Ockert ek is seker jy kan olie of vet inspuit. Ek het bloot my resep by n ou bosvark jagter gekry. Die slaaisous het wel olie in.Ockert1992 wrote: ↑Wed Oct 04, 2023 9:16 amDewald, baie dankie. Ek like daardie spitbraai van jou! Is dit 'n stainless steel bak wat hy in het?Pappabeer wrote: ↑Wed Oct 04, 2023 2:02 am Ek het n oop spit wat met hout werk. Ek kan nie inligting gee oor die stainless spitbraaiers wat toemaak om die dier nie.
Sorg dat jy genoeg hitte het. Ek sou sê n 12kg varkie gaan so 4 ure braai. Dit hang baie van sy kondisie af. As ek n bosvark vir die spit skiet het hy ten minste 2 maande op macadamias gevreet en het twee duim vet op sy rug en lieste, en as ek n vlakvark skiet vir n spit is dit voor April. ‘N Augugustus vark gaan geen vet hê nie en maer wees. Tensy hy bv in n winter gewas vreet vir die hele winter.
Kopskote tel hier. Jy spit nie n dier wat se ribbes moertoe geskiet is nie
Hang hom n week in die koelkamer
Meng 2L Sprite en n bottel griekse slaaisous en spuit hom met halfte daarvan in.As jy te veel spuit is die vleis n pap gemors.
Smelt n kg vark vet en meng met die res van jou Sprite en slaaisous mengsel. Hiermee smeer jy hom in soos hy braai elke 20-30 minute dat hy goudbruin word, en nie droog braai nie. ‘n Gewone 100mm verfkwas werk 100% vir die doel
As hy gaar is kerf jy hom op in die pan wat die sous opgevang het ( na n uur gooi jy eers die bloed uit die pan)
Nou kan jy hom met die bykosse bedien
Tipiese spitvarke. Natuurlik die voorste vlakvark
Jong bosvarkie op die spit
My varkie lyk net soos een op jou foto en ja was darem 'n kop skoot.
Net 'n vraag is daar 'n rede hoekom julle nie ook bietjie vet/olie in die vark inspuit nie?
Dankie vir die planne. Tussen hulle sal ek defnitief regkom, maar dink ek moet nou eers vir my so spitbraai bou....
Wat die spit betref, hy draai mooi op n windskerm wiper moter, wat n bendix en ring gear aandryf. Ek het die ontwerp hier by CarlC op die forum gekry. Die voordeel van n spit wat met n ketting en sprokets werk is dat die motor verder van die vuur is en nie te warm word nie.
Ja dit is n 8mm stainless bak wat hy in het. n Fisio wat vir my vrou werk se man is n boiler maker, en hy het hom vir my gebuig toe ek die spit bou. Dit was vir die praktyk jaar afsluiting, so hy het darem ook voordeel getrek.