek dit mooi laat droog, verpak en stuur waar dit moet wees. Hier is darem iets.
Nog manne wat bereid is om saam te werk met die insameling van tipiese Bosveld boom sade vir Ron se projek?

Let wel: Asseblief net nie Swart- en Geelhak asook Sekelbos peule en sade nie, want dit is indringerbos wat alle vreetbare grasse en struike heeltemal verdring sodat daar net mooi geen weiding beskikbaar is nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

'n Beesboer in die Tom Burke omgewing is ook besig om 'n verskeidenheid Bosveld bome wat op sy plaas voorkom, se sade vir Ron se projek in te samel.

Hoe lyk dit met manne daar in die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo se Oostelike dele wat bereid is om ook sade in te samel - enigiemand wat kans sien om dit te doen?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1149
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Nylstroom

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by Toxxyc »

Ek het nie van hierdie draad vergeet nie, tyd is net bietjie knap. Ek het al 'n klompie sade ingesamel en eenkant gehou sodat dit skoon en droog kan bly. Daar is nog 'n paar waar ek moet deurwerk net om seker te maak dis skoon en gereed, dan sal ek dit courier waar dit moet wees!
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Dankie Toxxyc, dit is 100% - enige tyd is reg soos dit jou pas.

Nog 'n Jaracal lid in die Oostelike laeveld nader aan die KNP, gaan ook help sade insamel vir Ron se projek.

By voorbaat baie dankie aan dié manne.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Deeg (Lourens)
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Location: Pretoria

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by Deeg (Lourens) »

Aangehaal uit Maroela media. Blykbaar is die olifant populasie in die KNP gesond.

"Een van die grootste persepsies wat mense het, is dat die huidige bevolking van olifante in die Krugerwildtuin (KNP) ʼn gevaar inhou vir die omgewing se ryk plant- en boomlewe.

Dr. Sam Ferreira, grootsoogdier-ekoloog en lid van wetenskaplike dienste by SANParke, sê egter dat navorsing oor die afgelope 70 jaar, en in meer as 400 wetenskaplike publikasies, geen duidelike verband tussen die ekologiese verandering in die landskap en die olifantbevolking kon vind nie."

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... bevolking/
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Dankie Lourens, ek het reeds Sondagmiddag toe die artikel op Maroela Media vir die eerste keer verskyn, dit deurgegee aan Ron Thomson.
Ek wag op sy antwoord daarop en sal baie graag wil hoor wat sy siening is, veral omdat dit ook op jare se navorsing en werklike bewyse van skade gedoen aan veral groot bome in die KNP, gebaseer sal wees.

Nogtans, hier volg 'n paar aanhalings uit Dr Sam Ferreira se jongste artikel oor olifant getalle in die KNP, in Maroela Media se artikel:
Dit beteken nie daar is nie oorbeweiding in sekere dele nie.
Siende dat hy hier na olifante verwys, is dit 'n uitdruklike erkenning dat daar wél oortollige hoeveelhede olifante in sekere dele in die KNP voorkom.
Olifante beweeg mos wyd en vêr rond - dus oral is daar dus té veel olifante - nie net in sekere dele nie.
Is dit nou die rede hoekom hulle skielik 'mensgemaakte watergate, ens.' nou toemaak of verminder?
Dít sodat koeie met klein kalfies verder en na ander dele moet loop met die hoop dat van die kalfies dit nie sal maak nie? (Sien paragraaf in artikel hieroor.)
Dit beteken daar was verlede jaar na raming sowat 23 745 olifante in die Krugerwildtuin.
Na raming of m.a.w geskatte hoeveelheid olifante in 2015 van 17 086 - raaiskoot - wat elke jaar met 4.2% groei.
Druk jou sompompie en dan kom jy by die presiese 23 745 getal uit vir einde 2023.

Nogtans word die volgende met groot gesag gesê:
"Daar word jaarliks tussen Augustus en September opnames van olifant getalle in die park gedoen en ons monitor die verspreiding van olifante in die park, sê Ferreira.
Met alle respek gesê, die man weerspreek homself meer as een keer in hierdie artikel en soos die spreekwoord sê, 'n blinde man kan met 'n stok voel hier word nie die waarheid gepraat nie.

Ek sal terugvoering gee oor Ron Thomson se antwoord hierop sodra ek dit ontvang.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by toxicsox »

User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

by toxicsox » 03 Apr 2024 20:46

Vat so.
https://www.cnn.com/2024/04/03/africa/b ... -scli-intl
Mens kan omtrent sê: "Vat so" as die Botswana president die Duitsers so reguit vasvat soos hierna:
”It is very easy to sit in Berlin and have an opinion about our affairs in Botswana. We are paying the price for preserving these animals for the world – and even for Lemke’s party,” Masisi said.

Germans should try to “live together with the animals, in the way you are trying to tell us to,” he added.
Dankie, ek het hierdie aan Ron Thomson deurgegee, lyk my die man is nie meer so aktief bedrywig soos voor sy gesondheidsterugslag nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Prof. Peet van der Merwe se siening is dalk net wat Ron Thomson nodig het om hom by te staan in sy pogings om olifant getalle in KNP te verminder.

Lees hierna wat hy alles hieroor te sê het.
Los Afrika om sy eie wild te bestuur

Terloops, Ron Thomson het my vanoggend geskakel en die versekering gegee dat hy nog steeds stoei met KNP bestuur en hulle bog stories oor olifant getalle in die Kruger Park.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
cmbza
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Mon Aug 05, 2024 9:28 am

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by cmbza »

Ek gaan sommer met die deur in die huis val... kan die Olifante nie geskuif word nie?

Die olifante in Pongola, laas wat ek gehoor het, is amper uitgewis. Die stropers doen baie skade daar.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

by cmbza » 09 Aug 2024 13:09

Ek gaan sommer met die deur in die huis val... kan die Olifante nie geskuif word nie?

Die olifante in Pongola, laas wat ek gehoor het, is amper uitgewis. Die stropers doen baie skade daar.
cmbza, die aantal oorbevolkte olifante in die KNP is minstens 20 000, eerder veel meer volgens korrekte getalle wat deur Ron Thomson bepaal is.

Eerstens, om 20 000 + olifante te verskuif is so te sê onmoontlik - uit 'n praktiese oogpunt gesien en om nie eers die koste daaraan verbonde in ag te neem nie.
Tweedens, waarheen verskuif jy daardie massa olifante?
(Raaiskoot - Pongola area sal dalk nie eers 500 olifante kan hanteer nie - weet werklik nie, raai daardie area sal met dié getal ook oorbevolk wees!)

Die "waarheen skuif jy hulle" is nog 'n groter probleem - nêrens plek in RSA nie, vir behalwe miskien hier en daar so paartjies.
Botswana sit met nog 'n erger oorbevolkte volume olifante as in RSA.

Ergste probleem wat die GROENES hier miskyk, is die voldonge feit dat olifante hoegenaamd nie 'n bedreigde spesie in Suid Afrika, Botswana en heel waarskynlik ook elders in Afrika, is nie.

Só, kom asseblief met antwoorde op om die twee probleme hierbo genoem EN genoeg geld om die voorgestelde aksies uit te voer, en wie weet, dalk kan kundiges die probleem van oorbevolkte olifante in die KNP oplos ;).
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1008
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Oorbevolkte olifant getalle in Kruger Wildtuin.

Post by TFDADD »

Duidelik weet hierdie jong dame baie goed wat is die werklike gevare van oorbevolkte getalle olifante in die KNP.
Omdat die diere omhein is, is daar net genoeg kos vir ʼn sekere aantal diere – hierdie sluit weereens die Krugerwildtuin in. Daar sal kort voor lank nie meer genoeg weiding vir al die spesies wees nie en hulle sal uiteindelik van die honger of dors sterf – wat in my opinie baie meer wreed is!

Kruger Nasionale Park kan rofweg 12 000 Olifante akkommodeer, maar daar is tans ongeveer 30 000 in die park. Olifante sal van nature groot bome omgooi en hul bas verniel, hulle trap die grasse dood en bowenal eet hierdie diere 150 kg se blare en gras per dag. Daarom benadeel hulle nie net hulself nie, maar ook die miljoene ander ekosisteme, diere, insekte, voëllewe en hulle habitatte in die proses.

Om daardie redenasie op te som, beteken dit dat ons binnekort nie meer ʼn “Krugerwildtuin” gaan hê, indien ons nie so gou as moontlik hierdie getalle minder maak nie.
Lees haar volle artikel hierna -
Jag is bewaring, nie uitwissing nie.

Bogenoemde nou in teenstelling met Dr. Sam Ferreira se sogenaamde teorie: " ... dat navorsing oor die afgelope 70 jaar, en in meer as 400 wetenskaplike publikasies, geen duidelike verband tussen die ekologiese verandering in die landskap en die olifantbevolking kon vind nie."
Een van die grootste persepsies wat mense het, is dat die huidige bevolking van olifante in die Krugerwildtuin (KNP) ʼn gevaar inhou vir die omgewing se ryk plant- en boomlewe.

Dr. Sam Ferreira, grootsoogdier-ekoloog en lid van wetenskaplike dienste by SANParke, sê egter dat navorsing oor die afgelope 70 jaar, en in meer as 400 wetenskaplike publikasies, geen duidelike verband tussen die ekologiese verandering in die landskap en die olifantbevolking kon vind nie. Dit beteken nie daar is nie oorbeweiding in sekere dele nie.

Ferreira verduidelik dit gaan nie oor hoeveel olifante daar is nie, maar wel oor faktore soos waar hulle voorkom, hoeveel tyd hulle in ʼn gebied deurbring en of daar bulle of koeie is.

In 2015 het die olifantbevolking in die Krugerwildtuin op ongeveer 17 086 diere gestaan en volgens ʼn 2017-ondersoek groei die bevolking met ongeveer 4,2% per jaar. Dit beteken daar was verlede jaar na raming sowat 23 745 olifante in die Krugerwildtuin.
Dít is om die minste te sê uiters belaglik.
Onlangse besoekers aan die KNP sal jou sonder uitsondering en enige twyfel daaroor, kan vertel hoe erg verwoes die habitat in die Krugerwildtuin daar uitsien, as gevolg van die totale oorbevolking van olifante.

Ons as jagters, wat weet "Jag is bewaring, nie uitwissing nie", sal ons stemme moet dik maak waar en wanneer ons kan, as ons werklik omgee vir ons nasionale parke wat ons aan ons nageslagte in 'n ongeskende toestand wil nalaat.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”