Gee bietjie raad asseblief?
Hoe werk die Sierra 270cal Varminter
90gr HP vir julle?
Sommer vir baan skiet of jakkalse.
Ek kan dit kry teen R5 elk.
En dan die Sierra 270cal Prohunter
110gr Spitzer?
Hulle is R7-50 elk.
Die prys is nie sleg nie?
Goedkoper as Hornady wat ek reeds in voorraad het.
Ek dink ek het nog 'n pakkie PMP 150gr wat R3-50 per koeël gekos het. Maar, as dit klaar is gaan ek duurder koeëls moet gebruik vir alles. Lyk vir my R8-50 is nou die goedkoopste opsie vir wat ookal beskikbaar is.
Ek kan dit seker "Google". Maar, ek soek eerder antwoorde by die ervare manne.
En dan is daar darem weer iets oor skiet bo op almal se leeslys op die forum.
En... Dan kan ons die .270 se voordele op 'n nuwe draad bespreek.






