80gr PMP punte in 'n Howa 243

Moderator: Global Moderator

Post Reply
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

80gr PMP punte in 'n Howa 243

Post by 264 Win Mag »

Dag manne. Ek het nou net my Howa 243 met 'n standaard 22 duim loop opgetel. Gaan meestal 'n jag geweer wees op springbok/blesbok groote wild asook peste soos bobejane. Met die prys van komponente en veral punte wat deesdae druk wil ek advies he. Ek sien Black Friday specials op PMP 80gr bruin boks punte vir baie goedkoop. My vraag is het van julle ervaring met die punte in 'n std Howa en is dit die moeite werd om maar 'n klomp te koop. Goedkoper punte beteken meer tyd op die skietbaan.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: 80gr PMP punte in 'n Howa 243

Post by Eduard Venter »

Ek sal jou nie kan sê oor die 80gr spesifiek nie, maar daar is niks fout met 'n 100gr bruin boks punt in 243 nie. Het al honderde van hulle geskiet in die jagveld en die bokke val.

Ek het wel ondervind dat in meeste gevalle die lood skei van die koper binne die bok, so as reguit lyn penetrasie belangrik is vir jou is die dalk nie die beste punt nie. Vark en rooibok se kind skiet hy mooi dood, maar ek sou nie groter bokke aanbeveel nie. Sy trajek is ook nou nie besonders plat nie as dit 'n oorweging is. Ek het hulle juis al die jare geskiet oor die prys reg was en hulle het my nie teleur gestel nie.

Groete


Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20417
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 80gr PMP punte in 'n Howa 243

Post by tripodmvr »

Die 80gr PMP het mooi geskiet in my Musgrave 243. Hulle egter lanklaas gebruik, maar sal hulle aanbeveel vir kopskote op wild synde hulle nie te hard is nie en nogal vinnig gelanseer word.

Kriek 76gr sal mooi werk vir lyfskote op wild.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1194
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Location: Bloemfontein

Re: 80gr PMP punte in 'n Howa 243

Post by junglejulian »

Die 80gr PMP was verseker moeiliker om akkuraat te laat skiet as die 100gr PMP in meeste 243 en verskillende 6mm wat ek voor gelaai het.Meer onwikkeling en fyner verstellings was nodig maar as jy eers die resep het,werk hul baie lekker.
Post Reply

Return to “Rifles/Gewere”