RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm
Location: Edinburgh

RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop

Post by Blairadam »

Ek wil n teleskoop op die RSA aksie sit. Op die oomblik is daar net die twee gate agter op die aksie waar die teiken visier was. Ek verstaan dat die aksie sal baie hard wees. Boor sal stadig wees maar dink die probleem sal wees om die draad te sny. Het iemand dit al gedoen en watter gereedskap het jy gebruik?
P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard/Dolphin, Marlin 357 Underlever, 6.5CM Barnard/Kreiger, 308 Musgrave RSA, 6.5CM Howa 1500
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop

Post by HeinM »

Dit sal wys wees indien jy dit by 'n kundige geweersmid sal laat doen. Erwee Basson in Vredendal het myne gedoen. Hy is 'n RSA spesialis en het self talle van hierdie gewere wat hy aangepas het. Hy het myne ook gepak, gefloat, draad gesny, knaldemper self gemaak, snellerjob gedoen, ens.
Ek weet wel die gate vir die teleskoopbasisse moet presies op die regte plekke geboor word anders kan iets afbreek... Ek het destyds bygestaan terwyl hy aan die geweer gewerk het en hy het dit genoem.

Ek beantwoord nie jou vraag nie, maar maak seker die regte ou doen die job...

Groetnis!
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm
Location: Edinburgh

Re: RSA Aksie boor en skroef draad sny vir teleskoop

Post by Blairadam »

HeinM wrote: Tue Dec 19, 2023 9:46 am Dit sal wys wees indien jy dit by 'n kundige geweersmid sal laat doen. Erwee Basson in Vredendal het myne gedoen. Hy is 'n RSA spesialis en het self talle van hierdie gewere wat hy aangepas het. Hy het myne ook gepak, gefloat, draad gesny, knaldemper self gemaak, snellerjob gedoen, ens.
Ek weet wel die gate vir die teleskoopbasisse moet presies op die regte plekke geboor word anders kan iets afbreek... Ek het destyds bygestaan terwyl hy aan die geweer gewerk het en hy het dit genoem.

Ek beantwoord nie jou vraag nie, maar maak seker die regte ou doen die job...

Groetnis!
Baie dankie Hein. Jy het baie antwoorde gegee al klaar. Ek is in die VK en het n paar geweersmid gekontak maar almal is versigtig met die draad wat gesny moet word, boor is maklik se hulle. Het jy dalk kontak besonderhede vir Erwee?
P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard/Dolphin, Marlin 357 Underlever, 6.5CM Barnard/Kreiger, 308 Musgrave RSA, 6.5CM Howa 1500
Post Reply

Return to “Musgrave Questions/ Musgrave Vrae”