Ek het ‘n ou Remington 511 .22 wat nog baie netjies is en wat baie akkuraat is. Ek en my seun geniet die geweertjie sommer baie.
Die probleem is dat ons kry te veel “misfires” met verskillende tipes ammunisie. Ek sou graag die probleem wil uitsorteer. Ek het al die grendel uitmekaar gehaal en alles mooi skoon gemaak, maar dit het nie ‘n verskil gemaak nie.
Nou wil ek die “main spring” oftewel “firing pin spring” vervang. Enige idees hoe om een in die hande te kry? Lykmy dis onmoontlik om tans so iets van Amerika af in te voer en plaaslik kry ek ook nie.
Dankie vir enige raad!
Groete
Remington 511 main spring
- Jo Toast
- Full Member
- Posts: 139
- Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
- Location: Durbanville, Wes-Kaap
Remington 511 main spring
BSA .270 Win
Tikka T3 .308 Win
Glock 19
Tikka T3 .308 Win
Glock 19
-
- Newbie
- Posts: 5
- Joined: Fri May 03, 2013 2:33 pm
- Location: Bellville
Re: Remington 511 main spring
Ek het onlangs ’n soortgelyke problem gehad. Springman in Brackenfell het vir my ‘n nuwe veer gemaak. (Hulle is naby Goeie Hoop Onderdele). Neem jou ou veer sodat hulle hom kan meet en die nuwe een maak.
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20417
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Remington 511 main spring
Selfde raad wat ek wou gee en nou het jy sommer 'n vertrekpunt.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
- Hero Member
- Posts: 1665
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Remington 511 main spring
As hy met die nuwe veer nog steeds nie betroubaar is nie, kan dit dalk die slagpen wees wat stomp is. Dit is onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie.
Waarskuwing: ek het gehoor van n oompie wat toe besluit om dit "sommer self" te doen. Hy slyp toe die slagpen soos n beitel, en agterna het hy die doppies mooi oopgekloof.
Waarskuwing: ek het gehoor van n oompie wat toe besluit om dit "sommer self" te doen. Hy slyp toe die slagpen soos n beitel, en agterna het hy die doppies mooi oopgekloof.

- Jo Toast
- Full Member
- Posts: 139
- Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
- Location: Durbanville, Wes-Kaap