Bosvarkjag, Montagu

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2045
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Bosvarkjag, Montagu

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek het die afgelope naweek in bibberweer bosvark gejag op 'n vriend se plaas naby Montagu. Die bosvarke verinnerweer sy pruimboorde. Ons het verlede Donderdagaand die eerste keer voorgesit in stormsterk wind. Nie verwag dat die varke sou inkom nie en dit was toe ook so. Teen nege-uur het ons maar opgetrek huis toe. Die kamera het die volgende oggend gewys daar was ook niks gedurende die nag nie. Vrydag was 'n meer sonskyndag en Vrydagaand was dit amper windstil. Ons is met goeie moed na die skuiling toe want ons het gehoop die varke sal in die beter weer meer geneë wees om rond te loop. Die skuiling is so 56m van die voerplek af. Teen vyf voor nege het vier varke ingekom en die sog het my 'n kans gebied. Sy het 'n bietjie skuinser gestaan as wat ek gedink het en die skoot is effens aan voorkant van linkerblad in en voor die regterboud uit. Sy het weggespring en gehardloop en met die soeklig kon ons haar nie opspoor nie alhoewel ek die bloedspoor kon kry tot binne-in die boord. Met ligdag Saterdag is ons weer pruimboorde toe en sien haar toe lê ongeveer 40m vanwaar sy die skoot gekry het. Ons het haar net die vorige aand misgekyk.

Ek het my .30-06 met 180gr Norma Oryx-koeëls gebruik.

Die tweede foto wys die uitsig vanuit die skuiling.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2045
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Koos Barnard »

My vriend, Marinus Sieberhagen by die skuiling en die voerplek.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 842
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Location: George

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by partner »

Dankies vir die deel Koos.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3105
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Pappabeer »

Mooi sog Koos, baie geluk. Hoe vêr suid kom die bosvarke in die Weskaap voor?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Ters Hickman
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Ters Hickman »

More!

Ek sal ook graag wil weet oor hulle verspreiding in die Wes Kaap. Ek is verbaas om te sien hul is al in Montagu...
User avatar
charlk
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Mon Jul 16, 2018 1:50 pm

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by charlk »

Hi.

Ons kry hulle by ons in die overberg gereeld, van die N2 tot by struisbaai.
Hulle begin nou n probleem raak.
Groete

Sent from my CPH2197 using Tapatalk

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2045
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek is nie seker hoe ver suid hulle al voorkom nie, maar blykbaar is bosvarke in die Montagu-omgewing algemeen. Ek sal probeer uitvind. Hierdie vark is so 10km vanaf Montagu geskiet op 'n plaas op die Barrydale-pad (R62-pad). Bosvarke kom ook rondom Stilbaai voor. Ek weet daar is ook redelik baie feral varke in die Wes-Kaap.
Mooi loop
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am
Location: Barrydale

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by DeonvTonder »

Bosvarke is basies die hele klein karoo vol. Ek is op Barrydale en hulle woel maar hier rond. Hulle is lief vir digte bosse en klowe. Indien jy op die R62 ry in die nag, ry versigtig hulle het die vermoe om voor 'n man uit te dop
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12792
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Capt. Yoda »

Julle moet skree as ons vaalies moet kom help
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by joe rocket »

Pappabeer wrote: Thu Jun 22, 2023 11:46 am Mooi sog Koos, baie geluk. Hoe vêr suid kom die bosvarke in die Weskaap voor?
Paardeberg buite Paarl en Groenberg buite Wellington het taamlik bosvark.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Ters Hickman
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Ters Hickman »

Joe Rocket Is jy seker dit is nie Feral Pig of Wildevarke soos ons hul nie waarna jy verwys nie? Hulle is algemeen om die Bergrivier tot by die weskus. Dis maar eintlik mak varke wat lank terug wild geraak het en versprei het.

Ons praat hier van die proper bosvark!
User avatar
Wildbunny
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Oct 05, 2015 3:11 pm
Location: Strand Western Cape

Re: Bosvarkjag, Montagu

Post by Wildbunny »

Het iemand dalk n kantak in die areas waar mens kan meer uitvind oor die jag van die varke?
Regards
Wildbunny.

Born Wild Living the urban race.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”