Goeiemore almal,
Hoop dit gaan voorspoedig met almal so laat in die jaar.
Klip in die bos, watter kompakte SUV voertuig sal julle aanbeveel as mens so tussen R400k en R500k moet (nie "kan" nie

) hoes? Ons kyk rond in die mark, KIA (Sonet en Sorentos), Hyundai, VW (T-Cross), Toyota (Corolla Cross), Suzuki (Grand Vitara) en vele ander voorbeelde in hierdie prysklas. Hybrid of gewone enjin? 1,500 cc met turbo of groter enjin sonder turbo? Petrol of diesel? Ry soms langer roetes en sleep dan 6" bagasiewaetjie en andersins maar in die stad rond.
Sal interessant wees om te sien wat julle redenasies is en watter voertuig julle sal kies en natuurlik, waarom.
Gesels gerus saam, ASB.